Anti-xenofobie-optog vandag in Jhb

'n Vredesoptog teen xenofobie wat in Durban gehou is. Foto: Verskaf

‘n Vredesoptog teen xenofobie wat in Durban gehou is. Foto: Verskaf

David Makura, premier van Gauteng, en Parks Tau, burgemeester van Johannesburg, sal Donderdag aan ʼn anti-xenofobie-optog deur die stad deelneem.

Volgens die organiseerders van die optog, wat verskeie gemeenskapsorganisasies en vakbonde insluit, is die doel om die “oorweldigende verwerping van hierdie gruwelike dade” te toon.

Tydens ʼn soortgelyke optog verlede week in Durban het die polisie met ʼn groep wat die geleentheid probeer ontwrig het, gebots.

Intussen is ʼn lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Maandag in die been geskiet in Alexandra in Johannesburg toe Julius Malema, die partyleier, gevra het dat die geweld teen buitelanders beëindig word.

Die geweld het ongeveer drie weke gelede in Durban begin en na Johannesburg versprei. Minstens sewe mense het reeds in die aanvalle gesterf en duisende is ontwortel.

Die Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini word daarvoor blameer dat hy die geweld begin het toe hy in Maart aan ondersteuners in Pongola, KwaZulu-Natal, gesê het dat buitelanders hul tasse moet pak en gaan. Hy het ontken dat hy dit gesê het en het Maandag die skuld op ʼn derde party en die media vir aanhitsing van die geweld gepak.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.