Apartheidsgeld: Bank wil voorlegging maak

absa 01

Argieffoto.

Absa beplan om voorleggings aan die openbare beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, te maak om “feitefoute en wetlike onakkuraathede” reg te stel in ʼn voorlopige verslag wat glo toon dat die bank gebaat het uit staatshulp in die apartheidsera.

Die Mail & Guardian het verlede week berig dat die bank gedwing kan word om die R2,25 miljard staatshulp wat hulle in 1985 ontvang het, terug te betaal as die voorgestelde regstellende stappe in die voorlopige verslag van die OB onveranderd bly. Die verslag het ook voorgestel dat pres. Jacob Zuma ʼn kommissie van ondersoek moet instel na die beweerde plundering van die staatskas tydens die apartheidsera. Die ondersoek is onder die toesig van adv. Thuli Madonsela, die vorige OB, voltooi.

Absa het in ʼn mediaverklaring gesê dit is jammer dat die voorlopige verslag uitgelek het omdat dit ʼn wanindruk wek dat die bank ʼn begunstigde van onbehoorlike bystand was.

Volgens Phumza Macanda, ʼn woordvoerder van Absa, het die bank sy volle samewerking tydens die OB se ondersoek gegee en wil steeds graag saam met die kantoor werk. “Absa is in besit van vertroulike dokumente wat noodsaaklik is vir die suksesvolle afhandeling van die ondersoek. Ons het hierdie dokumente aan die OB se kantoor beskikbaar gestel, maar hulle het nooit die dokumente onder oë gehad nie. Ons sal steeds die dokumente aan hulle verskaf indien hulle dit graag wil sien,” het Macanda gesê.

Hierdie dokument toon dat Absa reeds betaal het vir die voortgesette steun wat Bankorp in 1985 van die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontvang het. Absa het Bankorp in April 1992 teen ʼn billike tarief verkry, waarna dit ten volle van al die verpligtinge met betrekking tot hulp van die Reserwebank in Oktober 1995 onthef is.

Tito Mboweni, die destydse hoof van die Reserwebank, het die Davis-ondersoekspan in 2000 aangestel om te bepaal of die Reserwebank wetgewing oortree het toe hulle finansiële hulp aan die bank in die 80’s verskaf het.

Luidens Absa se mediaverklaring het die ondersoekspan egter bevind dat Absa se aandeelhouers nie onbehoorlike voordeel uit die destydse ingryping van die Reserwebank getrek het nie en daar kon nie aanspraak op restitusie gemaak word nie.

“Die saak wat tans ondersoek word, is reeds tussen 21 en 31 jaar oud. Daar is niemand wat nou deel is van die bestuur wat toe by die bank betrokke was nie en die getuienisse wat die bestuur gelewer het, is gegrond op rekords in die bank se besit.

“Ons sal die OB die nodige ruimte gee om haar finale verslag te voltooi en Absa is nie van plan om deurlopende kommentaar op die voorlopige verslag te lewer alvorens die finale verslag afgehandel en gepubliseer is nie,” het Macanda verder gesê.

Sy het egter bevestig dat Absa ʼn brief aan die OB geskryf het waarin hulle haar uitnodiging aanvaar het om verdere voorleggings oor die voorlopige verslag te maak. Dit sal voor die sperdatum van 28 Februarie gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Kiepie ·

Aitsa, maar nou spring ABSA darem vinnig. En dit terwyl dit die banke al meer as 5 jaar vat om aanbevelings van die ombutsman ten opsigte van die afskaffing van veghoogte fooie vir inter-bank transaksies te implementeer.

Kiepie ·

Gaan die OB ook ‘n ondersoek doen en aanbevelings maak ten opsigte van die staatshulp wat deur die huidige regering aan SAL, ESKOM en ander semi-staatsorganisasies gemaak is.

Jay ·

En ook die staatshulp aan African Bank so 18 maande of wat gelede.

Oh please ·

Het lanklaas ‘n witte by ABSA by die TELLERS sien werk, dink ABSA het genoeg opgemaak vir apartheid met BEE. Snaaks hoe alles NET oor geld gaan, as hulle apartheid as VERSKONING kan gebruik om nog meer geld in hulle sakke te steek sal hulle!! Gelukkig is al die Mpumzas en almal wat by ABSA werk ook nou geBEE so laat hulle maar die moeilikheid oplos. Dis hulle bonusse wat kleiner gaan word.

m ·

Ag tog gaan seker nou vir die volgende jaar net hiervoor lees…. As jy self agter die deur staan soek jy ander ook daar……

Jan ·

Dit soek nou net weerligafleiers om die aandag van Zuma en die ANC se korrupsie af te lei. En die ANC vroueliga spring op en skree hul goedkeuring uit, dat die regering voor 1994 vir korrupsie ondersoek word. Wat van so ver terug as 1652, dit behoort die wolwe van Zuma en die ANC kaders vir ewig af weg te hou. En natuurlik sal die nuwe OB nie omgee om sodanige ondersoeke te doen nie.

Sue ·

Die ANC kan niks bereik het die afgelope 23 jaar nie, geen vordering, niks positief nie, nou bly hulle maar in die verlede se rug te ry om hul eie onbevoegdheid en korrupsie weg te probeer steek

CAV ·

Ek moet net my kop reg kry om te verstaan hoekom daar verwys word dat dit ” APARTHEIDS ” staatshulp was. Die bank was in die moeilikheid daai tyd en die staat het finansieel gehelp. Niks met Apartheid te doen nie – of mis ek die punt ?
Hoe sal hulle dan na die staatshupl wat SAL, SAPOS, African Bank, ESKOM ens ontvang het, verwys word

Asb tog ·

KAN ONS ASB NIE DIE WOORD APARTHEID VERBAN SOOS DIE K WOORD NIE?

Altwee behoort aan die verlede en NIEMAND moet meer ‘n voordeel daaruit trek nie.~!

Jordaan ·

En die arme ANC & EFF ontneem van hulle bestaansreg? Waaroor gaan die arme mense kerm as hulle nie meer oor apartheid en rassisme kan kerm nie? Dan is daar dalk ‘n risiko dat hulle self iets moet begin doen!

Linda ·

Wie gaan die koste dra vir die terugbetaling van hierdie geld?

CAV ·

Net soos wat ons bygedrae het vir die R 2.25 mil deur belasting, gaan ons dit nou wèèr meot betaal, want die bank sal dit nie kan doen nie – hulle sal moet toemaak as hulle so baie geld moet betaal – of weer staatshulp kry

Veronica ·

Wens die vorige OB was nog in haar pos om die ondersoek te doen.

Elsie ·

Hulle haat afrikaans maar is so lief vir die woord apartheid. Hulle het nie in hulle taal of in engels ń woord daarvoor nie! Die saak gaan SO ver terug i.p.v. dat hulle al die ongerymdhede vanaf 1994 ondersoek wat meer vir ons huidige situasie te blameer is. Shame, ek kry hulle eintlik so jammer want hulle kan nie verantwoordelikheid vat vir hulle eie dade nie maar wil ander se foute uitwys. Word net groot asb!!!

Piet ·

Hi Elsie, hulle het eintlik woorde vir apartheid in die buiteland. “Separate development” is een. Onthou dat Amerika en Australie het reservate/ tuislande waar die inboorlinge vandag nog woon. Dis net in SA waar hulle so stank daaraan gekoppel het asof dit kastig ‘n vreemde konsep is. Die meeste mense glo dit, so hulle propoganda het gewerk.

Scalla ·

Wat ek nie verstaan is die tydperk wat verloop het en nou eers openbaar gemaak word. Wat as daar wel hulp was van die reserwe bank, ten minste was n finansiele ramp afgeweer.
Toe Saambou gevou het, het al die kliente hul geld verloor.
Toe African Bank in die moeilikheid raak is daar by elke klient wat n Geldmark Rekening by enige finansiele instelling gehad het, n sekere persentasie gevorder om hul te red, takke spring nog steeds soos padda stoele op
Hoe verklaar hul dit?

Johann ·

Kan ‘n mens nie erens ‘n sterk genoeg woord, wat nie rasisties is nie, kry om die klomp, kom ons sê, kaders te beskryf nie. Dis altyd dieselfde tipe mense wat sulke klomp twak uitdink. Kyk wat se pot dinges word daar verkoop en praatjies wat gemaak word rondom die nuwe president in wording. Storietjies word uitgedink.

En om te dink Roelf-hulle het hulle destyds, met die onderhandelings, deur sulke klomp ore laat aansit. maar nou, as mens kyk wat in hul strukture aangaan, waar die geboorteplek vir die voortelle van die nuwe president is, waar die ondersteuning deur die massas hoogs opgeleide en gekoolde intellektuele verkies word, is dit nie ‘n wonder ons sit waar ons sit nie.

Kon die De Reiger, De Drommedaris en De Goede Hoop, nie maar destyds die Kaap toetentaal misgevaar het nie? Dan was baie van ons dalk nou elders woonagtig, rustig.

Tinus ·

as iets verkeerd was is hy nog altyd. betaal asb. dis n skande om te kees dat die tipe transaksies ook voor ’94 plaasgevind het.

Engelbek ·

Dis moeilik om die kommentaar van sommiges te verstaan, want dit is ‘n internasionale beginsel dat die staat banke wat in finansiële moeilikheid is, uithelp. Van die belangrikste redes is die beskerming van die deposante/kliënte van die banke. So is ABSA in die verlede gehelp en so is African Bank ook gehelp. Dink net wat die gevolge vir die kliënte van die betrokke banke sou wees as die banke gevou het.

Chris ·

Ek word ook warm onder die kraag as alles op die apartheids karretjie geplaas word. Ek glo dat waar daar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie. Daar is altyd drie kante van die storie. Ons moet bietjie dieper kyk en agter die kap van die byl kom. Ek ruik ‘n rot. Ons sien nog net die ore van die seekoei.

Maria Van Dieweeck ·

As hul tog net so ‘kreatief’ kon wees as dit by skoolbou en werksverskaffing kom. Weet goed hoe om die blik vol koekies te hou, as hy /sy dan uitgevang word met twee ‘balvuiste inni blik’, dan wys die, met n gekrummelde vinger, op in die lug en skree luidkeels iets in diei lyn van; “WHITE PRIVELEGE, WHITE CAPITAL MONOPOLY, WHITE RACISM, APARTHEID!” Voila! Voor die hand weer terug gesink en aan die grabbel raak, is die blik alweer vol!

mollie ·

Met ABSA se nuwe manier waarop hulle studente lenings bepaal gaan baie ouers nie lenings kry nie en so gaan hierdie bank baie kliente verloor. Hulle gaan na ander banke gaan wat student en ouer-vriendelik is. Ek is een van daardie ouers.

Alida ·

Dit is net omdat Absa eers afrikaans was. Nou krap hulle ou koeie uit. Absa is in elk geval nou so verengels en geen blanke in sig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.