Apartheid-leiers was naïef, sê Giliomee

Herman Giliomee

Herman Giliomee

Een van die grootste swakhede van die onderhandelingsproses tussen die destydse NP-regering en die ANC was dat die NP oor geen mense beskik het wat grondige kennis oor die tegnieke van onderhandeling gehad het nie.

Só het prof. Hermann Giliomee, gerespekteerde historikus, gister [Dinsdag] by ’n byeenkoms van AfriForum in Pretoria gesê. Giliomee het op uitnodiging gepraat oor die foute wat tydens die vroeë jare negentig tydens die onderhandelingsproses gemaak is.

Hy het op die naïwiteit van leiers gewys wat tydens die onderhandelingsproses toegelaat het dat dit in ’n morele debat ontaard het wat hulle uiteindelik nie kon wen nie. “Die NP het geen gesaghebbendes gehad wat kennis gehad het van hervorming, grondwetlike kwessies of onderhandelings nie.

“Die NP het geen strategie gehad nie. Hulle het gedink hulle is besig om ’n tweedehandse motor te verkoop en het geglo die grondwet sal foute besleg en hulle ’n hefboom in die regering gee. Hulle het nooit besef dat die ANC nooit ’n plan gehad het om hulle as ’n volle vennoot te sien nie.

“Die fout was dat hulle toegelaat het dat dit later ’n debat oor moraliteit geword het en nie oor werklik aansprake en verantwoordelikhede nie.”

Volgens hom het die NP misluk in die onderhandelings en seine uitgestuur dat “ons net wil skik en nie veg of baklei nie”. Die NP het voorts die illusie gehad dat die ANC anders is as ander bevrydingsorganisasies in Afrika wat ook tot groot ontnugtering gelei het, meen Giliomee. “Die NP het ook nooit na ander maniere van magsdeling gekyk nie,” het hy gesê.

Hy het ook na die goeie en swak punte van die Afrikanerleiers, dr. Hendrik Verwoerd, John Vorster, PW Botha en FW de Klerk verwys soos vervat in sy boek, Die Laaste Afrikanerleiers.

Giliomee het ook vrae oor die toekoms van Afrikaners beantwoord en gesê hulle het ’n nuwe ideologie nodig waarin hulle weer hul eie mense kan mobiliseer, geloof in hulself kan terugkry en krag uit hul verlede kan put. Hierdie ideologie moet die eie behou en beskerm, aangesien die grondwet dit beslis nie bied nie.

Die volledige artikel sal in die Desember-uitgawe van Forum, AfriForum se tydskrif, verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Asseblief! ·

Man, hulle was nie naïef nie! Dit was voorafbeplande onderhandelinge! Net mense wat nog steeds die twak glo, is naïef!
Get real!

Chris du Plessis ·

“aangesien die grondwet dit beslis nie bied nie.” – ten spyte daarvan dat die RSA Grondwet internasionaal geprys word as een van die bestes ter wereld , bied die baie min beskerming vir minderhede, wat dit dus eintlik een van die swakstes maak.
Die ironie is dat FW de klerk met die Naspers media as ondersteuning, nog steeds probeer om Afrikaners te oortuig dat hulle geen ander keuse het as om maar net in te val by die huidige verloop van sake en dat die grondwet die eenigste basis is om die toekoms op te bou. Dit beteken dat Afrikaners as etniese minderheid geen toekoms het nie.

As daar nie n ander oplossing buite die huidige gre=ondwetlke bestel gevind kan word nie , sal Afrikaners as etnies identifiseerbare groep verdwyn binne die volgende twee geslagte.

Dit is nou tyd om Afrikaners se reg op selfbeskikkng soos wat dit in internasionale reg as deel van mense regte erken word, te bevorder. Die Skotte het reeds bewys hoe dit gedoen moet word. Afrikaners kan ook….

Chris Pretorius ·

Goeie skrywe Chris. Selfbeskikking is die enigste uitweg tans, ons het geen ander keuse.

Chris du Plessis ·

Stem 100% saam, wens net Afriforum an Sol wil dit besef.

Boland Boertjie ·

Geen naïwiteit nie. Dit sal ek nooit glo nie.
Eerder dat hulle doelgerig onderhandel het vir terme wat hulself persoonlik die beste uitkoms gee. Die “easy way out” met geen inagneming van die bittere tragiese nagevolge wat dit op die res van die Wit volk gaan hê nie.

Delphine ·

Ek het so pas Gilomee se boek oor die laaste Afrikaanse leiers gelees. ‘n Effektiewe ‘white wash’ van die afgryslike misdade van die Nasionale Party regering. Ek dink, onder andere, een van die redes vir die naiwiteit van die De Klerk et al was rassisties tot diep in die siel – hulle kon hulle nie indink dat hulle teenstanders in die ANC meer sofistikasie en slimmer planne sou kon he as wit Afrikaners nie.

Piet ·

Noem daardie afgryslike dade, Ek voel dis deel van jou verbeelding

Sjert ·

Afgesien van die swakhede waarna Prof Giliomee verwys, is daar nog ‘n paar gebreke waarmee die siele wat namens ons ‘n beter toekoms moes beding het, in die donker soos verdwaalde hoenders voort gestrompel het.

Gebrekkige tot geen inligting/intelligensie/vooraf kennis oor die leiers, werksaamhede, strategieë, beplanning van die ANC nie. Nog veel minder van die groot kokkedore binne die SAKP wat die rigting aangedui het en die uiteindelike “oorwinning” vir die ANC en hul bondgenote verseker het.

Voeg daarby die hulp en leiding – veral op intelligensieterrein – wat deurentyd vanuit die Oosblok – veral die Russe en die DDR deur die jare heen ontvang is – en Bob’s your uncle my lanie…ens ens ens

Snik!

Manie Maritz ·

Ek dink die profesor slaan die spyker op die kop, mooi so profesor. ja ons onderhandelaar aan die np. kant was nie op gewasse vir die onderhandelinge nie.FW > de klerk het gepraat van ons blankes se regte wat verskans is, waar het jy gesien dat jy teen n oormag ANC. lede nie jou huiswerk reg gedoen het nie. Cirel Ramakosa was eens te slim vir n Roel meyer en leon Wessel hy het sy plan goed uir gewerk en die twee boertjies ore aan gesit.Ja mense daar is sommer net handoek in gegooi en die Anc sit sterk in die regeering. As jy moet vat is ons een teen plus minus twee honderd swartes.N oormag ne want watse kans het ons as blankes teen so n groot menigstes. FW> De Klerk het ons regtig uit verkoop. Ons jong mans en jong seuns het gaan oorlog voer enbaie het gesterf vir volk en vaderland en dit vir niks. Het FW> DE klerk al gedink as die oormag ons oorrompelwat se kans is daar vir ons as minderheid.Tenslotte dink ek dat as daar ooit verraad gepleeg is was dit in die negentigs..

Frans-Petrus Zeelie ·

Wat van ‘n federale state model vir Suid-Afrika?

Ek stem in ‘n groot mate saam met die prof dat die NP net wou “…skik en nie veg of baklei nie…”. Daar was in ‘n onderhoud eenkeer vir FW de Klerk gevra waarom die NP nie verskillende regerings modelle onderhandel het nie, waarop FW maar net geantwoord het dat Suid-Afrika op anargie afgestuur het, en dat die regering in sy vorm in daardie stadium nie meer so kon aangaan, en ook dat die NP nie werklik meer die “gesag” gehad het om te kon onderhandel nie (Hoekom nie? Het julle iets aan Mandela belowe voor julle gedink he?). Hulle moes maar grotendeels “ingee” in wat die ANC wou hê. Wat ek dink baie mense sal sê groot snert was! Die NP dink ek het juis met die meeste onderhandelings-mag gesit.

Ek is steeds van mening dat die beste toekoms vir Suid-Afrika is ‘n Federale Regerings model. Soos Amerika. Waar ons die land in verskillende onafhanklike state verdeel (provinsies is ‘n begin punt, en party dele gaan dalk nie aan mekaar direk kan grens nie, al is dit een staat), met ‘n Federale regering waarvoor almal die reg tot stem het vir beide hul staat en die oorhoofse regering. Die Federale regering beheer die geld eenheid, meeste fasette van die weermag en handhaaf ‘n basiese grondwet wat al die state moet gehoorsaam. State besluit dan oor hulle eie geloofstelsels, skole, kultuur aangeleenthede binne die raamwerk van die grondwet. Ken en verstaan Amerika se state model, en jy sal my voorstel verstaan. België het ook ‘n federale regering (3 state) asook Tanzanië. Sover ek weet was daar nog nêrens in die geskiedenis ‘n federale state model wat ‘n mislukking was nie. Die Romeinse ryk was ‘n poging tot ‘n een-statige Republiek, presies soos ons tans in Suid-Afrika probeer bewerk stellig, waar menigte kulture geforseer word om net eenvoudig met mekaar se metodes opgeskeep te moet sit, of jy nou wil of nie. Op die ou einde van die dag begin die grootste kulture maar tog die kleiner kulture vertrap. Is dit nie maar wat in SA gebeur nie?

Afrikaners gaan ook moet besef dat so ‘n federale regering gaan nie noodwendig een pragtige “nostalgiese” ZAR staatjie daar stel waar ons kan aangaan asof 1994 nooit gebeur het nie, maar dit kan tog in ‘n groot mate ‘n grondgebied (of selfs meer as een) vir Afrikaners bied waar hulle taal en kultuur ook uitgeoefen kan word en voort kan bestaan onder hul “eie regering”. Groepe soos die “Boer-Afrikaner Volksraad” wil nie die “federale” idee onderhandel nie, hulle soek suiwer net ‘n soewereine onafhanklike staat, en ek vermoed daardie onderhandelings gaan tog maar plat val met die tyd. Hou ook in gedagte dat so ‘n soewereine staat vir min Afrikaners van belang gaan wees want meeste van ons sit was in die werke en gebiede waar ons is. Die ANC gaan nie saamwerk op daai soewereine staat idee nie. Dis ‘n realiteit. Mens sal moet iets onderhandel wat logies, waarskynlik en moontlik is. Dit help nie elke persoon wil na die tafel kom met ekstreme voorstelle en idees nie, anders gaan ons maar voort voeter in die “nuwe Suid-Afrika”. Afrikaners kan hul “Texas” hê, maar steeds deel wees van die groter prentjie.

Die in-plek-stelling van so ‘n stelsel sal nie oornag kan gebeur (soos 1994 se grondwet nie) en is verseker makliker gesê as gedaan. Gaan dalk eers op provinsiale vlak moet begin sonder om die grondwet teveel te verander, daarna verder gevoer word. Dit baan ook die toekoms, (sou dit miskien suksesvol toon) vir die uitbreiding na ander Afrika lande binne die SADC gebied, solank hulle op SA se vlak wil, en kan presteer (ja Mosambiek en Zimbabwe sal seker vir ‘n lang tyd uitgesluit wees).

Ons kort egter: LEIERS wat die idee wil uitvoer. Die ou fasette van die DA (DP in die 90’s) het ook so federale idee voorgestel by die onderhandeling tafel, maar dit het nie in lyn geval met die ANC se “een staat een nasie” idee. Dit was egter 20 jaar terug. Gegewe hoe sekere gebiede en protes aksies tans in Suid-Afrika voort gaan, mag die ANC dalk al besef het dat so idee nie so sleg kan wees nie. Ons het verseker ‘n anderste atmosfeer om nou in te onderhandel as in 1992. Die Boer-Afrikaner Volksraad beskik oor goeie leiers, die DA, die VF+, en verskeie ander organisasies, maar as hulle nie gaan bereid wees om na “iets nuuts” te kyk nie, gaan dit nêrens kom.

Niemand gaan hoef op te offer nie, dit gaan natuurlik ook baie van SA intelligensie vat en baie navorsing. Ons almal behou steeds ons SA burgerskap, en soos Amerika mag woon en beweeg in enige van die state soos jy wil.

Dit is ‘n ingewikkelde model, maar as genoeg koppe saamgespan word, glo ek dit kan gedoen word. Dit moet iewers begin. Eerder daarna kyk, as dit net afskiet as “belaglik”.

Hector Jooste ·

Met ander woorde: Die KP (Konserwatiewe Party) was dus toe al die tyd reg gewees! Dis hoogtyd dat die Ja-stemmers van 1992 dit erken, asook hulle aanspreeklikheid vir die huidige gemors (korrupsie, plaasmoorde, gebrek aan dienslewering, misdaad, totale landsverval) in Suid-Afrika.

Mark van Schalkwyk ·

Johann Pretorius – Jy hoor die klok lui maar weet nie waar die bel hang nie… Die regering in die 1990’s was almal Broederbonders – nie Vryemesselaars nie. Jy kon nie ‘n Broederbonder wees en ‘n Vrymesselaar nie. Die Broederbonders se reels het dit verbied. Verder was die Broederbond ‘n politieke drukgroep. Vryemesselary hou homself nie met politiek of ‘n spesifieke geloof op nie. Terloops, beide Andries Pretorius en Piet Retief was Vryemesselaars…

Rudie ·

Makr van Schalwyk – Ek dink nie jy weet waar die bel hang nie. Dit is dieselfde organisasie. Die broederbond word/ is bestuur deur ‘n klomp vrye messelaars. Ek lees jou boodskap verder, nou se jy vir my hoe het hulle geweet jy byvoordbeeld is nie ‘n vryemesselaar nie ? Jou woord daarvoor vat. Almal belowe maar vir ‘n organisasie wat in geheimhouding glo reg om die wereld, dink jy regtig mense sal herken.

Johan ·

Goed om dit te hoor, maar was die Prof nie ook maar een van die verligte stemme wat hard gestoot het aan die regering om hulle by die onderhandelingstafel te kry nie?

Nico ·

Ek stem saam met Hector. Ek sal graag wil hoor dat al die NP en DP lede moet erken dat hulle eintlik verkeerd was. Die huidge DA baklei so baie teen hoe swak die ANC regering is, maar dit is maar net omdat hulle dit nooit verwag het nie. Die meerderheid blankes in SA het regtig gedink die nuwe SA gaan rasseloos wees en ons gaan almal lank en gelukkig saamleef. Helle was beslis naief.

Hennie Bekker ·

Natuurlik is Prof Gillomee korrek met sy opvatting. Ek was nogal naby die kruitvat en het reeds in 1992 besef, dat slegs n sterk Federale Basis en onderhandelinge vanuit ‘n posisie van krag kon die toekoms beter bepaal. Selfs was die moontlikheid van ‘n alliansie tussen die NP, die ANC en Inkatha ook moontlik wat tot een Party kon groei, maar ONS het die boot gemis en eintlik Die ANC in ‘n kunsmatige koalisie met die SAKP en Cosatu gedwing.

Behandel die onderhandelinge en my “verraad” en “oorloop” na Inkatha, in detail in my biografie Living on the Political Edge – Villain or Maverick?”.Hierdie boek is in Elektroniese/Digitale formaat beskikbaar vanaf AMAZON KINDLE. Boek huidiglik beskikbaar teen 70% afslag en teeen slegs US$3-99 (Gratis Kindle App kan ook afgelaai word. Hierdie Biografie deur my vrou Gerda Bekker, is tans Internasionaal, ‘n “Best Seller”, onder politieke memoirs en biografiee Hennie Bekker. Kortpad na boek deur te kliek op http://www.HennieBekker.com.au/AMAZON Sterkte HENNIE BEKKER

Willem van den Berg ·

Die proffie is oor ‘n paar goed heeltemal reg en nabetragting is wel ‘n redelike akkurate wetenskap maar,
om te beweer dat die NP nooit feitlik al die ander maniere van magsdeling geïdenitfiseer, geanaliseer en sorgvuldig oorweeg het nie, mis die emmer by kilometers. Die professor ignoreer ook die oorweldigende invloed wat ‘n feitlik homogene getalle oormag in ‘n demokrasie speel en ek sou baie graag wil hoor watter ander strategië die professor, nou met die terugkyk na al die jare en met sy breë politike insig dink sou beter gewerk het.

Regte en pligte kon net in ‘n gredelik-beskermde grondwet verskans word. Wat wel ook uit die oog verloor is is dat die voorbehoud vir ‘n lewensvatbare demokrasie steeds is dat die deelnemers hul verskille nie as te groot om te wil saamwerk nie of, dat die meerderheid nie so groot moet wees dat hulle nie hoef saam te werk nie.

Chris ·

Die gewese NP-leier in die Vrystaat, Inus Aucamp skryf onlangs in sy doktorstesis dat FW de Klerk en sy meelopers net eenvoudig oorgegee en hul kiesers in die steek gelaat het. So ook die bekroonde Hermann Giliomee.
Die Sunday Times van die gewese redakteur Ken Owen, het in die vroeë 1990’s tov die ‘referendum’ geskryf dat die Afrikaner nie ‘n idee gaan hê waarvoor hulle sou stem nie. Die kiesers was in die duister gehou.
Na die verkiesing in 1994 skryf die Sunday Times die volgende oor wat FW de Klerk aan die Afrikanervolk gedoen het: “FW de Klerk went way beyond his mandate” en “criminal treason against the Afrikaner”.
Die eens magtige NP van FW het polities feitlik oornag verdwyn omdat hy ‘n mandaat geïmplementeer het wat hy nie gevra of gekry het nie.
Dit was ‘n absolute laagtepunt in wêreldgeskiedenis en spesifiek die Afrikaner se geskiedenis. Hulle behoort almal die hoogste prys te betaal vir hulle verraad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.