Antwoorde geëis oor nóg ʼn Vrystaat-eiendomskandaal

Ace Magashule. Foto; ANC/Twitter

Die VF Plus het die voorsitter van die openbare rekeningekomitee in die Vrystaatse wetgewer, Neels van Rooyen, versoek om die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie (VOK) se voorsitter, Hantsi Matseke, te vra om antwoorde te verskaf oor nog ʼn Vrystaatse eiendomskandaal.

Mediaberigte dui daarop dat geld van die VOK, ʼn staatsbeheerde entiteit, onreëlmatig in die sakke van ʼn sakeman van Parys beland het.

Tammy Wessels, VF Plus-LPW, het gesê dit is in openbare belang dat Matseke aan die komitee verduidelik waarom die VOK sedert 2016 nie meer die huur van ʼn studentebehuisingskema invorder nie en ʼn maatskappy, waarvan die direkteur glo noue bande met die uittredende Vrystaatse premier, Ace Magashule het, sedertdien voordeel trek uit die verhuring daarvan.

“Die funksie van die VOK is om, in samewerking met die Vrystaatse regering, die ekonomie uit te bou met projekte wat werkskepping stimuleer en nie, soos die geval van die Estina Vrede-suiwelprojek was, om individue met politieke bande te bevoordeel nie,” het Wessels bygevoeg.

“Die berigte van die VOK se moontlike betrokkenheid by nóg ʼn eiendomskandaal is egter geen verrassing vir die Vrystaat nie, aangesien daar ook die moontlikheid bestaan dat dieselfde korporasie betrokke was by ʼn eiendomstransaksie van R9 miljoen waarby Magashule se dogter glo baat gevind het.

“Terwyl die Vrystaat sug van verligting oor die feit dat Magashule se negejaartermyn aan die einde van Maart tot ʼn einde kom, bly ongerymdhede met verskeie Vrystaatse regeringsprojekte steeds opduik.

“Hierdie bewerings moet ondersoek word en die VF Plus sal wil toesien dat Matseke in haar hoedanigheid as voorsitter van die VOK verduidelik waarom ʼn sakeman baat vind by fondse wat vir die Vrystaat bedoel was,” het Wessels afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel Strydom ·

Kennis word al lankal gedra van hierdie sake en nou dat hy Sekretaris Generaal van die ANC is gaan daar net mooi niks van kom nie en die Projekte gaan aan. Deel van Zumafamilie

Johann ·

Met ACE ja…. met ACE. ALS met Ace! Bloot een van die onaantasbare Zumaikies. GEEN gewete nie! Skep en vat wat en waar hy wil.

Alida ·

Ek weet hoekom doen die oposisie nog moeite om die goed oop te vlek nie want niemand word afgedank of vervolg nie. Daar word ook nie rekenskap gegee of terugbetalings geeis nie. So what is the point.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.