Apartheidsmonument in Mosambiek ingehuldig

Pres. Jacob Zuma en Filipe Nyusi, president van Mosambiek by die inhuldiging van die Matola-apartheidsmonument in Mosambiek Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma en Filipe Nyusi, president van Mosambiek by die inhuldiging van die Matola-apartheidsmonument in Mosambiek Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma en Filipe Nyusi, president van Mosambiek, het Vrydag ʼn monument in Matola ingehuldig as huldeblyk vir die Suid-Afrikaanse vryheidsvegters wat op 30 Januarie 1981 tydens ʼn kommandoklopjag teen Matola gesterf het.

Die klopjag is op drie huise uitgevoer wat ʼn transitosentrum was vir Umkhonto we Sizwe-lede, die gewapende vleuel van die ANC. Twaalf ANC-lede is op die toneel dood en ʼn dertiende persoon het later gesterf. Twee van die lede is ontvoer en oor die grens na Suid-Afrika teruggebring waar hulle ook later gesterf het.

Jose Ramos, ʼn Portugese elektrisiën, is ook dood. Die kommandolede het hom glo aangesien vir Joe Slovo, stafhoof van MK. Slovo was glo vroeër die dag by die Matola-huise, maar is drie ure voor die klopjag daar weg.

ʼn Multimedia-inligtingsentrum is langs die monument opgerig wat foto’s en dokumentasie bevat oor die stryd teen apartheid en die solidariteit tussen die mense van Suid-Afrika en Mosambiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johannes ·

Ai, as RENAMO ook maar net die suide van Mosambiek kon oorheers het

Gerhardt ·

Bou ‘n monument vir jou eie swakheid, ‘n veldslag verloor, eintlik eer jy dan mos die “vyand”. Mooi man.

CHRISTA ·

Ek hoop daardie inligtingsentrum bevat ook foto’s van mense wat deur die ANC lewendig verbrand word met brandende motorbande om hulle!!!

Gideon ·

En die groot vraag natuurlik, hoeveel kos gaan daardie monument op die tafel sit van die armlastiges??

Albert ·

Hulle het geen ander prestasies om te vier nie en daarom laat hulle nie ‘n kans verbygaan om die wereld aan hulle sogenaamde enigste ‘prestasie’ te herinner nie. As ons mense maar net kan besef wat die impak, breinspoeling ens, om ons afrikaners as die uiterste varke van die verhaal uit te beeld, op ons nageslagte gaan he sal ons daadwerklik ‘n monument of twee as teenvoeter moet oprig om die waarheid oor apartheid, hoe daar miljoene rande in die tuislande ingepomp is om hulleself op te hef, daar skole en hospitale vir hule opgerig is, hoe beter af hulle was teenoor swartes in ander afrika lande, en hulle die geleentheid gehad het om hulle ten volle, demokraties, self te kon regeer ens ens. . . . ons sou nou wat wou gee om dieselfde geleethede vir onsself te kon he inplaas van hierdie nagmerrie van ‘n sogenaamde demokratiese gemors.
Ons sal moet wakker word want skoolkinders word in hulle duisende na die monumente toe aangery om hulle ‘op te voed’ oor apartheid. Om boeke en artikels te skryf gaan nie help om die kinders oor die ander kant van apartheid in te lig nie. ‘n Foto spreek duisende woorde en maak ‘n permanente blywende indruk.

Dan ·

Nee man dit is maar net weer om geld te mors, hy sal nie so tekere gaan as dit sy geld sou gewees het nie. Vat n paar miljoen saam, en kom met niks terug nie, as daar iets oorbly sal niemand dit weet nie.

Dink so bietjie ·

Julle praat baie gou was 1 van julle al slagoffer van apartheid gewees julle moun vinnig na 20 jaar vergelyk met 300 jaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.