Antwoorde geëis ná kleuter se dood

Chiedza Sjambok en haar dogter, Britney. (Foto: ANA)

Die burgerregtegroep Sanco eis ʼn ondersoek na redes waarom die Sandringham-polisie dié naweek glo nié ʼn saak van strafbare manslag aanhangig wou maak teen ʼn motoris wat glo ʼn eenjarige dogtertjie by haar dagsorgsentrum doodgery het nie.

Britney Ruguwa is Saterdag by die Busy Bears-dagsorgsentrum in Rembrandtpark, waar haar ma, Chiedza Sjambok, haar die oggend afgelaai het, raakgery. Sjambok het gesê die gesin se pogings om die Sandringham-polisie te oortuig om die bestuurder in hegtenis te neem, was onsuksesvol.

“Ons is geskok deur berigte dat die polisie nie die motoris aangekeer het nie, maar eerder klein Britney se ma weggewys het en haar aangesê het om Maandag terug te keer na die polisiestasie omdat dit naweek is,” het Sanco se eerste adjunkpresident, Packet Seaketso, gesê.

“Sanco doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens om die saak spoedig te ondersoek en op te tree teen die polisiebeamptes wat versuim het om ʼn saak teen die motoris aanhangig te maak. Dit is voorvalle soos dié wat die polisie se beeld skade berokken, tot nadeel van alle ander hardwerkende polisielede,” het Seaketso gesê.

ʼn Aanvanklike saak van roekelose en nalatige bestuur by die Sandringham-polisie is Sondag verander na ʼn saak van strafbare manslag, maar niemand is nog aangekeer nie.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die omstandighede rondom die ongeluk en die kleuter se dood word ondersoek. “ʼn Voorlopige ondersoek word gedoen sodat wanneer iemand in hegtenis geneem word, die inhegtenisneming op ʼn wetlike manier plaasvind en die saak vir vervolging voorgelê kan word,” het Peters gesê.

“Die stasiebevelvoerder (van die Sandringham-polisie) het met die familie gesels en sal verseker hulle word op die hoogte gehou van vordering met die saak.”

Sjambok het vroeër gesê toe hulle Saterdagaand die betrokke motoris in hegtenis wou laat neem, het die polisie hulle meegedeel dat die motoris reeds by die polisiekantoor was, maar toegelaat is om weer te gaan.

“Ek het my bondeltjie vreugde verloor en dít is wat ek van die polisie kry,” het Sjambok gesê. Volgens haar het die polisie haar ook aangeraai om ʼn regsverteenwoordiger te kry.

Sjambok het gesê die oorspronklike boodskap wat sy van die dagsorgsentrum gekry het, was dat klein Britney in die hospitaal opgeneem is nadat sy geval het. “Ek het eers by die hospitaal agtergekom my klein engel veg vir haar lewe en is aan lewensondersteunende masjiene gekoppel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Estelle ·

Sanco… hoekom maak jul nie die dagsorg toe waar die kind nie behoorlike toesig gehad het nie.

Lientjie ·

Wat van ‘n saak teen die dagsorg wat ‘n 1 jare buite die hek toegelaat het sonder toesig.

willem Botha ·

Die polisie doen nie hulle werk nie of hulle onbevoeg ,lui of korrup is die feit bly die polisie doen nie meer hulle werk nie en die rippel effek daarvan spoel af op die wetsgehoorsame burger wat die klomp moet onderhou deur belasting geld wat beter spandeer kan word dit is net n kwessie van tyd dan word hulle werkplekke ook afgebrand en geplunder deur ontevrede mense.

Susan Kruger ·

Die arme arme mense of so deur die SAP te behandel word jou kind is dood om te
se kom Maandag terug dis naweek is verregaande Ek hoop die betrokke Sap lede word geskors of somer net ontslaan

Msp ·

Sjoee, baie slegte nuus, my hart gaan uit na al die ouers en groot ouers wat hulle kinders aan die dood afgestaan het die afgelope tyd. Maak nie saak van watter ras hulle ookal is nie. Dis ń pyn wat niemand verdien nie.

Anni ·

DIS STASIES SOOS DIE WAT NOU ELKE LIEWE POLISIE BEAMPTE SLEG MAAK.!!!!!!!!! Vat die stasie aan Wat verkeerd op getrek het. Dis onaavaarbaar Wat hul verskoning was. Maar onthou in vandag se tyd Kry die oortreder meer voor dele,want hul weet hul kom weg met MOORD!!!!!!
Daar is nog goeie’s beampte in die mag Wat Rerig hul kant probeer bring, ongeag die slegte naam Wat hul almal Kry. Dink julle dis vir een oomblik lekker om in di staat te werk???? Nee dit is nie, want Al doen hul goeie daad, is almal sleg in die oe vd publiek,want as een polisie beampte of staats amptenaar iets verkeerd doen is almal sleg. Glo my die werksomstandighede is nie altyd lekker ni.

KG ·

Anni, ek stem volkome saam met jou. Verseker is daar ‘n massiewe vrot kol in die mag, maar terselftertyd is daar ook nog polisie lede daar buite hul werk behoorlik probeer doen.

sweis ·

Al wie nog hulle werk doen.is en moet die perlemoen eenheid wees en almal weet hoekom

Ek se net ·

Nadat daar vir die 3 de keer vanaf Desember 18 by my huis ingebreek is het ek beluit om die polisie te ontbied.
Daar is vir my gevra of ek huisversekering het – na my andwoord van nee was daar vir my gevra nou hoekom wil ek ‘n saak oop maak
Daar is intussen vir die 4de keer by ons ingebreek …

Anni ·

Willem dis jou sienning Wat ek ook verstaan. Maar aan gesien ‘julle’ Ons salaris ook betaal, Wat Van so n goeie verhogingtjie asb. Grappie hoor.
En KG ek waardeer. Ons is self op moedelloos se vlakte met dienslewering. Uithou aanhou en bekhou.

GM ·

Anni, ek dink vir die oorgrote meerderheid is werk in die staatsdiens lekker, want meeste kry ‘n salaris vir niks doen nie. Vir die persentasietjie wat oorbly, is werk nie lekker nie, want hulle moet die onbevoegdes se werk doen, en word te min betaal daarvoor. Daar is natuurlik ook die scenario waar die werkers gewillig is, maar goed soos toerusting wat nie reggemaak word nie, of eenvoudige dinge soos papier wat nie aangekoop word nie, beperk hul om diens te lewer. Kyk maar na sommige Poskantore. Hoofkantoor het geld vir allerhande nonsens, maar as rekenaars breek, dan is daar nie geld nie. ‘Suppliers’ word ook nie altyd op tyd betaal nie.
Mens verstaan net al die frustrasies as jyself óf ‘n familielid by so ‘n instansie werk.

Christine ·

Eerstens my diepste medelye aan Britney se mamma en familie, ek bid dat God jul deur die trauma sal dra en dat jul antwoorde sal ontvang. Ek weet ook dat niks ooit weer dieselfde sal wees sonder jul bondeltjie vreugde nie maar ek bid dat julle eendag sal berus. STERKTE.
Tweedens, ja daar is wel ñ paar vrot appels in SAPD, maar ook baie goeie hardwerkende manne en vroue wat daagliks hul lewens waag om ons te beskerm. Ñ paar vrot appels maak nie die hele oes suur nie, hulle moet net gou verwyder word.
Derdens, Ek voel die Dagsorg is aanspreeklik vir die dood van klein Britney, ñ kleuter van 1 jaar kan skaars loop, waarom was sy alleen in ñ gevaar zone waar sy deur ñ motor raakgery is. Die bedtuurder het haar dalk nie gesien voor dit te laat was nie.
Toesighouer van dagsorg is die een wat gearresteer moet word.
Jammer slegs my mening.
Ns. Aan die betrokke polisie beamptes … Menslikheid kos niks, doen jul werk reg of gee pad sodat die wat Kan en Wil kan oorneem en sodoende die Polisiemag se naam in ere te herstel deur vertroue van Jan Publiek te wen.

Elsa ·

Ons weet nie presies hoe hierdie ongeluk gebeur het nie en mens kan nie sommer verwag die bestuurder moes gearresteer gewees het nie. Wat as daar geen nalatigheid aan die kant van die bestuurder was nie en dit werklik ‘n ongeluk was? As iemand byvoorbeeld by mense gekuier het en wou ry, maar onwetend het ‘n kleuter of kruipende baba agter die motor gaan sit en daardie persoon het bo-oor die baba gery en die baba was dood, sou julle dan nog reken so ‘n persoon moes onmiddellik in hegtenis geneem wees en in polisieselle aangehou word? Ek voel bitter jammer vir hierdie moeder, maar haar kindjie se dood was dalk nie die bestuurder se skuld nie. Dis dalk hoekom die polisie anders opgetree het as wat meeste van ons verwag. Moet dus ook nie weer hierdie gebeure gebruik om die polisie sleg te maak nie.

UGogo ·

Thinking and praying for you Chiedza. Only God can bring you peace. :)

Alida Engelbrecht ·

Wat n tragedie. Baie jammer vir die ouers. Vandat ek videos gesien het waar kleuters aangerand word by n “kleuterskool” het ek al my vertroue verloor in mense wat aangestel word om na kinders om te sien. Hierdie saak moet deeglik ondersoek word. Hoe beland die kindjie dan onder n voertuig as sy by n veilige plek was ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.