Antonio beleef terugslag

Antonio Hechter. Foto: Facebook

Antonio Hechter, die matriekleerder van Hoërskool Zwartkop wat verlede maand ernstige beserings in ʼn motorfietsongeluk opgedoen het, is weer in die hospitaal opgeneem.

Berna Seddon, ʼn Hoërskool Zwartkop-ouer wat as woordvoerder vir Antonio se familie optree, het gesê Antonio (17) het tydens sy behandeling by die Kalafong-hospitaal verskeie infeksies opgedoen.

Hy is vroeër die maand uit die hospitaal ontslaan waarna hy behandeling by ʼn rehabilitasiesentrum begin ondergaan het.

Volgens Seddon is by die rehabilitasiesentrum agtergekom dat Antonio se infeksietelling in sy bloed te hoog is. Hy is eers weer na die Kalafong-hospitaal geneem maar is nou in die waakeenheid van die Ahmed Kathrada private hospitaal.

Antonio is terug in die hospitaal. Foto: Verskaf

Antonio het al 25 kg verloor sedert die ongeluk op 8 Februarie. Seddon het gesê Antonio word nou met sterk antibiotika behandel en dat die dokter Saterdagoggend sy wond sal ondersoek om te bepaal of die pen wat in sy been gesit is, vervang moet word.

Antonio en sy ouers het almal vir hul ondersteuning bedank. “In hierdie tyd van beproewing het ons net weereens besef hoe dankbaar ons vir elke liewe persoon is wat met ‘n doel oor ons pad gestuur is. Dit sal tyd neem, maar Antonio sal sy lewe herbou en weer met volle krag kan skoolgaan. Hy is so doelgerig en inspirasie vir almal om hom om voort te gaan. Sy skoolleuse volg hy: ‘Glo en Dien’ met passie. Dankie aan almal. Julle is te veel om te noem.”

Albei Antonio se arms en ʼn paar ribbebene is in die ongeluk gebreek en hy het erge beserings aan een been opgedoen. Hy het ook ʼn haarlynfraktuur in sy bekken opgedoen.

Daar lê na verwagting nóg drie maande van rehabilitasie vir hom voor. Antonio en ʼn gr. 10-leerder, ook van Hoërskool Zwartkop, was saam op ʼn motorfiets toe hulle op 8 Februarie omstreeks 22:00 in ʼn ongeluk op die Ou Johannesburg-pad betrokke was.

Dit word beweer ʼn motor het ʼn U-draai in die middel van die pad gemaak en die motorfiets het die motor getref. Volgens berigte is die ander leerder ʼn paar dae ná die ongeluk uit die hospitaal ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

willem Botha ·

Tragies, dat mense nie mediese fonds kan bekostig nie en aangewese is op staats hospitale dit is n doods vonnis.

Silvia ·

Amen… God is in beheer! Seuna jy gaan sien… Jy is ‘n groot getuienis vir ons almal! Jonk en oud… Jy gaan sien! Jy gaan volkome herstel. En kyk op en hou net vas aan ons Hemelse Pappa xxx sterkte!

Andre ·

Kan Maroela laat weet of hulle nog fondse nodig het en hoe ons kan help asb.

Driekie ·

Voorspoedige herstel jongman. Mens kan nie help m te wonder wzt hulle deesdae in ons liggame inspuit in sommige hospitale nie…

Bossie ·

Liewe familie, ons het n vriend wat na n kniegvervanging met die sogenaamde ‘hospitaalkiem’ besmet is. Hy is uiteindelik na baie maande in Zuid-Afrikaans opgeneem, by n wonderlike dokter. Hierdie dr het bitter hard geveg dat die man nie sy been verloor nie. Einde ten raad het die dr n antibiotika uit Frankryk, wat (nog) nie amptelik hier gebruik word nie, begin gebruik met die gesin se goedkeuring. Die infeksietelling het wonderbaarlik geval, en die ou is op die herstelpad na 18 maande. Ons dank die Here vir hierdie wonder. Vra uit oor hierdie antibiotika, asb, dit kan n groot verskil maak. Sterkte, Antonio. Ons bid vir jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.