Apartheidera-polisiebeamptes aangekla van moord

Argieffoto

Argieffoto

Vier polisielede van die destydse Soweto Spesiale Tak sal vervolg word vir die apartheidera-moord van Nokuthula Simelane wat in 1983 verdwyn het.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het Maandag gesê advokaat Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, het besluit dat die lede voor die hof sal verskyn. “Die beskuldigdes en hul regsverteenwoordigers is van die direkteur se besluit ingelig. Hulle sal op 26 Februarie in die Pretoria-landdroshof verskyn,” het Mfaku gesê.

Volgens Mfaku het Simelane, ʼn ondergrondse lid van die ANC, in September 1983 verdwyn nadat sy deur lede van die Soweto-eenheid aangehou is.

“Sy is deur lede van die Soweto Spesiale Tak ontvoer, waarna sy onwettig in die Norwood-polisiebarakke vir ongeveer ʼn week aangehou is. Sy is ondervra oor die ANC se bedrywighede tussen Swaziland en Suid-Afrika en is erg gemartel in die proses,” het Mfaku gesê.

“Lede van die Soweto-eenheid het haar daarna onwettig op ʼn plaas in die Northam-distrik aangehou waar die ondervraging en marteling verskeie weke lank voortgesit is. Sy is nooit weer daarna gesien nie en haar oorskot is nooit gevind nie.”

Drie van die vier beskuldigdes het intussen by die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) vir amnestie aansoek gedoen, maar slegs vir Simelane se ontvoering en nie vir haar moord nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Elizabeth ·

Lyk my sommige mense kan net agtertoe kyk en nie vorentoe nie!

Martin ·

Winnie Mandela moet ook voor dieselfde hof verskyn vir Stompie Sipeye.

THEA SWART ·

was hierdie nie destyds een van Winnie Mandela se skuiwe nie?

Berhalet Beukes ·

Hierdie heksejag om ‘n voorbeeld van ons blankes te maak en hulle eie moorddadige gedrag te verbloem is skandelik!

Tommie ·

Die ANC leiers en sy kaders se negatiwiteit houding en regstellende aksie wetgewing teenoor die minderheid, plaas aanvalle en huisrowe is besig om my te transformeer na ‘n rassis! Die mense is besig om rasse haat te kweek!!!!!

ZHARA ·

WAT VAN DIE VERVOLGING VAN PLAASAANVALLERS, HULLE MOOR ONS BOERE UIT EN ONS MOET SIT EN TOEKYK, HULLE MARTEL ONS MENSE IN ONS HUISE EN ONS MOET BEHOU EN AANGAAN.

Zena ·

Ag, asseblief!!!!! Wat gaan aan in SA? pleks van fokus op die toekom, word die verlede telkemale opgehaal. Wys jou net, mense wil maar net nie versoen nie.

Pierre ·

Kom ons wees eerlik met mekaar, die ANC het baie gesig verloor oor die afgelope jaar veral, daar is baie interne issues wat hulle beeld skade aan doen. Dit is verkiesings tyd en moet hulle nou met mag en mening inklim om aansien te herwuin en steun te behou. Dus is dit die enigste manier, vervolging van dinge wat jare terug reeds gebeur het en die rasse kaart. Sodra die verkiesing verby is dan keer alles weer terug na normaal. Dit bly egter kommerwekkend dat ons maar nou eenmaal nie as Suid Afrikaners kan saamstaan en voorentoe beweeg nie.

Well-Walha ·

En in hulle sg “struggle” het hierdie spesies nie mense doodgemaak nie. Korrupte spul!!!!

Pieter.v ·

Nou is dit die tyd vir al daardie mense wat in die anc hel kampe so mishandel en gemartel is om na vore te kom en ook aansoek doen dat van die mense wat hlle so mis handel en gemartel het en andere daar gesterf het agv. die marteling ook vervolg word so nie is die WVKnet een groot klug gewees ,daar word gese dat Hitler se moordkampe mak was in vergelyking met die anc helkampe

Tom Theron ·

Enigiets vir nog ‘n paar stemme. Alle aanverwante van Simelane sal nou verseker weet waar hul die kruisie moet trek, ongeag of hulle van rioolwater leef of nie.

Retief ·

Aangesien ons nou so ver in die verlede “moordenaars” gaan soek, wat van sommer vir ou Kain ook aankla omdat hy vir Abel doodgeslaan het? En wat van die klomp wat vir Piet Reief en sy ,manne doodgemaak het? En die ander spamnnetjie wat by Weenen vroue en kinders vermoor het?

Leeutjie ·

Retief: En dit grusaam gedoen het. Skynbaar omdat ‘n sg. witman met een van Dingaan se vroue geslaap het. Dit was nie ‘n boer nie maar ‘n Brit, en toe word die boere doodgemaak op die ergste denkbare wyse! Daar is baie misverstande jeens die blankes. In die boereoorlog het swart en wit saam geveg teen die Britte, maar dit word nie vertel nie!!!

Elsie ·

In die geval…….kla die hele kabinet en elke anc lid aan by dieselfde hof

DEE ·

As ek hier kon geswets het, sou ek darem n lekker paar ingeryg het.

Leeutjie ·

Dee nou het ek gelag! In verskillende tale ook nog!!! Gelukkig kan ek die berig lees en dit stilweg doen waar niemand my hoor nie….dan trek ek los!!!

Pieter ·

En daarmee is die integriteit van die hele WVK proses in sy maai. Hoekom het die polisiemanne nie aansoek gedoen vir die moordklagtes nie? Ek glo omdat hulle nie skuldig is aan die moord nie? Gaan moeilik wees om te bewys in my opinie.

tamboti ·

Pierre, daar sal nie gou weer ‘n toestand wat as normaal beskryf kan word in SA heers nie, ons is op ‘n koekepan spoortjie oppad af, eers lekker klik klak gewees, maar nou begin ons ‘n bietjie bokspring, maar o wee daar is nie brieke nie en die spoor gaat nou steil af. Iewers daar voor in die donker wag ‘n harde slag en baie bloe….., oeps ek meen trane!
En die drywer? Heheehheheheheheeee
hy het nie saak nie, hy sal betyds afklim!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.