Antwoorde oor tronk-ontsnappings geëis

Argieffoto: ANA.

Die DA het Woensdag gesê hulle sal ʼn geskrewe versoek aan die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste stuur vir ʼn dringende inligtingsessie van beamptes ná die jongste ontsnapping uit ʼn Suid-Afrikaanse tronk.

Die DA het in ʼn verklaring gesê hulle sal versoek dat Mothole Motshekga vir Mandla Mkabela, die kommissaris van korrektiewe dienste, dagvaar om voor LP’s te verskyn om te verduidelik hoe 16 ontsnaptes daarin kon slaag om uit ʼn Johannesburgse-gevangenis te ontsnap.

“Minder as ʼn maand ná ses gevangenes uit Pollsmoor in die Wes-Kaap ontsnap het, het 16 gevangenes dié week uit die Johannesburg Korrektiewe Sentrum, ook bekend as ‘Sun City’, ontsnap. Hierdie ontsnappings is kommerwekkend en het ʼn swakplek in die land se tronkstelsel ontbloot,” het die DA gesê.

Maroela Media het vroeër berig twee van die 16 verdagtes is vroeër vandag in KwaZulu-Natal doodgeskiet. Die ander 14 is nog soek.

Die DA het gesê die parlement mag intree wanneer nasionale departemente versuim om hul pligte uit te voer.

Die DA meen Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, moet ook na die vergadering geroep word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Manie ·

Die Masutha is oral op TV as dit te doen het met parool vir Wallus .Maar baie skaars as dit kom oor hoekom so n baie gevangenisse ontsnap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.