Anushka van Rustenburg ongedeerd gevind

Anushka Labuschagne is veilig gevind.

Anushka Labuschagne is veilig gevind.

Anushka Labuschagne (13) van Rustenburg in Noordwes wat sedert Saterdag vermis word, is ongedeerd gevind.

Dessie Rechner, die stigter en ʼn direkteur van die organisasie Pink Ladies, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Labuschagne is met die hulp van die Rustenburgse polisie opgespoor. “Die Kinderwet bepaal dat ons nie oor die saak mag uitbrei nie. Ons kan wel met ʼn geruste hart sê dat sy veilig en ongedeerd gevind is. Maatskaplike werkers is versoek om haar by te staan en die polisie met enige verdere ondersoekwerk te help. Die genesingsproses kan nou begin,” het Rechner gesê.

Die organisasie Pink Ladies beywer hulle daarvoor om vermiste persone te help opspoor.

Rechner het konst. Puthu en al die ander organisasies wat gehelp en kennisgewings versprei het, bedank vir hul moeite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sumo ·

WONDERLIK !

Dankie aan elkeen wat behulpsaam was om die meisiekind op te spoor.

Owen ·

Ek is bly sy is veilig. Kan julle ten minste laat weet hoe sy vermis geraak het? Verdwaal, opgelaai, gegryp by ‘n plek, dag of nag. Ons moet leer uit dinge wat gebeur en as niemand iets kan leer nie sal dit tragies wees. Dankie.

Jeanette Visser ·

Nadat ek die berugte van Kim Swart en Aiwan van Schalkwyk , Anushka Labuschagne gelees het
en die foto’s bekyk het was dit vir my opvallend hoe baie die 2 meisies na mekaar lyk. Is dit net blote toeval of is daar iets sinister daaragter?

yolande ·

Dankbaar dat sy gevind is….. Nou se niemand niks nie—– sy is ongedeerd gevind maar daar word genoem dat “die genesingsproses nou kan begin”…? Dit strook nie met mekaar nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.