AP Kerk kap NG oor gays

Argieffoto

Argieffoto

Die Afrikaanse Protestantse (AP) Kerk het Donderdag sy misnoeë uitgespreek met die onlangse aankondiging van die NG Kerk se finale beleid ten opsigte van homoseksuele verhoudings en die huwelik.

Die AP Kerk het in ʼn verklaring gesê hy is nie verbaas oor die besluite van die NG Kerk nie, maar het wel “met diepe hartseer” van die besluite kennis geneem. “Die nuwe besluite van die NG Kerk val nie uit die lug nie. Ons was dit te wagte, gegewe die onbeskaamde en eensydige wyse waarop sekere kerkleiers en media lankal reeds sonder gevolge hul siening gepropageer het,” het prof. Izak Brink, direkteur van die kerkadministrasie, gesê.

Die NG Kerk het verlede week aangekondig dat alle hetero- en homoseksuele mense wat in ʼn verhouding van persoonlike geloofsgehoorsaamheid aan die Here leef, ten volle mag deelneem aan al die voorregte en gebruike van die kerk. Die NG Kerk sal egter slegs ʼn wetlike verbintenis tussen ʼn man en ʼn vrou as ʼn huwelik beskou.

“Die NG Kerk se besluite wortel ten diepste in ʼn hoogmoedige hantering van die Bybel wat hom nou al dekades lank in sy leersale voltrek,” het Brink gesê. “Talle sinodale besluite oor die Skrif en sy gesag het oor jare heen reeds die vermoede bevestig dat die NG Kerk nie meer onomwonde by die gereformeerde standpunt oor die Skrif as die geïnspireerde, duidelike, genoegsame en onfeilbare Woord van God staan nie. Die gevolge hiervan kon nie uitbly nie en die polities korrekte besluite oor homoseksuele verhoudings is die bewys daarvan.”

Brink het verder gesê die NG Kerk se beleid behoort ʼn waarskuwing te wees dat kerke wat hulle nie meer aan die Woord van God onderwerp nie, nie meer leiding gee nie, maar bloot weergee wat reeds in die kultuur aan die gang is. Hy het die AP Kerk se beleid ten opsigte van selfdegeslagverhoudings herbevestig deur te sê die huwelik is ʼn lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou en is die enigste ruimte wat deur God gegee is waarin die seksuele sy van die mens kan gedy.

“Wanneer die Bybel oor homoseksualiteit praat, is dit altyd in negatiewe terme. Die verweer dat die konteks aantoon dat losbandigheid die eintlike groot probleem was, oortuig glad nie. Dit is duidelik dat die homoseksuele dade self veroordeel word,” het hy gesê. “Homoseksuele praktyke en homoseksuele verhoudings moet daarom as in stryd met die wil van God afgewys word.”

Brink het verder gesê mense wat stry teen homoseksuele gedrag, moet met groot empatie deur die kerk ondersteun en pastoraal begelei word. “[Ons doen ʼn beroep] op die NG Kerk om hom van hierdie heillose weg te bekeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

95 Kommentare

Sarel Strydom ·

Die NG Kerk was oor die jare baie gekritiseer en is altyd die instansie wat die meeste kritiek moet verduur, terwyl ander kerke nie dieselfde onderwerpe aanpak nie. Die Leiers in die NG Kerk, of ek met hulle saamstem of nie, het ten minste die moed om hierdie moeilike vraagstukke aan te spreek en besluite te neem. Nou wonder ek maar net?

mara fourie ·

Wie sonder sonde is gooi Dan die eerste Steen. So sit hoereerders in die voorste Banke van die kerk. Sondag engele in die kerk en by die werk. Hel in sy huis elke dag gee hy vir sy naaste. Vergryp hom aan alkohol en sy gesin kraak hy af. Die mense buite dink die son skyn uit hom uit. Niemand sien jou trane en pyn nie, hy gee geld, en almal naby jou verkies om jou eerder die sondebok te maak. Want hul weet jy bid. Jy vergewe oor en oor. Almal wil graag homosexual mense stenig. Wil jy vir my se (God) Yahweh het jou Sondag Engel. Meer lief as iemand anders, die hoer op die hoek van die straat. Volgens my het (Jesus) Yeshua geen onderskeid gemaak nie. En almal was welkom naby hom. Maar almal in die kerk knyp hul oe toe vir egbrekers.waar bring julle kerke dinge by mekaar. As jy een sonde wil label, label Dan als en hou op wit gepleisterde grafstene wees
Wat Ander laat weg hard loop van kerke af. God Yahweh aleen kan enige mens verloor deel. Wie se dat die twee gay ouens nie hemel toe kan gaan nie. Medisie het bewyse gelewer dat somige so ge bore word. Hou op almal om jou kruisig terwyl jy self in n huis van glas bly!

Danie Kok ·

Nee Mara, die feit dat die NG Kerk homoseksualiteit tot nie-sonde verklaar terwyl die Bybel duidelik die teendeel sê is die werklike kwessie. As hoereerders, egbrekers, dronklappe ens. Sondag skynheilig voor in die kerkbanke sit, is dit hul saak en smet. As kerkrade bewus is van sulke vergrype en versuim om op te tree teen oortreders regverdig dit egter geensins die sonde van homoseksualisme nie. As gay mense so gebore word soos jy beweer dan word pedofiele en mense wat bestialiteit beoefen sekerlik ook so gebore? En so ook egbrekers en hoereerders? Bog man, homoseksualiteit is ‘n keuse wat soos enige ander sonde, ‘n keuse is.

Hmmm ·

Ek is ‘n NG Kerk lid – gaan waarskynlik binnekort ‘n voormalige NG Kerk lid wees. Ek het saamgestem dat die NG Kerk gays moet toelaat om kerk by te woon, want as die Bybel my (en ek praat vir myself) iets leer, is dit dat ons die daad, nie die persoon moet veroordeel nie. Ek verseker jou egter dat dit vir my moeilik sal wees om ag te slaan op ‘n dominees wat vir my preek, terwyl ek weet hy besteel die kerkkas dolleeg, of hang elke aand by ontklee dansklubs rond, of slaan sy vrou, ens, ens. Hoekom? Want die Bybel spreek hom uit daarteen. Hoe kan ek spirituele leiding aanvaar van ‘n leeraar wat ek WEET daagliks, opsetlik die Here se woord verontagsaam? Dis waaroor dit hier gaan. Dit gaan nie oor die veroordeling van die mens nie, maar wel van die daad. Elke dominees het sekerlik sondes (hy’s mens), maar ek sou hoop dat hy daagliks daarteen waak en veg. Nou verwag die Kerk ek moet Sondae vergeet van die dominees se “publieke beeld”, maak nie saak hoe teenstrydig met die grondslag van ons geloof, die Bybel, nie en sy leiding aanvaar? Ek dink nie ek kan nie.

Paul de Beer ·

Hallo Mara
My mening is dat jy half reg en half verkeerd is. Ons moet nie dat ons verblind word deur media en pro-homoseksuele voorpraters nie. Dit is so dat ons nie moet oordeel nie, maar wat is oordeel? Indien iemand iets doen wat volgens ALLE aanduidings verkeerd is volgens die Woord, dus sonde is, en hy/sy word terreg gewys, is dit oordeel of terregwysing? Indien my kind op twaalf wil seksdade met sy/haar meisie/kerel wil hê, en ek vermaan hom en “belet” hom of haar, oordeel ek of tree ek uit liefde op? Dis die plig van mede Christene om “met liefde, verdraagsaamheid en doelgerigtheid”, sy/haar mede christen, terreg te wys. Dit is hoekom ons ‘n gemeenskap is.
Tweedens, die feit dat ek sonde doen beteken nie dat my of die ander sonde nou nie meer sonde is nie. As een persoon steel, beteken dit tog nie dat die ander een wat moor, nie ‘n moordenaar is nie, of hoe? Twee verkeerde dinge is nie nou gelyk aan ‘n regte ding nie??? Dit is wat my aanbetref die kerklike of christen gemeenskap se plig om die waarheid te soek, en mekaar te ondersteun om dan daardie waarheid na te streef. Daarom is dit eenvoudig nie reg omhierdie sonde goed te praat, of enige sonde goed te praat nie. Die NG-kerk se standpunt dat ons in liefde en met impatie die saak en die betrokke persone moet ondersteun is reg, maar die ondersteuning of aanstig daarvan om dan nou “gemeentes” toe te laat om hierdie mense in sogenaamde “burgerlike” gemeenskap te verbind, IS VERKEERD en kan nie goedgepraat word nie.
Laastens wil ek net byvoeg dat indien ek die pad byster raak en afdwaal van my verhouding met God, of sondig sonder om dit te bely en in erns, biddend en met oorgawe dit beveg, sal ek graag wil dat my christen vriende my help om daar deur te kom en so my verhouding met God te verstek. Dit is hulle plig en ek aanvaar dit in die christen gemeenskap waarin ek deel het. Dus , hierdie sonde, moet en kan nie goedgepraat word nie, maar ons optrede teenoor die wat so leef, veral die wat werklik daarmee in stryd is en del is van ons christen gemeenskap.
Hierdie is gesê met liefde en is maar net my mening. Shalom

mara fourie ·

Wie is jy of ek om ge bore guys te verloor deel, Hoe weet jy wat se worsteling hulle deur gaan. Die kerke spring op n bandwagon en ver oor deel maklike. Ja meneerjy sit in die voorste Banke van die kerk, die son dag Engel, besigheids man wat almal koop. Maar jou eie huis mense se lewe hel maak. Alkolis en egbreker,hoereerder, maar jy verloor deel want jy is n israelliet jy dien Yahweh. Word wakker dink jy God Yahweh het jou meer lief, as vir iemand anders. Hou op mense weg hou en weg dryf oor jou houding. Kyk na jou eie lewe, jou eie huis van glas. God Yahweh het genade oor Wie Hy Wil. Hou op itikette hang aan mense. Hou op besluit vir God Yahweh!

Adele Botha ·

Dit is baie duidelik dat jy nie die verskil ken tussen ‘n gay persoon en sy dade nie. Nie alle gays lewe in sonde nie! Net soos nie alle egbrekers voortgaan met egbreek, wanneer hulle hul bekeer het nie! Ek het nerens in die berig gelees dat die APKERK gaymense veroordeel nie, maar wel hul DADE, lees – dit wat hulle in hul binnekamers doen, wat deur God duidelik self in die Skrif veroordeel het toe Hy Sodom en Gamorra verwoes het oor die vieslike dade wat daar plaasgevind het!

Johan 2 ·

Mara jy sit die pot mis, dink jy moet nog so bietjie gaan dink daaroor.

CHARLIE ·

Ek steem 100% saam want ek het I Vader wat liefde gee en geen HAAT teenoor almal is ons ALMAL nie tog Sy kinders nie

pjk ·

Wat is so moeilik aan die besluit? Stem glad nie saam met jou nie. Daar is nie eers nodig om te besluit nie. Lees net die BYBEL. Alles staan mooi daar uiteengesit.

Samuel Botha ·

Ek verstaan nie hoe beweer kan word dat ander kerkverbande nie standpunt oor hierdie saak inneem nie. Lees maar weer die AP Kerk se standpunt soos deur prof Brink in die hoofartikel uiteengesit. Dis tog ‘n duidelike standpunt.

Fanus ·

Moenie wonder nie Sarel. Gebruik die Bybel as meet stok en verstaan dan wat is reg en verkeerd in die HERE se oe. Alle ander meetstokke of geskrifte is onderhewig aan die Woord. Begin by “bekeer jou, laat jou doop en ontvang die gawe van die Heilige Gees” (Handelinge 2) as fondament /vertrek punt en volg dan JESUS na. Dit is JUIS liefde om volgens die woord enige sondaar te rig na wat GOD vereis/verwag volgens sy woord en nie aan die wereld gelykvormig te word soos nou die geval by die NG is nie.

JoeV ·

Die feit dat die NG Kerk die besluit geneem het toon duidelik aan dat die mense wat daaraan behoort, die mense is wat daar behoort, want dit is die huidige tendens, in is “in”.
Geen mens wat die Skrif ernstig opneem sou tog om geen rede dit afmaak as bloot ‘n lesing oor “tendense” van daai tyd nie. Die doel van die Skrif is om leiding te gee WANNEER die mens te veel mens raak!! Nie om op die een of ander wyse deel te raak van die HUIDIGE tendense nie, allermins!

Nico Strydom ·

Ek fokus werkelik myself te beskerming van jonk en oud op Die Woord, die Woord is Onse Vader se Woord. Ons moet wel dit so sien.

Andre ·

Ek is nie so seker of dit altyd moed is wat die NG-leiers daartoe bring om sulke sake te pak en besluite daaroor te neem nie. Dit kan dalk eerder ‘n strewe wees om sosiaal aanvaarbaar te wees…..selfs ten koste van duidelike Skrifbeginsels.

JoeV ·

Is nes jy daar sê, geen iemand wat die Woord ernstig opneem sou van opinie vernader net omdat dit nou die “in” ding is nie. Dit is tog die kerk se plig om die menslike veranderlikes volgens die Woord instand te hou, nie om aan te pas na wat mode is nie!

Johan ·

Ek is ‘n NG Kerk Lidmaad van geboorte af, en ek sal by my Kerk bly tot die einde. Die vraag wat ek vra is. Hoekom is Politiek en Gays en al hierdie dinge ‘n faktor. Ek wil na God sê Woord luister. Sy Woord sê vir my en ons almal dat ons mekaar moet Lief het soos wat ons veronderstel is om Hom Lief te hê. Hoekom kyk en worry ons oor alles en almal, en in plaas daarvan om na ons self te kyk. Die OORDEEL oor iemand anders mag ek NIE uitspreek nie. NET HY mag dit Doen!!!!

Jasper ·

Die Skrif sê duidelik dat jy jou mede gelowige moet vermaan as hy dwaal. Waarom altyd die “oordeel” bordjie om iemand se nek hang.

Nadine ·

En daar Johan hou ek opslag baie van jou antwoord, Jasper wat Johan meen met sy antwoord is dt hy nie eers op almal “bordtjie” wil kyk wat daar staan voor hy vir hulle lief is nie. Johan wil net vir hulle lief wees en weet dat sy liefde vir God deur hom sal straal en hopelik so iemand na God toe self toe sal wil lei om te leef soos wat God sal wil hê darrdie persoon moet.

leer ·

om te oordeel skrif – en om nie te oordeel – wat sê die Bybel daaroor?
lees in die Bybel asb. 1 Korint 5
God alleen oordeel oor die persoon buite die kerk- *die ongelowige* vers 12 mense buite
die Christenlike geloof/gemeente
Die kerk se opdrag is duidelik: vers 11 se opdrag is om te oordeel oor die gemeente
self – oor sy lidmate wat hulleself ‘n gelowige noem-
dus: is u binne of buit die kerk/gemeente van die Christenlike geloof ?
Tyd om terug te kom na die Ware Woord Van God dis ons behoud
dankie.

Johannes ·

Presies – die Woord leer duidelik dat ons nie aan dieselfde juk mag trek as die kwaad/verkeerde/ongelowige nie. Hoe kan daar ‘n kompromie wees tussen goed en sleg (reg en verkeerd). Jy kan nie God en Mammon dien nie.

Dit is iets wat my al baie lank pla van die NGK – die NG kerk wil al hoe meer ‘n kompromie aangaan met die bose…

Liebie Beyers ·

Dis nie nodig om vraagstukke aan te pak solank jy volgens God se Woord wandel nie. Staan vir die waarheid nie vraagstukke omdat die wêreld dit van jou verwag nie. Het God se sienining nou verander na al die jare of het julle die NGK vir ons dan gelieg oor die waarheid…. Hoekom het julle dan nie die vraagstukke waarna verwys word…. 200 jaar terug al bespreek nie… Net soos julle na 1994 komunisme, sosialisme, korrupsie en geweld skielik ook begin steun het…. Julle lieg vir julle self omdat julle nie vir die waarheid kan opstaan nie. Sterkte

Anny Penny ·

Ek stem 100% met dr Brink saam. NG Kerk wil almal akkomodeer twv kwynende lidmaat getalle en sal dus eerder die Woord versaak en mense tevrede stel. Daar is nie meer ‘n samekoms van mense wat eenders glo nie, jy kies sommer self wat jy wil glo en wat nie!!!!

Johan ·

A.P. Kerk en Brink. Kom oor julself en los die oordeel vir ons Hemelse Vader.

Johannes ·

Johan, God gee sy kinders ‘n duidelike opdrag om te oordeel en die slegte mens uit Sy kerk te verwyder….

Babie ·

Johannes ek dink jy het ‘n punt hier beet. Dit is so erg vir my dat al die kerke vandag betrokke is by alles, maar vergeet so bietjie van hul lidmate , dis politiek en geld, en wat nog. Maar die meeste mense wat klippe gooi en verwyte slinger op al die kommentaar wat ek hier gelees het , lyk dit vir my almal trek dwars, as hulle nie skeef trek nie. Fokus bietjie op die Bybel, God sê baie duidelik, vir ons almal ; – Kom uit Babilon uit, want as Hy vir Babilon tref en jy is daar binne tref hy jou saam. En Babilon beteken nie die stad Babilon nie, maar wel die dade wat daar plaas vind.

Francois ·

Die Here sé kom uit onder hulle.As jy toelaat in jou kerk dat om gay te wees reg is dan stem jy saam.Hy het Soddom en Gamora uit gewis oor die selfde ding.Jul kan mar sê wie is ons om te oordeel.Mar sy Woord gee tog die leiding wat reg en verkeerd is.Nou hoekom dit mis lees.Die Duiwel verblind die mense in NG kerk.As jy waarlik tot bekering kom en nie godsdienstig is nie sal jy dit nie toelaat en saamstem nie.Mar meeste mense is net godsdienstig en hul is nog nie Waarlik gered nie.Hy sé voorwaar ek sê vir julle as jul nie weergebore is en jou laat doop nie.SAL jy nie die koningryk van God sien.So ek sal dit nooit aanvaar nie want dit is n Groot Sonde in Jesus se oë.Sorry NG kerk jul is n Dwaal kerk

wilmar ·

Sê die leraar van die kerk wat mense op grond van uiterlike oorwegings uitsluit van aanbidding… vee maar eers voor jou eie deur broer Brink en haal uit die balk uit jou oog….

vermeende ·

Wilmar, dit wat jy sigereer is dat die AP kerk die woord wil weg hou van ander.
Nee, hy moedig hulle juis aan om bedien te word in hulle eie taal en kultuur, ek sien niks verkeerd daarmee nie. Veronderstel 500 volgelinge stroom jou kerk elke Sondag toe, hoe lank sal dit neem voor julle diens in Zulu gehou word of Engels. Nee wat, as jy verby jou kerk stap om in n vreemde kerk te WIL ingaan dan probeer jy mos iemand tart en uitlok. Die NG kerk het reeds gemeentes in die vreemde voorstede wat uit die senode betaal word. Is dit nie genoeg nie?

elsabe ·

Vir diegene wat so vuur spuug oor die “oordeel”…..

JOHANNES 7:24 – “Moenie op die oog af oordeel nie, ordeal regverdig”.

Ons oordeel nie die gays as persoon nie, ons oordeel die leefwyse en gedrag wat totaal en al in stryd is met GOD se WOORD.

2 TIMOTEUS 4:2
“Verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerle, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee.”

Daar is genesing is gays – hulle moet na GOD draai en hierdie verskriklike gruwel in SY oe bely en genesing vra.

Rooiman ·

Niemand mag met die Woord van God stry nie. Goed beantwoord hier.

Henk ·

Besluite word nou geneem om die mens “gelukkig” te hou oor dit wat direk in stryd is met die Woord van God. Duidelik is die NG Kerk op ‘n dwaalspoor waar die mens se wil bo die wil van God gestel word.

vermeende ·

Ek kan nerens sien dat iemand gay’s oordeel nie.
Die Skruf is duidelik rondom hierdie afgruislike sonde. Die skruf se ook duidelik, jy mag nie dood slaan nie en ons mense kom las gerieflik in “behalwe as die baba nog nie gebore is nie”

Hierdie is net die voorganger om in die toekoms gay’s in die kerk in die eg te verbind.
Die NG senode maak my siek, hulle het my oorlede oupa en sy voorgeslagte die hemel in gelei met apartheid wat reg en Bybels gepreek was en nou word hulle seker almal die hel in geskop oor die kerk nou agter gekom het hoe verkeerd apartheid was en vermening nou weer reg preek.
Nee mense die woord van GOD was is en sal alteid die selfde bly, hy se mos, baie sal se hulle ken my maar hulle ken my nie.
Die woord moet die kerk lei en nie die kerk die woord nie!
Ek oordeel nie die is net my standpunt.

Francois ·

Ek stem 100%saam met jou.Die mens wil nou die woord aanpas soos hulle wil.En die mens val vir Satan.NG kerk is op n groot dwaal.Hulle het dubbel standaarde.Doop klein en Groot nou.Waar die Here sé da is net een Doop.

Rudie ·

Die konsep “homoseksueel” het nie in die Bybelse tyd bestaan nie. Die Bybel spreek homself glad nie daaroor uit nie. In die sg “homoseksuele tekste” spreek die Bybel hom uit oor heidense rituele en seksuele losbandigheid en uitbuiting.

Daisy ·

Nee Rudi duidelik het jy nog nie hierdie skriftuur in die bybel gelees nie: 1Kor 6:9

9 Wat! Weet julle nie dat onregverdiges God se koninkryk nie sal beërf nie? Moenie mislei word nie. Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of mans wat vir onnatuurlike doeleindes aangehou word of mans wat by mans lê 10 of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of afpersers sal God se koninkryk beërf nie.

Baie duidelik dat mans wat by mans le, nie die koninkryk van God sal beërf nie.

Aré ·

Stem saam met jou Rudi. Vrede vir jou en God se rykste seën.

Magda v Z ·

Lees Roemeine 1 maar daarna staan dit ook ons mag nie oordeel nie.

Pieter V ·

Rudi ek glo nie jy het ooit regtig die bybel mooi gelees, wat God se omtrent mans wat met n manspersoon gemeenskap het hulle altwee iets gruweliks gedoen het en moet hulle altwee gedood word,maar ons is nie daar om hulle te oordeel nie ,ons moet hulle help en daarop wys dat dit verkeerd is.

Johann ·

Ek self verag die NG Kerk vir hulle besluit,maar die AP Kerk kan stil bly,hulle het om politieke redes weg gehardloop van die NG Kerk af en nie oor Skrif gekondeerde redes nie

Ade ·

Ja johan ons het oor politieke redes van die NG kerk weggehardloop. Die ‘politieke’ rede is omdat die NGK politiek in die kerk bedryf deur polities reg te probeer wees, en volgens die politiese poppe van die samelewing te dans, dit was die neiging in 1986 en is vandag steeds die neiging. Die APK is nie gestig om HNP of KP politiek te promofeer nie, maar om die Bybel en sakramente suiwer(sonder politiek) te bedien en dit is vandag nog so. Die stigters van die APK het in 1986 gesien dat die NGK op n dwaal spoor is en die NGK het dit baie mooi by hul laaste sinode bewys. Ja die APK het foute en ja, ons is seker outyds of konserwatief, maar die Bybel sal altyd hoogste gesag dra, sodra dit verander is ek ook uit die APK net soos ek uit die NGK is.

Ketter ·

Die APK het in 1987 “sonde teen die heilige gees (albei met ‘n kleinletter)” gepleeg deur te kies vir ‘n volkseie kerk om soos die NGK die die vorige 335 jr “in sonde” te bly voortleef.
Wie gee die 40 000 APK lidmate die reg om die Bybel anders te vertolk as die 1 miljoen liefdevolle NGK lidmate!
As jy ‘n ongelowige homoseksuele is dan pleeg jy sonde maar as jy ‘n gelowige homoseksuele is dan is dit reg. Dit is die elfde gebod!
KETTER

Ade ·

Ketter, daar is en sal nooit tot in alle ewigheid iets wees teen die behoud van jou eie nie, skriftuurlik of moreel. Om polities korrek te wees aan die ander kant is iets heeltemal anders. Mens gee tog jou eie hond kos voor jy die straatkatte voer of hoe?

Kobus ·

elsabe ek stem saam met jou, rudi sonder om oordeel te spreek dink ek nie dat jy jou Bybel goed ken nie, daar is talle plekke waar dit op die naam genoem word.

christa ·

Johann, duidelik weet jy min. Miskien moet jy maar eers die APK se geskiedenis gaan oplees voor jy daardie stelling maak.

HEVW ·

Mens voel maar net om n eindelose sug te gee vanwee die onkunde in sommige kommentare. Om met n oningeligde te redeneer is bloot tevergeefs

Johannes ·

Ek vra weer: kan enige iemand wat pro-gay is asb die Skrifgedeeltes aandui wat homoseksualiteit regverdig?

Ook, wat is pro-gay mense (asook die NGK) se antwoord op die derduisende Christene wat hulle uit ‘n gay lewenstyl bekeer het? Het hierdie Christene ‘n fout in God se oë begaan en kan hulle dus maar terugkeer na ‘n gay leefstyl?

Frik Lotz ·

God sê duidelik in die Bybel dat homoseksualiteit verkeerd is en dat dit n sonde is. Mense probeer God se Woord, die Bybel, verdraai om by hul aan te pas sodat hul kan voortgaan met hul sondige praktyke en dan nie verantwoording wil doen vir hul sonde nie. Dit gaan hul niks in die sak bring nie, want God en Sy Woord verander nie en staan vas. Homoseksualiteit sal dus altyd n sonde bly, want dit staan so geskrywe in God se Woord! Die NG Kerk moes eerder homoseksualiteit veroordeel het, maar nou omarm hul dit en lei die mense die verderf in. Dis baie tragies dat die kerk so kon afdwaal van die waarheid en nou die leuen najaag.

Gielie Olivier ·

Die wat nog twyfel gaan lees asb Romeine 1:18-32! Die volgende verse sê dan ook ons kan nie oordeel nie, maar kan ook nie die een sonde goed praat nie!

Natas ·

Daar bestaan 1000de kerk tipes oor die wêreld en elkeen het ander sieninge, reëls en gebruike. As die Skrif so duidelik van plan is om te wees, waarom dan sulke groot diversiteit?

Manny ·

Die Skrif is baie duidelik. Dis mense en kerke wat die Woord ignoreer of verdraai soos hulle dit wil lees.

Dup du Plessis ·

Rom. 1:24 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan ONREINHEID, om hulle liggame onder mekaar te onteer- 25 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die LEUEN en die skepsel vereer en gedien het bo die SKEPPER wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. 26 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in die wat teen die natuur is; 27en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.28 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:

EFS. 5:5 Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of ONREINE of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koningkryk van Christus en van God nie……….11 en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. 12 Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem. -53 Vertaling, Nuwe Testament.
Ou – Testamentiese verwysings na hierdie daad is verdoemend.
Die daad of aksie kan net so , min as moord, diefstal, valse getuienis(lieg), dronkenskap, ens,ens, goedgekeur word. Dalk moet die NG Kerk net ‘n ander Bybel laat druk want daar is dalk ‘n moontlikheid dat hulle ‘n leuen verkondig.

Ronald van Dyk ·

Dit is duidelik dat mense in die algemeen nie behoorlik lees nie! Uitsprake soos “wie mag oordeel” en “alle sonde is sonde” is irrellevant en geensins die uitgangspunt. Dan lees ek die lojale uitsprake soos “ek sal by die NG Kerk staan tot die dood”. My vriend, jy kan staan by wie jy wil, maak net seker jy staan nie teenoor God nie! Die NG Kerk wil sy deure vir almal oophou ter wille van lidmaatgetalle. Dit is die primere rede waarom daar nie duidelik standpunt ingeneem word in hul beleid nie. Dit is al sedert die doop aspek duidelik.

annir ·

As all Julle mans gay raak WAAR gaan ons mans kry of moet ons dit in bottles loop maar gaan lees Julle bybel God maak nie misteike nie hy maak nie gay nie man en man kan nie minders maak nie en so tel dit vir n vrou ook ons lewe in sonde dit is hoekom ons Vader gese het Huis spyt dat hy die men’s gemaak het

elsabe ·

My hart klop in my keel as ek die onderstaande Skrif lees en wonder HOE kom die NG Kerk en sy leiers hierby verby? Hoe voel hulle wanneer hulle dit lees? Besef hulle dat hulle besig is om die mensdom op die verkeerde pad lei?

2 TIMOTEUS 4:

VERS 3: “want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaar maak wat net sal se wat hulle wil hoor.”

VERS 4: “Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend”

christine ·

My x skoonseun is so. n Slim Adv. Hyt homself deur universiteit sonder n sent skuld gesit deur met betaling by ander mans te slaap. Ons het egter nie geweet hiervan. Sy kind by my dogter verlang n pa maar ai gewete en selfrespek het hy nie. Hy sit ook daar in die NG kerk elke Sondag en is so verveeld sien kan nie wag om by die internet uit te kom nie. Gunsteling ” Sex with animals”
My mening gaan soek n skoon gewete by die sielkunde dan hou jy op met waarmee jy jou besig hou en soek dan na God en vergifnis eks lief vir jou seun jys nou maar my seun sal dit altyd bly terwyl ons n kind moet groot maak, daai troefee wat jy vir die wereld wil wys”ten koste van wie en wat. Hou op Sondagskool gee, daai meisies se ouers hiers groot dinge verkeerd NG Kerk totiens. Hier trek ons streep

Johnnie ·

Ek het so n bietjie deur al die kommetare gelees en besef dat die mense wat hier hulle kommetaar lewer glad nie hulle bybel ken nie en ook glad nie die HERE ken nie. Al wat ek vir almal wil se is bekeer julle want as jy nie wedergebore is nie sal jy God se koningkryk nooit sien nie en dit sluit die gays,lesbeers, hoereerders,diewe,egbreekers,dronkaards,verleiers soos predikante wat nie sondes aanspreek nie en sodoende ander die HEL laat instort. BEKEER JULLE ASB DIE HERE RED NOU more mag te leet wees. Ek smeek weer BEKEER JULLE.

Tascha ·

Ja, Johan jy het reg aan een ding dat jy jouself moet bekeer… Maar dan moet jy jouself weerhou daarvan om dieselfde sonde oor en oor te pleeg. Dus as jy egbreek moet jy jouself weerhou daarvan en trou wees aan die maat wat jy gekies het en leef volgens die beloftes wat jy voor die kansel afgelê het, as jy gevloek, skel en suip het soos ‘n vis moet jy jou weerhou van plekke en mense wat hierdie negatiewe invloede oor jou lewe bring, as jy gay is moet jy jouself weerhou van seksuele gemeenskap met iemand van dieselfde geslag. Bely jou sonde en weerhou jouself daarvan dan sal jy witter as sneeu gewas en gereinig word deur die bloed. Wat my opval ou maat is dat jy egter nie lees wat ander vir jou probeer sê nie – dit gaan nie hier om die homoseksualiteit as sulks nie maar eerder om die NGK se besluit om sulke verhoudinge te duld. Hulle paai dus die wêreld en probeer almal gelukkig hou instede daarvan om die probleem aan te spreek. Jare gelede het my Skoonma saam haar toekomstige man gewoon hulle is summier onder sensor geplaas en mag geen diens bygewoon het alvorens hulle in die huwelik bevestig is nie. Dit was ‘n skreinde skande volgens die NGK om buite die eg saam te woon maar nou is dit skielik aanvaarbaar dat gay mans saam mag woon terwyl die eenheid nie wetlik beskou word nie. Die NGK is dubbelsinnig en deur die jare kort-kort siening verander juis om mense gelukkig te hou. Dit is wat so belaglik is en dit ou maat is waaroor almal bekommerd is. Spreek jouself uit oor die regte onderwerp – niemand oordeel ‘n gay mens nie dit is hul keuse om so te handel en basta met die res!

Philip ·

Die homoseksuele uitspraak dink ek is redelik goed bespreek. My standpunt is dat die daad sonde is en mag nie goed gepraat word deur die kerk nie; dis wat die NG kerk nou doen

Het niemand anders die ander deel van die verklaring gelees nie? Die NG kerk herken nou dat saamwoon ook nie verkeerd is nie… So voor huwelike seks word ook nou goed gepraat.

Ja, ek is baie teleurgesteld in die NG kerk se uitspraak en verwag dat hierdie groot gevolge gaan hê ten opsigte van die bande tussen die suster kerke…

Linda ·

Dit bewys dit maar weer how vinnig mense oordeel, party mense kan nie speel nie. WANT dalk is hul spesiaal en is dislexies (gaan Google dit) en SOMS soos my SEL spel check op. En hy verander self die woorde….. NG dis hartseer. Baie hartseer.

Leon ·

Die NG Kerk moes al lankal sy deure gesluit het. Hulle dans na die pype van die regering, eers NP regering en nou ANC regering. Enige instansie wat Die Woord van Die Lewende God minag en die eer en goedkeuring van mense verkies, het sy lot reeds bepaal.

Johannes ·

Ek stem nogal saam Leon – die NGK preek die politiek van die dag! Wat onder die vorige bedeling verkeerd was (maw strafbaar voor die reg) is skielik nou reg onder die nuwe bedeling. Inteendeel, onder die nuwe bedeling kan ‘n mens nou strafregtelik vervolg word as jy nie bv. nie gays aanvaar of geslagsgelykheid bevorder nie.

Die ou NP bedeling was Christelik, die nuwe ANC bedeling is duidelik nie-Christelik (humanisties). Laat my baie wonder…

pietie ·

IN DIE NATUUR GAAN JY NIE GAYS KRY NIE. SO DIS NIE REG NIE. PUNT.

SkarrelKind ·

Pietie – jy adverteer jou onkunde op ‘n opebare forum: sommige dolfyn spesies en ‘n seker aapspesie in Japan. As ook sommige slakke. Google dit op BBC.

Johannes ·

Skarrelkind, dit beteken nie dat as diere homoseksuele gedrag toon mense dit ook mag doen nie. Dit bly ‘n sonde in God se oë.

neelsie ·

Luister na n onderhoud op Radio Kansel oor die onderwerp op 16-10-2015.
Moderator van die N G Kerk se kommentaar was so vaag en het heeltyd die vraag omseil. Het later skaam gekry vir sy onthalwe want dit oe…..en a….
en ek weet nou nog nie wat hy wou se nie.Hy het nie n duidelike standpunt ingeneem nie. Is hy skaam vir die Woord van God?
Laat ons die mensgemaakte standpunte nie ondersteun nie! Die Woord is baie duidelik,
homoseksualiteit te bedryf is sonde .
Kan nie saam met NGK verder die pad loop nie.
Luister en rig jou lewe volgens God se Woord .
Dankie vir Moreleta NGK se standpund daarteen,
so ook Otjiwarongo NGK .

susan ·

Doen bietjie moeite soos Rudi om te gaan bestudeer die tekste wat so rond gegooi word.
Almal lees dit net, en dan is dit klaar. Gaan kyk bietjie presies wat die skrywer aanspreek.
by elkeen van die tekste was daar dinge aan die gebeur in hulle samelewing. n Persoon wat byvoorbeeld jong seuns verkrag het, of soos h gesê het, heidense rituele wat verafsku word, omdat dit gebruik was om afgode te dien. Maar ja, nêrens word gepraat van sleg 2 persone van dieselfde geslag nie. En regtig. Wat is die kaans dat al die mans van n hele Stad gay is? Was daar dan geen vroue? Hoe sal jullê het so n stad bestaan as die bevolking nie kon groei nie? Maak dit regtig vir niemand sin dat dit heel moontlik getroude mans was wat daar was om vreemdelinge in die stad te verkrag omdat hulle die woord van vernietiging versprei het nie. Almal sê altyd dat verkragting handel oor die mag wat die man oor so persoon het, en nie oor die seks nie.

Johannes ·

Susan, ek vra weer: gee asb die Skrifgedeeltes wat homoseksualiteit regverdig. Ek sal ook graag u opinie wil hoor omtrent duisende Christene wat hulle uit ‘n gay lewenstyl bekeer het.

Verklaar ook asb hoe die volgende Skrifgedeeltes nie direk na seksuele omgang tussen 2 mans (of 2 vroue) verwys word nie:

ROMEINE 1:27
Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit.

LEVITIKUS 20:13
“Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen ‘n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.

ROMEINE 1:26
Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in ‘n teen-natuurlike omgang.

Zane ·

Liewe Jesus, op n ouderdom van 6 het ek besef eks “anders”. As dit n keuse was, sou ek bitter graag “normaal” wou wees. As dit n keuse was… Vandag leef ek so “normaal” as moontlik. My liefde is opreg, net soos my liefde vir U is. Ekt daaglikse gesprekke met U en die Heilige Gees is defnitief binne in my teenwoordig. Ek word elke dag geseen met ongelooflike familie en vriende. Ek vra U wel bitter mooi, indien ek op so vroeer ouderdom n “keuse” gehad het en ek het die verkeerde “besluit” gemaak het. Laat my toe om eendag op U skoot te sit, sodat ek met U kan gesels oor hierdie “afstootlike keuse” van my. Ek dien n merkwaardige God, n God van Liefde. Help my asb om U naam te verkondig, sodat mense kan sien dat U nie n monster is nie.

Johannes ·

Zane, as ek reg verstaan aan jou skrywe doen jy juis wat God van jou vra: deur jou sondigheid (homoseksuele neigings) te erken, waarlik berou daaroor te hê en alles in jou vermoë (deur God se krag en genade) doen om dit nie uit te leef nie. Dit bly ‘n KEUSE wat gemaak moet word.

God het jou beslis nie so geskape nie. Moenie dat Satan jou hierdie leuen vertel nie. Ook nie die NG Kerk nie.

Jak 1:13:
Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie.

Pedofiele, egbrekers, moordenaars, verkragters, leuenaars, gierigaards ens. kan hulle dan ook probeer regverdig deur te sê dat God hulle so geskape het en nou maar so moet aanvaar.

Die waarheid is dat dit altyd jou eie BESLUIT bly of jy sondig gaan lewe of tot bekering gaan kom.

Zane ·

Johannes, ek aanvaar myself 100% en leef elke dag voluit. Ek sê weereens dat ek n ongelooflike goeie verhouding het met God en dat ek eerder met Hom sal praat as met die kleine mens hier op aarde. Ons as mens wil te graag god speel, maar ons besef nie hoe groot God is en hoe klein ons werklik is nie. N Predikant het eendag die volgende gese: Die Bybel is soos n legkaart, jy kan nie n versie hier vat en n versie daar vat en n beeld van God vorm nie. Die hele legkaart wys ons egter ons dien n wonderlike God van Liefde!

Dup du Plessis ·

Volgens die NG Kerk kan iemand wat nou bly handel in hierdie daad (gay-wees) die nagmaal dus gebruik sonder om die daad/aksie/sonde te bely en te poog om dit nie weer te doen nie. Wat word deur die predikant gesê voor die gebruik van nagmaal oor die oordeel wat jy/sy oor jou bring sou jy bly volhard daarin? (weereens, vir alle sondes)…….WAT GEBEUR HIER? Die NG Kerk skryf dus eintlik aan die SKEPPER voor watter dade vergewe of nie vergewe mag word nie.
Die waarheid is egter:

OU TESTAMENT (wetlik)
Mans en vrouens wat in dieselfde geslag omgang het met mekaar of diere – moes doodgeslaan / gestenig geword het, so-ook die dier betrokke.

NUWE TESTAMENT (in Christus verlos)
jou sonde (alle sondes) word deur belydenis met Christus se liefde vergewe, maar met ‘n VOORWAARDE , Jesus sê self: – Jou sonde is vergewe, gaan en sondig nie meer nie.
Elkeen van ons het maar ‘n kruis wat jy moet dra en ‘n stryd wat jy moet stry. Die prysgeld is in die stry daarteen. Nege is amper tien, maar dit is nie. Die vader van die leuen is egter baie goed in sy werk.

Sims ·

Man ,sou ek dit nou gelike het om ‘n ou vliegie (wat kan praat) te kon wees.Net om teen die sogenaamde Broers en Susters (in hoofletter gespel want hulle wil God speel) en die Proffies en dalk ‘n paar Fariseërs se mure te kon sit en te sien wat hulle in hulle glashuise aanvang. Tien teen een is daar dalk ‘n paar wat in vreemde “kooie” slaap en nie in hul eie nie, maar ag wat,dis mos nou nie ‘n “groot” sonde nie,en hy/sy het mos om vergifnis gevra en dan’s dit oor en verby,die Bybel sê so……..maar ons weet ook dat jy nog steeds moet verantwoording sal moet doen nè. Ek het gister (kan ongelukkig dit nie op die blad doen nie) op ‘n hele klompie wat “nie wil oordeel nie, MAAR…” se f/book bladsytjies gaan inloer. Ai toggie,hoop nie Petrus by die Hemel se hoofingang check dit ook eendag nie.

Johannes ·

Daar is GEEN sonde wat regverdig kan word nie. Dit is die probleem met die NGK, sekere gays (en pro-gay mense) – hulle regverdig nou sonde onder die dekmantel dat niemand mag oordeel nie en dat ons alles en almal moet aanvaar en liefhê.

Zane ·

Johannes, ekt geen berou oor wat ek is nie en aanvaar myself 100%. Ek leef elke dag voluit. Ekt n goeie verhouding met Hom en dus juis hoekom ek hierdie gesprek met Hom sal hê eerder as met jou. Ons mense is te geneig om te oordeel, omrede ons as mens so klein is. Tog wil ons so baie graag god speel. N Predikant het eendag met my n baie diep gesprek gehad en hy het die volgende gese oor die Bybel en dalk as jy eers n tydjie nadink daaroor sal jy saamstem. Ons as mens is so geneig om te fokus op enkele teksverse dat ons die prentjie mis. Die Bybel is soos n legkaart…een of twee teksverse gaan jou nie die hele beeld wys nie. Die Bybel se beeld aan my is ons dien n God van Liefde.

Johannes ·

Zane, God praat deur Sy Woord met ons as mense – wys dan asb vir my (binne die konteks waarvan jy praat) hoe homoseksualiteit regverdig word.

Ek menigte gedeeltes (binne konteks) aandui wat homoseksualiteit veroordeel.

God vra (nee eis!) juis dat jy nie jou sondige natuur sal net aanvaar nie maar strewe na ‘n heilige lewe voor Hom (om as’t ware deel aan Sy Goddelikheid te kry). Die kruisiging van jou ou self (sondige self/natuurlike drange) is een van die eise van dissipelskap.

Johannes ·

Zane, anders gestel. Met jou redenasie kan ek net sowel sê “ek aanvaar myself 100% as pedofiel (of egbreker, of dronkaard, of hoer, of dief, of wat ook al) en God moet my maar so in liefde aanvaar”

Zane ·

Ek belowe jou, as ek ‘n keuse gehad het, het ek defnitief die “normale” gekies.

Dink jy dit is vir een oomblik lekker as mense klippe gooi na jou, jou laat vuil voel. Hoekom sal enige mens dit kies? Om die lewe op aarde net nog erger te maak vir jouself?

Op so ‘n vroee ouderdom het ek net soos ‘n ander kind die liefde beleef. Dit kom vanself. Nie iets wat jy moet aanleer nie. Ongelukkig vir my was dit vir dieselfde geslag.

Ek wil glad nie redeneer nie, maar besef jy is n kenner op die gebied. Sou God aan my op so ‘n vroee ouderdom so ‘n groot keuse gee? Op die dorp waar ek groot geraak het, het ek nie eers in aanraking gekom met ander nie wat dieselfde is as ek nie…hoe het dit so normaal gevoel en gebeur op so ‘n vroee ouderdom?

gevoel met die liefde binne my en wou dit uitstraal. My my het dit net natuurlik na dieselfde geslagie selfde geslag) is normaal. Op 6 moes ek eers hoor dit is verkeerd.

Johannes Meintjes ·

Die sendingveld is ‘n waardevolle leerskool, ook wat kerkgenootskappe betref. Daar moet baie dieper ontleding gedoen word. Sommige kerkgenootskappe handhaaf ander wortels as die oorspronklike pad en oorlewering van die Christelike geloof. Hul “evangelie” sal dan ook (selfs bybel in die hand) ‘n ander evangelie van ‘n ander god en sy gebod wees. Aan hulle redenasies en vrugte sal hulle meer en meer geken word.

Marcelle ·

Zane ek wil net vir jou se ek was vir 10 jaar in daai worsteling waarmee jy so sukkel. En ek het vrygekom. Ek is getroud met ‘n wonderlike man wat van my verlede weet en my steeds aanvaar. Wat ek besef het is soms is daar baie dieper dinge wat mens van die spoor af plaas as wat mens begryp – tipe opbrenging, tipe gebeure in verlede soos molestasie, aanvaarding gesoek en toe gerky by die LGBT gemeenskap. Moet asb nie se jy het nie keuse nie. God het juis vir ons keuses gegee – dis hoekom die hele wereld besig is om te verval in alle tipe sonde…ons vrye wil.

Zane ·

Dankie vir jou antwoord Marcelle. Soos ek in my vorige skrifte gesé het, ek voel nog my hele lewe lank so. Nog geen gevoelens teenoor die teenoorgeslag gehad nie en geen van die bogenoemde het met my gebeur nie. Ek is deur die beste ma en pa grootgemaak.

Ek het een vraag op die hart. Die sondaars wat hierbo genoem is, doen ander mense leed aan. Hoekom as ek liefde toon teenoor n teenoorgestelde geslag is dit perfek en maar as ek dit aan dieselfde geslag toon is dit nie perfek nie. Is die liefde dan anders? Word ‘n geslag gekoppel aan n siel?

Marcelle ·

Want iemand soos ek wat was in daai wereld en weet hoe tuis mens voel wil almal wat daaruit wil kom help. Ek weet nog nie hoe nie en ek het nie die woorde nie, maar ek weet as jy vir God gevind het in jou hart, dat jy na die wereld uit ‘n ander oog kyk en sien hoe jy gemanipuleer is om te voel soos jy voel. Die satan se vir jou dinge wat jou dit laat regverdig, soos jou sin daar bo – maar jy doen niemand skade nie – en dit is hoekom ek dink hierdie uitspraak deur die kerk is so verkeerd. Want die kerk se nou vir jong mensies wat vrae het dis okey om gay te wees ons aanvaar jou so. Ek het 10 jaar van my lewe gemors. Tot Jesus ‘n christen op my pad gestuur het wat die woord kom saai het al het ek hom afgejou.

Jann Schlebusch ·

Baie goeie, Bybelgetroue kommentaar deur die APK, dankie

manie ·

Aan almal wat dink gay wees is n keuse is verkeerd. Daar is immers bewys dat dit biologies is in n gay mens se chromosome. Die enigste keuse wat n gay mens maak is om met die waarheid te leef of uitkom met dit. Ap- kerk preek oor mense uit die groot stad vol sonde. In die mean time is daai selle ds n GROOT aanhanger van gay mans in die toilette by die malls en die optel gebiede in die stede. Glo my ek weet. Dan sit hulle vrouens by die huise niks vermoedend by die huis en glo dat haar man mnr dominee nog by die kerk kantoor is. Dis lag wekkend hoe mense aan gaan terwyl die sondeloses eintlik die grootste sondaars is.

Johann ·

Daar is talle studies gedoen deur verskeie navorsers in hierdie veld. Navorsing kon tot dusvêr geen bevestigbare genetiese oorsaak vir SGA (selfde geslag aangetrokkenheid) bepaal nie. Dit bly dus `n keuse. Omgewingsfaktore speel egter wel `n rol. Kom ons bid vir diesulke mense en begelei hul in liefde tot verandering soos wat God van ons as Sy kinders verwag om te doen!

fanie ·

Reeds in Genesis se die Woord dat dit goed was in die oe van God toe Hy man en vrou geskape het en dit met die doel om kinders voort te bring om Sy skepping te bewerk en Hom daardeur te verheerlik deur aan Hom gehoorsaam te wees. Vra maar vir uself waarom God dan nie net mans/vrouens geskape het nie. Die AP Kerk veroordeel niemand nie maar wys ander daarop dat God sonde , waarvan homoseksualiteit maar een is, veroordeel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.