AP Kerk vaar uit teen NG Kerk se gay-besluit

Die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) het Vrydag sy ongelukkigheid uitgespreek oor die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) se algemene sinodale besluit rakende selfdegeslagverhoudings en selfdegeslagverbintenis in die kerk.

Luidens ’n verklaring uitgereik deur die sentrale kerkekommissie voel die APK sterk dat die NGK besig is om weg te beweeg van die gereformeerde standpunt oor die Bybel as die geïnspireerde, duidelike, genoegsame en onfeilbare Woord van God.

Die NGK se algemene sinode het vroeër die maand ’n besluit aanvaar waarvolgens daar ruimte is vir verskillende standpunte oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag.

Die APK voel dié besluit is gegrond op ’n postmoderne, humanistiese standpunt en nie op die tradisioneel gereformeerde standpunt van die NGK nie.

“Die skryf van ’n formulier vir die voltrekking van burgerlike verbintenisse, in weerwil van die NGK se eie besluit dat die Bybel die huwelik slegs as ’n lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou definieer, onderstreep die waarneming dat ’n bepaalde, konteksgedrewe hermeneutiek in NGK-geledere die pas aangee,” lui die verklaring.

Volgens ds. Nelis Janse van Rensburg, die voorsitter van die algemene sinodale moderamen, het die debat oor die verstaan van die Bybel in ’n “vasgelooptheid” vasgeval. Hy meen die debat vorder nie omdat die twee standpunte heeltemal onversoenbaar met mekaar is.

Die algemene sinode moedig kerkrade aan om by die bevestiging van ampsdraers, die lidmate se doop, belydenis, roeping, spiritualiteit en getuienis van leer en lewe; toegang tot die sakramente; integriteit van verhouding; en geskiktheid vir die spesifieke rol in ag te neem ongeag ras, geslag, klas of seksuele oriëntasie. Dieselfde geld vir die legitimasie van teologiese studente.

Die APK meen dié besluit plaas opnuut spanning op die NGK en APK se verhouding. “Ons roep die NG Kerk op om sigself van hierdie heillose weg te bekeer en moedig behoudende lidmate van die kerk aan om hul gewete slegs deur die Skrif te laat verbind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Jan ·

Daar is geen salf meer te smeer aan die NGK nie. Irrelevante kerk geword omdat hulle hul eie fondasies gaan stukkend kap het.

Regs! ·

En so keer die hoer se dogters terug na hulle moeder(Rome).

Foxi ·

Net so! En so het die mens ook sy rug teenoor die HOËR HAND gedraai. Daar is geen regverdige nie, nêrens te vinde nie. Maar die woord van God in die skrif sal so bly vir ewig.
Niks kan daarin bygevoeg word of verander word nie! Die regters kan ook nie die mens tevrede stel om aan te pas wat verkeerd is nie, dis skynheiligheid. Deur verkeerd op te tree en nie te luister nie, sê God ook, as julle My Stem hoor, moenie julle hart verhard nie!

Oop Oge ·

Jax, Hy sou hulle aangese het om hulleself te bekeer en nie die wee van die fariseers te volg nie.

Opinie ·

Ongelukkig verdraai elkeen die Bybel en wat daarin geskrywe staan om sy/haar verkeerde optrede, besluite en wat ookal die geval mag wees te regverdig. Nou spring die NGK op dieselfde “Band Wagon”. Dit is jammer en teleurstellend.

Dries ·

n Pragtige heldere en skrifgebonde beoordeling van die Afrikaanse Protestantse Kerk.
Stem ooreen met n besluit van die Gereformeerde kerke.
Daar is ander kerke wat nie die pad loop nie.

Gerrit ·

Die NGK was destyds gekant teen die Groot Trek ook. Al vir dekades lank die spoor byster.

Jerry ·

Die NGK het hom/haarself nou onversoenbaar humanisties en anti-bybels verklaar. Die NGK is nou oop om deur humanistiese groei en getalle verswelg te word, wie lank reeds die kerkgeboue soek om hulle bevrydingsteologie en ideologie uit te brei! So skiet die afrikaner Christen hom/haarself in die voet, of is dit dalk die doodskoot of maar net n vloekskoot. Nou kan n mens maar net wag om te sien wat gebeur, want dit waarteen die bybel waarsku, het die sinode gaan staan en verontagsaam. Die NGK het nou presies dieselfde fout as die Ja stemmers gemaak, indien jy kyk hoe dit reeds die afrikaner se regte soos taal en kultuur in gedrang gebring het en wragtig, nou ook godsdiens. Soos dit nou begin lyk gaan daar net een afrikanervolk oorbly en dit gaan die afrikaners in die buiteland wees! Al wat dus vir die afrikaner in SA sal oorbly, sal wees om te sit en tob en vir Frikkie de Klerk en Nelis Janse van Rensburg te blameer, maar nog sal dit einde niet wees, want daar gaan eers nog so n paar, teen die verloop van die spel in, verrassings kom. Dan is daar nog om oor te tob en te blameer. Leiers is ook maar net menslik en as mense nie hulle leiers tot orde roep nie, dan sit die mense en hulle nageslag met die gebakte pere!

Wolf Cilliers ·

Volgens die NG Kerk is daar ‘n vasgelooptheid in hulle midde. Wat anders kan mens verwag as daar van die Bybel afgedwaal word?

Annalize Pienaar ·

NG Kerk al lankal pad byster geraak. Dans agter mensgemaakte reels.

Rene ·

NG Kerke moet nie verbaas wees om lidmate te verloor agv die besluit! Die kerk het ek en my man as lidmate verloor. Ons besluit. Die woord moet suiwer verkondig word, en nie die Bybel “verander” nie.

Koos de Meyer. ·

As ons na die provesie kyk, hoef ons nie te wonder nie, die Bybel sê vir ons in die laaste dae sal reg verkeerd wees en verkeerd reg wees.

giel ·

Die hele probleem begin met die beskouing dat die Bybel die onfeilbare woord van God is. Predikante word lankal geleer dat die Bybel nie so onfeilbaar is nie. Die lidmate se denke is nog net nie ryp daarvoor nie.

Kerneels ·

Giel, party goed sal net eenvoudig onveranderbaar en onfeilbaar bly – soos die Bybel. Dis die mens wat verander en feilbaar is – of hy nou gereed is of nie.

giel ·

Die hele probleem begin by die beskouing dat die Bybel onfeilbaar is. Predikante weet dit lankal maar die lidmate se denke is nog nie ryp daarvoor nie.

Charles ·

Volgens Die Bybel vir Almal:

2 Tim 4:3,4:
“Want die tyd sal kom wanneer mense nie sal wil luister wanneer iemand vir hulle die regte dinge leer nie. Nee, hulle sal net die dinge wil hoor wat hulle wil hoor. Daarom sal hulle baie mense kies wat vir hulle leer soos húlle dit wil hê. 4 Dan sal hulle nie meer luister na die waarheid nie, hulle sal luister na stories wat nie waar is nie.”

Andre ·

Ek dink hier help Jesus se woorde ons: “Voor mens ‘n ander persoon (kerk) se splinters wil uithaal moet mens eers die balk in eie oog verwyder…”

Celia Tjaden ·

Kerk van die Nazarene[ Kimberly], Evangeliese Geteformerde kerk van SA en AP kerk leer nog die ware evangelie en gebruik die 1933/53 vertaling.

Judie ·

Jesus het alle mense lief, selfs die grootste sondaar MAAR juis daarom het Hy Sy Lewe hier op aarde kom afle sodat ons bevry kan word van die mag van sonde. As ons Hom aanneem, Hom glo en volg sal ons leef en doen soos HY. Daar sal geen verskoning wees van humanistiese, menseregte ens. nie. Net God se Woord in eenvoud en reguit waarhede maak saak, nie hoe ons as mens graag die Bybel wil lees en verstaan om ons te pas nie.

HEVW ·

Maroela om darem in die hoofopskrif te se die A PKerk vaar uit teen die N G Kerk klink darem baie negatief en afbrekend. Ek dink nie dit is waar nie. Kom ons se liewer die AP Kerk stel standpunt teen die N G Kerk se besluit………….. Dit is eerder die geval.

Kallimaari ·

Kom ry ‘n slag verby die NGK sinode in Stellenbosch. Stop ‘n bietjie en stap so paar keer om die gebou. Let op na al die Vrymesselaar simbole op die gebou, heel blatant geplaas. Oudtshoorn se kerk gebou is nog ‘n voorbeeld, asook Graaf Reinett. Gaan lees dan op oor Vrymesselary, en diegene wat van die 30ste graad af openlik erken hulle aanbid Lusifer as god. Ek sal weet want dit was in my familie. Hierdie is nie hoorsê of “conspiracy” nie. Dis feite. Nou as dit so gaan in die kerk leierskap, dan is daar géén rede om te verwag dat hierde sogenaamde kerk God se belang suiwer op die hart dra nie. Kom uit haar uit, Bruid van Christus. ‘n Boom word immers geken aan sy vrug, en ‘n turksvy dra nie vye nie.

Willie ·

As jy maar warm of koud was, nou is jy lou, sal jy uit gespoeg word. Jy kan nie twee Here dien nie.
Mag julle tot besinning kom.

Danie ·

Ons predikant in die NGK Hartenbos het nou die dag gepreek dat ons die Bybel “sagter” moet lees en selfs doelbewus verontagsaam soos Boas (volgens sy interpretasie) gedoen het. En dat ons wat aandring op ‘n direk Bybelse interpretasie eintlik die Farisiërs in die verhaal is. Tragies.

Buffel ·

Dankie APK dat julle nie die onkuise besmette mensgemaakte evangelie van die NGK aanvaar nie en julle wel uitspreek daarteen.

Drikus Kotze ·

Ek is ‘n lidmaat van die Afrikaanse Protestantse Kerk, en ek is bitter hartseer oor die susterskerk wat haar rug op God en sy Woord gedraai het. Ek is van mening ons behoort ons te verootmoedig voor God oor hierdie besluit en ons broeders en susters in die geloof op te dra aan God dat Hy diegene wat die besluit steun mag bekeer, en terug sal bring. Dit is met skok en afgryse dat ons aanskou hoe ons volk verlore gaan omdat hulle moedswillig teen God kies en “menseregte” bo dit wat God verbied stel, net om populisties polities korrek te wees. Mag God ons genadig wees want ons vertrap sy Seun se offer.

Beloved ·

Sê die APK mense wat net een ras toelaat om die woord van God te hoor.

Kallimaari ·

Ek het sopas in Jeremiah 22 gelees van God wat oordeel spreek téén die herders wat Sy skape in die verderf lei, en hoe Hy hierdie herders gaan verwoes aangaande hul rebellie. Hulle weet om God se wil te doen, maar kies hulle eie weë. In hierdie laaste dae waarin ons leef is die kerk besig om geskud te word deur die Almagtige God, en net die wat Hom in Gees en Waarheid aanbid sal staande bly. Jesus kom vir ‘n vlekkelose bruid, nie ‘n humanistiese gay een nie.

jaco ·

Dalk bly my kommentaar as ek n vraag stel: is die AP Kerk net oop vir wit mense of nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.