Antwoorde geëis ná drank verdwyn

Die eienaar van Hennie’s-restaurant het die klagte aanhangig gemaak nadat van die drankvoorraad glo voete gekry het. (Foto: Facebook)

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het Woensdag in ’n skrywe aan die kantoor van die nasionale polisiekommissaris antwoorde geëis oor waarom die SAPD sloer met die ondersoek na polisiebeamptes se beweerde betrokkenheid by die diefstal van drank by Hennie’s Restaurant in Moreletapark tydens die inperking in Januarie vanjaar.

Die eenheid het in Maart vanjaar vir Werner Pretorius, die eienaar van Hennie’s, bygestaan om strafregtelike klagte van bedrog en diefstal by die Garsfontein-polisiestasie in te dien. Dit volg nadat polisiebeamptes op ’n onregmatige en irrasionele wyse beslag gelê het op alkohol ter waarde van duisende rande by dié restaurant.

“Die beamptes het ook die restaurantbestuurder, Atrayo Nolte, onregmatig in hegtenis geneem op grond van die bewering dat hy alkohol aan klante bedien het terwyl die verkoop van alkohol weens die inperkingsregulasies verbode was,” sê Natasha Venter, woordvoerder van die eenheid.

“Die restaurant se alkoholvoorraad is dae lank deur die Garsfontein-polisiestasie in bewaring gehou, selfs nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) alle klagte teen Nolte laat vaar het. Die voorraad is egter aan die restaurant terugbesorg ná die eienaar se eerste samespreking met AfriForum se privaatvervolgingseenheid. Afgesien daarvan dat van die voorraad vermis word, is die inhoud van sommige drankbottels met tee vervang.”

Venter sê ondanks die feit dat genl. Khehla Sitole, die nasionale polisiekommissaris, reeds ses maande gelede aan die privaatvervolgingseenheid gemeld het dat die polisie dié diefstal in ’n baie ernstige lig beskou en die nodige stappe teen die betrokke beamptes sal doen, het daar tot dusver dadels van die ondersoek gekom.

“Verder wek die skrywes van die SAPD die indruk dat die polisiebestuur die saak bloot op ’n onbevoegde wyse hanteer. Dit is verontrustend dat die polisie in hul skrywes oor waarom daar nog geen stappe teen hierdie beamptes gedoen is nie, bloot aanvoer dat die dossier na die NVG verwys is en dat die polisie nog vir ’n besluit rakende vervolging wag.”

Volgens haar sal AfriForum nie hierdie ooglopende pligsversuim duld nie. “Dit blyk dat die polisie huiwerig is om verdagtes in hul eie geledere te ondersoek. Dit laat groot gevaarligte flikker wanneer dit blyk dat diegene wat veronderstel is om die gemeenskap te beskerm, wandade pleeg waarna dit boonop deur hul senior beamptes toegesmeer word. Daarom sal AfriForum aanhou druk plaas totdat geregtigheid in hierdie saak geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Swerwer ·

Hul binneste het seker gehunker na voggies. Daar was baie onreelmatige inhegtesnames gedurende die lockdown……………………………………

Corne123 ·

Kla hulle almal aan en dat hulle aan die pen ry.Ek hoop die sludiges word behoorlik vasgevat en gestraf

Anoniem ·

Die Suid Afrikaanse polisie diens bestaan deesdae hoofsaaklik uit kriminele. Byna elke dag word daar
die een of ander berig geplaas oor ń lid wat sy gesin uitgewis het, of ń lid wat familielede vermoor vir polisgelde, of ń meisie in aanhouding verkrag, omkoopgeld vereis, en nog baie ander duiwelswerke.

Hoe kan ons WETSGEHOORSAME burgers ooit hierdie spul moordenaars en diewe vertrou ?

Suzette ·

Let wel Buck in die ou dae, die paar wat nou respek verdien is so skaars soos hoener tanne

Smoothie ·

Lê spesifieke klag. Byvoorbeeld, dat ondersoek ingestel moet na die bottels wat met tee vervang is. Bedrog deur wie byvoorbeeld. Oorhandiging deur watter Polisie beamptes aan diens en teruggawe deur watter beamptes, sodat tyd en datum die Polisie beamptes ondersoek kan word en tak van Polisie.
Diefstal met teruggawe van bottels minus beslagleggingstotale. Maak dit maklik vir Hof en ondersoekbeampte om tekorte te kan vasstel. Moontlik bevind hul dan dat beslalegginggeriewe nie behoorlik beheer is of word deur SAPS nie. Nie net een saak open nie, maar twee of meer. Halsoorkop optredes met Covidtyd en vlak. Pandemiewet ook.

Surfer ·

Dis waarom die die kriminele die polisie so vermoor, want hulle is groter kriminele as hulle of hulle word omgekoop en wil net meer en meer he.

Petrie ·

Saar is duisende eerlike en hardwerkende polisiemanne en vroue wat onregverdig onder dieselfde kam geskeer word as die gemors wat o gelukkig ook polisie uniforms dra. Ongelukkig lyk dit asof hulle die polisiemag oorheers. Hoedjie Cele beteken niks…

Nie Verbaas ·

Ek wonder of hierdie “nuwe Suid Afrika” lede die vermoë het om te stop en dink hoe hulle uitgelag word. Mercedes kan hy ry maar onbevoeg sal hy bly.

fransdutoit3 ·

Die polisie raak SA se mees suksesvolle misdaadsindikaat..

Yvonne ·

Geen wonder howe kan nie n saak afhandel nie ….toegegooi onder sake…..onnoembare hoeveelhede…..neeeee dit kan nie so aangaan nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.