Apartheidsera-polisiebeamptes in hof vir moord

Die vier beskuldigdes. Foto: @POWER987News/Twitter

Die vier beskuldigdes. Foto: @POWER987News/Twitter

Vier voormalige polisiebeamptes uit die apartheidsera, wat aangekla word van die moord op ʼn anti-apartheidaktivis 33 jaar gelede, het Vrydag in die Pretoria-streekhof verskyn.

Musebenzi Radebe, Willem Coetzee, Anton Pretorius en Frederick Mong is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Die beskuldigdes se regsverteenwoordigers het beëdigde verklarings namens hul kliënte ingedien. Die beskuldigdes het in hul verklarings aangedui hulle beplan nie om te vlug om vervolging te ontduik nie.

Volgens die beskuldigdes sou hulle reeds gevlug het indien dit hul bedoeling was, nadat in die media berig is die nasionale vervolgingsgesag (NVG) beplan om diegene verantwoordelik vir die ontvoering en moord van Nokuthula Simelane te vervolg.

Landdros Adriaan Bekker het met die toestaan van borgtog gesê hy kon geen rede vind dat die beskuldigdes vervolging sal probeer ontduik of met die ondersoek sal inmeng nie. Hy het die beskuldigdes egter gewaarsku om nie met getuies kontak te maak of hul borgtogvoorwaardes te oortree nie. Die saak is tot 29 Maart uitgestel.

Coetzee, Pretorius en Mong het in hul verklarings aangedui hulle was betrokke by Simelane se ontvoering, maar hulle het haar later naby die grens met Swaziland in Mpumalanga afgelaai. Volgens die drie het hulle geen idee wat hierna gebeur het nie en het hulle in die laat 1990’s amnestie ontvang by die Waarheid- en Versoeningskommissie. Daarom staan hulle slegs tereg op aanklagte van moord, terwyl Radebe tereg staan op aanklagte van ontvoering en moord.

Simelane het in 1983 op 26-jarige ouderdom verdwyn. Sy was ʼn student by die Universiteit van Swaziland en ʼn lid van Umkhonto weSizwe (MK). Sy is ontvoer toe sy ʼn bron in Johannesburg gaan ontmoet het.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het gesê die staat het ʼn sterk saak teen die beskuldigdes en daarom die saak aanhangig gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Dave ·

Dis belaglik en n heksejag. Sal apartheid tot in ewigheid v alles d skuld gee om d aandag af tetrek v die huidige burger oorlog in die land

Dave ·

Vriende, dit is nie èk wat met sò ‘n soort van spelling en taalgebruik hier pos nie!

Jaco ·

Dan kan daar baie parlementslede seker ook nou aangekla word?

Wat-ek-lees ·

Nee Jaco, hulle was/is die bomplanters wat meesal onskuldige mense doodgemaak en vermink het soos byv. Magoosbar en die Kerkstraatbom. Hulle was/is die vryheidsvegters en NIE terroriste. Sal graag wou weet wat aan die anderkant met hulle gebeur.

H ·

Die Afrikaner Volk sal ALLES verloor. Eers dan sal ons saamstaan en, met God se hulp, weer ons erfenis terug vat. Die toekoms is donker, maar ons sal sterker as ooit van te vore vorentoe stap.

MissDemeanor ·

Die mense het iemand vermoor en nou kerm jy daaroor dat hul verantwoordelik gehou gaan word vir hul dade. Soos wat ek dit verstaan is moord verkeerd, onder alle omstandighede.

MissDemeanor ·

Daar is nie iets soos ‘n Afrikaner volk nie. Daar is wel ‘n mengsel van afstamellinge van die Hugenote, Engelse, Nederlanders en so voort. Die “Afrikaner volk” is nie die nuwe uitverkore volk, ‘n nuwe Israeli volk, nie. Wees realisties. Dit is nie die “Afrikaner volk” wat moet saamstaan nie, dit is alle volke, dis wat vrede gaan bring.

Flippie ·

Miss Demeanor. Ons verstaan dat jy nie begrip het vir die term Afrikaner/Boervolk het nie. Daar is diegene wat bly vasklou aan ‘n Europese identiteit en jou nou verbeel dat jy deel is van ‘n nuwe Suid Afrikaanse nasie.

Ek raai nou maar maar die europese identiteit waaraan jy gebonde voel is dieselfde moontheid wat die Afrikaner/Boerevroue en kinders in hulle duisende vermoor en verkrag het om die Afrikaner/Boervolk identiteit te laat verdwyn. Hulle Kok dit nie regkry nie!

Nou probeer julle weer. Ons ken al die storie.

Net nog iets die mense is nie skuldig nie – totdat hulle skuldig bevind is nie.

Jan maak n plan ·

MissDedeurmekaar, dis vir my duidelik dat jy n klok hoor lui het en nie weet waar die bell hang nie. In die oudae en selfs hedendaags in die Polisie diens werk dit so, dat die topstruktuur die opdrag gee en die persone ondertoe op die rangstelsel voer die opdragte uit. So die ouens gaan betaal vir hulle base se instruksies.

Chivago ·

Ek verstaan nie? Wat beteken die amnestie wat hulle dan ontvang het?

Fiki ·

Dis iets wat lankal moes begin her. Daar is te veel wat rondloop met bloed aan hul hande En nog die ander verkleineer.

HDVBF ·

Oh en wat van die bomplanters (nr 1 Mandela wat ongelukkig klaar dood is) waar onskuldige mense dood is. Winnie wat Stompie vermoor het. Ag ek het vergeet dit is regverdig gewees want was vir hul stryd om vryheid. Klug spul

Flippie ·

Wat weet jy? Hou op met ‘n veralgemening wat witmende verdag mask. As jy iets weet kom na vore en verklasr dit. Moenie net vetalgememings mompel wat ‘n groot klomp mense onnodig onder vetdenking plaas nie.
Dit is juis hierdie tipe veragtelike gedrag wat samehorigheid in die land aanmekaar ‘n nekslag toedien.

Johan 2 ·

Flippie en Fiki, dit is algemene kennis…sal jul ASB n klag teen Winnie en jul veliefde Bomplanters gaan lê? Doen dit ASB vir samehorigheid onder jul geliefde reënboognasie…kom nou bewys dat jul werklik regverdigheid najaag…dit gaan jul 5min neem om genoeg bewyse te soek, maar sterkte met die aanklag hoor.

Ben Prinsloo. ·

Ek verstaan nie, jy ontvang amnestie maar word op dieselfde voorval weer vervolg. Sou hulle op die aanklagte onskuldig bevind word is die volgende klag seker die weiering om hulle pligte uit te voer. Net nog n bewys: as jy wit is in hierdie land het jy probleme. Sterkte aan hierdie manne. Nog n Wouter Basson storie.

vernon ·

Ek sal graag wil weet wie se idee dit oorspronklik is om hierdie manne te vervolg.

Sarie ·

Die staat het weer soos baie kere van te vore ‘n sterk saak teen beskuldiges, maar dan misluk hulle gewoonlik, want die bevoegdheid ontbreek. Iewers gelees hierdie dame leef nog . Tyd en geld mors. Dit was oorlog in daardie tyd en daar moes teen die MK terroriste opgetree word. Watter skade sou hulle nie die land betrokkenheid het nie, veral die wat hulle wou “bevry” het. Kyk watter skade rig hulle as regering steeds in ons land in elke sfere van ons samelewing aan.

Pieter.v ·

Dit is iets wat ek graag wil weet ,daar is n hele klompie meneere wat nie sal wil he dit moet gedoen moet word nie , endit nogal van die hoog geplaastes,met die nuwe geskiedenis moet hulle nie vergeet om die gebeure in daardie kampe ook te vermeld en sommer wie daar die wreedste metodes gebruik het om daardie mense so te gemartel en dood gemaak het,toe die mense wat lewend daar uit gekom het aan Mandela oorhandig het om ondersoek in te stel het daar niks van gekom .

Pieter.v ·

Verkoon, moes gese het n” versoek aan Mandela gerig het”

david ras ·

Die Waarheids en versoeningskomissie was die mees eensydige komissie ooit. Genl Johan vd Merwe geen in sy boek “trou tot die dood” die samestelling van hierdie komissie,
Uit die 17 Lede was daar sleeg twee vanuit Afrikaner kant—Adv Chris de Jager , en Wynand Malan.
Die res was almal uit organisasies wat hewig anti-Afrikaans was.
‘n Boendoe hof sou nie n onvanpaste benaming gewees het nie.
Dit wil voorkom, asof hule hulself gesien het as ‘n nuwe weergawe van die Nuremberg verhoor na die 2e wereldoorlog in Duitsland.

Eintlik, was hierdie komissie en sy uitsprake net ‘n oefening om erkenning uit die vorige veiligheidsmagte te dwing en sodoende die vorige bewind nog verder te demoniseer in die oe van die wereld.

Hoe ongebalanseerd hulle was blyk duidelik uit die vrywarings aan Robet McBride en Winnie Mandela o.a.
Daadie skewe en ongebalanseerde en ook valse denke en uitsprake kom vandag nog steeds tevoorskyn in bv die stellings van mense soos Jonathan Jansen, Wim de Villiers en andere.

david ras ·

As iemand reegtig wil lees tot watter lengtes hierdie ANC sou gaan om hulle eie mense te beskerm, kan mens net die boek deur Fred Bridgland “Katiza’s Journey gaan lees.

Hierin beskryf Bridgland hoedat die ANC die hoof staatsgetuie wat gesien het hoe Winnie Mandela vir Stompie Seipei (Moeketsi) vermoor het, ontvoer het en by Kenneth Kaunda laat toesluit het in die trunk
Volgens Bridgland het Oliver Tambo persoonlik die boodskap aan Kaunda gebring dat die ontvoering in opdrag van Mandela was.

Enigeen wat weer op OR TAMBO lughawe kom kan dit gerus onthou……!

Sarie ·

Ai ons land word elke minuut van elke dag ‘n groter gekkespul. Die wereld lag ons uit!!!

pieter ·

So werk die kominus, maak n vuur en trek die media se aandag ,dan maak ons droog op n ander plek,Gelukig vrek die anc boom van sy toppe af.

Max Berg ·

Aan die vier voormalige Polisiebeamptes, Dankie vir al julle opoffering vir hierdie land. Was dit nie vir julle en julle kollegas nie, sou ons nie nou hier gewees het nie. Ons bid vir julle en julle naasbestaandes .

hans ·

Wat van die honderde mense wat dood gebrand is met buitebande en petrol-n vreeslike pynlike dood. In die verlede is baie beeld materiaal vertoon van voormelde. Dit behoort derhalwe moontlik te wees om die aanvallers/geweldenaars te identifiseer en voor die regbank te bring en hulle te straf.

Dan ·

My ouma het destyds van jare van die bed afgeval en haar been gebreek, ek dink ons moet die bediende van daai tyd aankla dat sy my ouma van die bed afgestamp het. Al is dit al 30 jaar terug.

Karel ·

Weens ‘n vreemde sameloop van omstandighede ken ek die oorledene se familie. Die absolute pyn waardeur hulle gaan breek ‘n mens se hart. Sy leef beslis nie meer nie, want sy het daardie aand net van die aardbol af verdwyn. Of geregtigheid regtig gaan geskied weet ek nie, want niemand weet wat daardie aand gebeur het nie. Vir al wat ons weet praat die beskuldiges die waarheid en het hulle haar naby die grens afgelaai. Dis bergwêreld daai. Sy kon dalk in die donker iets oorgekom het. Ek wens net haar familie kan vir eens en vir altyd uitvind wat gebeur het, want die trauma wat hulle deurgaan wens ek vir niemand toe nie. Ek het ook familielede in ‘n bomontploffing verloor, so ek ken beide kante van die muntstuk. Ja, baie mense het seergekry tydens die Apartheidjare, mense van alle rasse en politieke oortuiging, onskuldige mense en terroriste/vryheidsvegters.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.