Antwoorde geëis by Vodacom oor SEB-transaksie

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn brief aan Vodacom gerig, waarin gevra word dat die maatskappy duidelikheid moet gee oor sy proses om ʼn groot, nuwe SEB-transaksie die lig te laat sien.

Die brief volg nadat dit onder Solidariteit se aandag gekom het dat Vodacom klaarblyklik ʼn gedeelte van sy aandele in die Openbare Beleggingskorporasie wil terugkoop en dit deur middel van ʼn spesiale maatskappy eksklusief aan swart aandeelhouers beskikbaar wil stel.

Na berig word, word die waarde van die beoogde transaksie op ongeveer R15 miljard geraam, wat dit een van die grootstes van sy soort in die Suid-Afrikaanse geskiedenis sal maak.

Vodacom het reeds in 2008 ʼn groot SEB-transaksie ten bedrae van R7,5 miljard gesluit. YeboYethu Limited, ʼn spesiale maatskappy wat Vodacom SA-aandeelhouding eksklusief ten bate van swart individue en maatskappye besit, vorm deel van die transaksie.

Volgens Johan Kruger, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sluit hierdie soort transaksies klaarblyklik mense, wat nie as swart geklassifiseer word nie, uit sekere SEB-aandeleskemas uit en dit kan met die oneweredige toekenning van aandele volgens ras in werknemersaandeleskemas (ESOPs) gepaard gaan, waaroor Solidariteit bekommerd is.

“As dié gerugte waar is, sal Solidariteit nie huiwer om verdere stappe te doen en mobiliseringsveldtogte teen die transaksies te loods nie,” sê Kruger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Christo ·

Sodoende verseker Vodacom dat die regering nie lisensies aan ander maatskappye toestaan en Vodacom en sy maatjies baie geld maak met swak diens.

skorra ·

Skerp. Inderdaad skerp. Is dit nie waarom alles deesdae gaan nie?

Elize ·

Miskien het dit tyd geword dat ons hierdie maatskappye begin boikot. Ek is self by Voda Com maar sal nie huiwer om oor te gaan na n ander maatskappy nie.

skorra ·

Seg my asb ook as jy een raakloop wat nie reeds BBBBEEEEE is nie. En… sterkte met jou soektog.

Boer seun ·

Verander van diensverskaffer na iemand wat nie polities korek wil wees nie, ek het vergeet daar is nie meer een nie. Jy sal bly betaal vir “HULLE” of jy daarvan hou of nie, op een af ander manier sal hulle die geld uit ons kry.

Ronel ·

Mmmmm nes MTN wat aandele net aan sekere van die publiek verkoop. Gaan vind maar by jou naaste groen bank uit….

Manna ·

Die swart aandeelhouers aan wie aandele beskikbaar gestel sal word sal definitief ‘n klomp ministers en maatjies in sluit. Hiedie ouens in nie bekommerd oor armes vir hulle gaan dit oor mag en eie belang.

Wouter ·

Ons seun het twee jaar gelede 8 onderskeidings in matriek gehad en ons het by Vodacom vir hom aansoek gedoen vir n studiebeurs want hy swot rekenaar ingeneurswese aan die PUK. So het ek n mail van Vodacom gekry dat hulle slegs beurse aan swart studente gee. Ek is daardie selfde dag weg van Vodacom af.

sarie van heerden ·

Kaufman, wie is Afrifoon? Enigste oplossing is om te vergeet jy is wit en om enigsins iets in SA te bereik moet jy sorg vir die regte velkleur.

Pierrie ·

Wat het geword van Afrifoon? Laas toe ek op Facebook na hulle soek toe sien ek net 100 mense wat belangstel? Is die diens dan so swak of wat gaan aan?

KP ·

Is gelukkig nie by Vodacom en het ook nie Vodacom aandele nie, sou dadelik alles verkoop het. PATETIES.

Jane ·

EN omgekeerde apartheid en rassisme is maar reg? Wittes word uit Telkom aandele en uit SEB aandeleskemas uitgehou .. Waar is die equality nou? Waar is die gelyke kanse nou? Waar is die reenboognasie nou? Apartheid was juis verkeerd omdat wittes voordeel bo anderskleuriges gekry het, nou dat ANDERSKLEURIGES voordeel bo wittes kry, nou is dit REG? Two wrongs don’t make a right, mens sou dink hulle het uit apartheid geleer, maar lyk asof die nuwe apartheid vir hulle die oplossing bied .. skop wittes oral uit en vat oor !

Johannes Meintjes ·

Intussen bly dit skynbaar heel buite die begaafde blanke in SA se vermoe om ‘n unieke alternatiewe sosio-ekonomiese model met internasionale venote en gesofistikeerde markte en gevorderde tegnologie tot stand te bring, – insluitende bemarkingsnetwerke, koop-by-mekaar, koeponstelsels, tydbank en ontwikkleingskooperasies. Intusssen kan AfriSake moontlik ‘n spesiale ooreenkoms met MTN aangaan, of Cell C, of ‘n nuwe Orania Cell, sodat blankes en Afrikaners hul steun aan Vodacom kan onttrek.

Connie ·

Cell C is ook maar onder verdenking. Wie bestuur hulle? Ek weet maar as ek dit gaan se gaan my bydrae nie geplaas word nie. Weet iemand? Dis ‘n kwessie van vlug jy vir die mama dan het die papa jou.

Poot ·

NIKS wat mens daaraan kan doen nie. Die politiek is orals ingeweef. Daar is nie een netwerk verskaffer wat nie meerderheid “BBBEE” besit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.