Anti-apartheidsaktivis nuwe OVK-hoof

Argieffoto

Argieffoto

Pres. Jacob Zuma het Vrydag die aanstelling van ʼn nuwe kommissaris vir die Onafhanklike Verkiesingskomissie (OVK) aangekondig.

Volgens ʼn verklaring van Zuma se kantoor, is Janet Love, ʼn bekende menseregte-aktivis, die nuwe kommissaris, nadat die pos vakant gelaat is toe Raenette Taljaard in Februarie 2015 bedank het.

“Pres. Zuma wens haar alle sterkte toe met haar nuwe verantwoordelikheid,” lui die verklaring.

Love, ʼn voormalige anti-apartheidsaktivis en ANC-LP, was betrokke by die Codesa-onderhandelinge en haar nominasie vir die pos by die OVK is eenparig deur al die politieke partye in die parlement ondersteun.

Love is ook ʼn deeltydse kommissaris by die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie (MRK) en die nasionale direkteur van die Regshulpsentrum.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Loeis ·

Hmm, die menseregtekommissie: die organisasie waaroor Maroela Media vanoggend berig het nou deur VF+ gedruk moet word om hul werk te doen.

Mens kan nie help om te wonder of Janet Love ook ‘n Zuma vertroueling is, en wat haar bedekste take nou weer gaan behels nie.

Theuns ·

Loeis, Zuma se plan is om nie die verkiesing te laat voortgaan nie. Janet Love is nog n politieke skyf om teverseker dat die OVK eenparige besluite neem! Jou afleidings is korrek. Daar sal bedekte take wees soos om te verseker dat die skyn gehandhaaf word en dat geld gespandeer sal word om die skyn te bevestig dat n verkiesing sal voortgaan.

Tom ·

Dit maak nie meer saak nie of doen dit?
Die Zoeloes is nou in beheer. Die reënboog nasie het saam met President Mandela uitgesterf. Die land is nou deel van die Afrika konsep.

Gerty Van Huyssteen ·

Ek wil net se Kan ons nog Iemand GLO?? Ons Land in in n toestand,Staats Hospitale,paaie,Arm Mense,Ou Mense,Ketting winkels?Staats mense het die Beste motor’s asof dit uit die Lug geval het..Stem reg is al wat ek se!!En,Elke Stem Tel asb? Dankie vir Informasie Maroela Media

John ·

Ons gaan vuurwerke sien in Augustus en nie omdat die komende ysige winter dan amper verby is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.