Apartheid-opmerking: Onnie weer terug skool toe

Southdowns College (Foto: Foursquare

Anita Malan, ’n onderwyseres van Southdowns College in Centurion wat geskors is nadat sy ʼn opmerking oor apartheid op ’n leerder se antwoordstel gemaak het, gaan volgende maand terug skool toe.

Maroela Media het berig Malan is in Oktober geskors hangende ’n dissiplinêre ondersoek nadat sy ʼn aantekening op ʼn leerder se geskiedenis-antwoordstel gemaak het, wat die tersaaklikheid van apartheid op hedendaagse armoede en werkloosheid bevraagteken het. ʼn Twiet met ʼn foto van die opmerking is toe wyd versprei.

Anton van der Bijl, wat Malan namens Solidariteit tydens die verhoor verteenwoordig het, sê sy is op 13 Januarie skuldig bevind aan ongeoorloofde gedrag en dat sy bepaalde etiese reëls oortree het. “Die vertrouensverhouding tussen die twee partye was egter nie genoegsaam verbreek om haar afdanking te regverdig nie.”

Malan het ’n skriftelike waarskuwing ontvang met die voorwaarde dat sy vir sensitiwiteitsberading moet gaan. “Sy aanvaar die uitspraak. Sy het glad nie die intensie gehad om ’n kras opmerking oor apartheid te maak nie,” het Simon Riekert, Malan se regsverteenwoordiger gesê.

Volgens Riekert het hulle aanvanklik gevoel die onmiddellike skorsing is onbillik en dat soortgelyke skorsing té algemeen raak by dié spesifieke skool.

Ná die skorsing het navrae van ouers ingestroom oor Malan se skielike afwesigheid. “Die skool het glad nie met ouers gekommunikeer oor die stand van sake nie,” sê Riekert. Hy sê ook die skool en verál die leerders het Malan se betrokkenheid by die skool gemis. “’n Groep gr. 9-leerders het geweier om in die klaskamer in te gaan as juffrou Anita nie terugkom nie.”

Riekert sê hulle is egter tevrede met die uitkoms van die dissiplinêre verhoor, hoewel hulle voel Malan moes heeltemal onskuldig bevind word. “Hierdie proses het ongelooflike stres op haar menswees geplaas. Ten spyte van alles gaan sy volgende maand terug. Sy voel sy het niks verkeerd gedoen nie, en het nie nodig om weg te hardloop nie.”

Hy sê hulle het hande gevat met Solidariteit om die kwessie te takel van onderwysers wat sonder enige vakbondverteenwoordiging verhoor word. “Solidariteit kon daarin slaag om dié tendens by die skool te breek deur Malan tydens die dissiplinêre verhoor te verteenwoordig. Hierdie was vir ons ’n groot deurbraak om onderwysers in die toekoms te help om nie ʼn dissiplinêre verhoor sonder ʼn regsverteenwoordiging in te gaan nie,” sê Riekert.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

38 Kommentare

jongste oudste gewildste
Charles

Belaglik – sy was heeltemal geregtig daarop om die leerder te korrigeer, en hom/haar te help om buite die boks en die propaganda wat hom/haar gevoer word te DINK! Dit is dan haar werk as onderwyseres.

Mev. Malan – doen maar eerder aansoek vir ‘n ordentlike pos by ‘n AFRIKAANSE skool waar sulke beuselagtighede seer sekerlik nie sal plaasvind nie!

Nelia van Zyl

Viva Anita en Solidariteit!! Hierdie juffrou is voorwaar onnodig en uiters venynig geknyp. Sterkte vir die onderwysjaar, Anita. Lig jou kop en voeg waarde tot jou leerlinge se lewens by.

JK

Die skorsing het nogals haar punt bewys.

Wilma

hoeveel van die govt officials gee nog apartheid skuld vi als. Kyk huveel buite egtelike kids. Dis waar armoede inkom. Wie kan kind grootmaak vi dai paar rand.

Magda

Vandag het die kriminele meer se as die opregte en eerlike mense. Was glad nie ver apartheid nie -maar ek defnitief mis die mooi / skoon en veilige land, asook die eerlike en opregte staats departemente waar jy HULP gekry het – nie soos vandag wat hulle dink hulle doen jou n guns nie – Toe nie heer / dame – ONS belasting betaler betaal jou Salaris.