Apartheidsgeld: ‘Absa-verslag wil aandag aflei’

absa 01

Argieffoto.

“Die hulppakket deur die Reserwebank aan Absa is ʼn rookskerm om die aandag weg te lei van die staatskapingsverslag van die Openbare Beskermer.” Só sê Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus.

Maroela Media het vroeër berig Absa beplan om voorleggings aan die openbare beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, te maak om “feitefoute en wetlike onakkuraathede” reg te stel in ʼn voorlopige verslag wat glo toon dat die bank gebaat het uit staatshulp in die apartheidsera.

Dit volg nadat die Mail & Guardian verlede week berig het dat die bank gedwing kan word om die R2,25 miljard staatshulp wat hulle in 1985 ontvang het, terug te betaal as die voorgestelde regstellende stappe in die voorlopige verslag van die OB onveranderd bly. Die verslag het ook voorgestel dat pres. Jacob Zuma ʼn kommissie van ondersoek moet instel na die beweerde plundering van die staatskas tydens die apartheidsera. Die ondersoek is onder die toesig van adv. Thuli Madonsela, die vorige OB, voltooi.

“Dit is eintlik veelseggend dat die ANC nou aandring op ʼn kommissie van ondersoek na apartheidsplundery van die staatskas,” het Groenewald verduidelik. “Dit is duidelik dat die ANC besef hy gaan nie wegkom sonder ʼn kommissie soos deur die OB bepaal nie en moet nou ʼn balans skep en wil eintlik sê dat die regering tydens die apartheidsjare ook ʼn slagoffer van staatskaping was.”

Volgens Groenewald word hierdie benadering van die ANC bevestig deur die tydsberekening van die uitlek van die verslag oor Absa en die Reserwebank. “Hoekom nou na 22 jaar skielik die versoek van ʼn kommissie van ondersoek terwyl vorige presidente en ministers van die ANC bewus was van hierdie hulppakket en die Ciax-verslag. Cosatu maak ook misbruik van die situasie deur hernude oproepe dat die Reserwebank genasionaliseer moet word. So nasionalisering sal verdere beleggingsvertroue skaad en die ekonomie nadelig tref.”

Groenewald het bygevoeg wat gedoen moet word is dat Zuma die kommissie volgens die OB-verslag aanstel en hom nie tot die hof wend om dit te vertraag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Annemarie ·

Die regering weet hy is met sy rug teen die muur en die enigste vorm van verdediging is aanval!! Hul kan nie hul eie skandes wegsteek nie, nou moet hul in argiewe gaan krap om te probeer vinger wys! Nog ñ (korrupte) kommissie van ondersoek word aangestel om “miljoene” dokumente deur te werk! En dan? Wat word van die R2,25 miljard? Gaan dit ook net weg syfer in korrupte regeringshande? Of gaan daar daadwerklike opbouing van SA se armes wees???

Ouman ·

Dit is duidelik ‘n politieke rookskerm wat met behulp van die Presidential Protector aangeblaas word. Ek het geen beswaar teen behoorlike ondersoek maar dit wil voorkom of daar meerendeels staat gemaak word op die sogenaamde CIEX verslag wat niks anders is as ‘n klomp gerugte sonder enige substansie wat saamgestel is deur ‘n spul opportunistiese “bounty hunters”. Enige verslag waar sogenaamde spioene by betrokke is moet maar net ‘n knippie sout (en ‘n dop tequila) geneem word.

Justice ·

Indien ek die artikel reg verstaan kom die verslag uit die era van Thuli Madonsela – waarom die aanval op die nuwe PB ?

Jan ·

Justice, uit berigte blyk dit dat daar dalk met Thuli se verslag gepeuter is.

Dan, Ouman, het jy al gaan Google en gekyk hoe lyk hierdie spioen? Dit opsigself moet die oë laat rek. Spioen?

Annie ·

julle maak my naar arparteid na so veel jare sin speel julle nog kry vir julle iets andwes om oor te kla en jy zuma jy is die groot sonde bok

Koos ·

Ag nee wat ABSA is nog nooit pro apartheid…. Hulle bedien alle rasse ewe swak..

snoefie ·

we’ll…. indien ek dit nie mis het nie, was die regering van die dag way back in 1985 Nationals Party. was die bank nie toe nog volkskas nie? nie een van hulle bestaan meer nie. maar….. dit was NP se geld. die anc was toe nog uitgewekenes. hoe kan hulle wil bekrek oor wat die NP met die NP se geld gemaak het? Dit was nie op n sekuriteits opgradering a la nkandla spandeer nie.

Annemarie ·

Jy slaan die spyker op die kop! Hulle krap waar dit nie juk om hul eie ontoereikende wanbesteding toe te smeer!

Alida ·

Hulle moenie nou fokus op ou koeie nie. Fokus op die 700+ klagtes teen Zuma en handel dit af. Probeer net die aandag van groter skandes aftrek. Ondersoek die SAUK, ESKOM, GESONDHEID, SKOLE en so kan mens aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.