Antwoorde geëis ná kleuter se dood

Chiedza Sjambok en haar dogter, Britney. (Foto: ANA)

Die burgerregtegroep Sanco eis ʼn ondersoek na redes waarom die Sandringham-polisie dié naweek glo nié ʼn saak van strafbare manslag aanhangig wou maak teen ʼn motoris wat glo ʼn eenjarige dogtertjie by haar dagsorgsentrum doodgery het nie.

Britney Ruguwa is Saterdag by die Busy Bears-dagsorgsentrum in Rembrandtpark, waar haar ma, Chiedza Sjambok, haar die oggend afgelaai het, raakgery. Sjambok het gesê die gesin se pogings om die Sandringham-polisie te oortuig om die bestuurder in hegtenis te neem, was onsuksesvol.

“Ons is geskok deur berigte dat die polisie nie die motoris aangekeer het nie, maar eerder klein Britney se ma weggewys het en haar aangesê het om Maandag terug te keer na die polisiestasie omdat dit naweek is,” het Sanco se eerste adjunkpresident, Packet Seaketso, gesê.

“Sanco doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens om die saak spoedig te ondersoek en op te tree teen die polisiebeamptes wat versuim het om ʼn saak teen die motoris aanhangig te maak. Dit is voorvalle soos dié wat die polisie se beeld skade berokken, tot nadeel van alle ander hardwerkende polisielede,” het Seaketso gesê.

ʼn Aanvanklike saak van roekelose en nalatige bestuur by die Sandringham-polisie is Sondag verander na ʼn saak van strafbare manslag, maar niemand is nog aangekeer nie.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die omstandighede rondom die ongeluk en die kleuter se dood word ondersoek. “ʼn Voorlopige ondersoek word gedoen sodat wanneer iemand in hegtenis geneem word, die inhegtenisneming op ʼn wetlike manier plaasvind en die saak vir vervolging voorgelê kan word,” het Peters gesê.

“Die stasiebevelvoerder (van die Sandringham-polisie) het met die familie gesels en sal verseker hulle word op die hoogte gehou van vordering met die saak.”

Sjambok het vroeër gesê toe hulle Saterdagaand die betrokke motoris in hegtenis wou laat neem, het die polisie hulle meegedeel dat die motoris reeds by die polisiekantoor was, maar toegelaat is om weer te gaan.

“Ek het my bondeltjie vreugde verloor en dít is wat ek van die polisie kry,” het Sjambok gesê. Volgens haar het die polisie haar ook aangeraai om ʼn regsverteenwoordiger te kry.

Sjambok het gesê die oorspronklike boodskap wat sy van die dagsorgsentrum gekry het, was dat klein Britney in die hospitaal opgeneem is nadat sy geval het. “Ek het eers by die hospitaal agtergekom my klein engel veg vir haar lewe en is aan lewensondersteunende masjiene gekoppel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Estelle

Sanco… hoekom maak jul nie die dagsorg toe waar die kind nie behoorlike toesig gehad het nie.

willem Botha

Die polisie doen nie hulle werk nie of hulle onbevoeg ,lui of korrup is die feit bly die polisie doen nie meer hulle werk nie en die rippel effek daarvan spoel af op die wetsgehoorsame burger wat die klomp moet onderhou deur belasting geld wat beter spandeer kan word dit is net n kwessie van tyd dan word hulle werkplekke ook afgebrand en geplunder deur ontevrede mense.

Susan Kruger

Die arme arme mense of so deur die SAP te behandel word jou kind is dood om te
se kom Maandag terug dis naweek is verregaande Ek hoop die betrokke Sap lede word geskors of somer net ontslaan

Msp

Sjoee, baie slegte nuus, my hart gaan uit na al die ouers en groot ouers wat hulle kinders aan die dood afgestaan het die afgelope tyd. Maak nie saak van watter ras hulle ookal is nie. Dis ń pyn wat niemand verdien nie.

Anni

DIS STASIES SOOS DIE WAT NOU ELKE LIEWE POLISIE BEAMPTE SLEG MAAK.!!!!!!!!! Vat die stasie aan Wat verkeerd op getrek het. Dis onaavaarbaar Wat hul verskoning was. Maar onthou in vandag se tyd Kry die oortreder meer voor dele,want hul weet hul kom weg met MOORD!!!!!! Daar is nog goeie’s beampte in die mag Wat Rerig hul kant probeer bring, ongeag die slegte naam Wat hul almal Kry. Dink julle dis vir een oomblik lekker om in di staat te werk???? Nee dit is nie, want Al doen hul goeie daad, is almal sleg in die oe vd publiek,want as… Lees meer »