Apleni slaan vure dood oor Gupta-familie

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake. Foto: ANA

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, het Woensdag ʼn ander deuntjie as min. Malusi Gigaba gesing toe hy die media toegespreek het oor die burgerskap van die omstrede Gupta-familie.

Apleni se mediakonferensie volg nadat Gigaba Dinsdag ontken het dat Ajay en Atul Gupta deur ʼn proses van naturalisasie Suid-Afrikaanse burgerskap ontvang het. Ajay en Atul is twee van drie Indiërbroers wat na bewering miljarde uit staatskontrakte verdien het danksy hul vriendskap met oudpres. Jacob Zuma en sy familie.

“Hierdie kwessie [oor die Gupta-familie se status in Suid-Afrika] het begin toe ʼn dokument vroeg in 2017 op sosiale media versprei is wat skynbaar die publiek se aandag daarop vestig dat die minister van binnelande sake (Gigaba) burgerskap aan lede van Ajay Gupta se familie toegestaan het,” het Apleni gesê.

Apleni het gesê hy is in Junie 2017 deur die parlement se betrokke portefeuljekomitee versoek om die kwessie te verduidelik. Hy het daarna die komitee toegespreek oor die toepaslike wetgewing en die proses wat gevolg het.

“Die departement het die komitee ingelig daar was vyf van Ajay Gupta se familielede wat as ʼn groep aansoek gedoen het. Die fokus was dus op die vyf lede van die Gupta-familie wat om burgerskap aansoek gedoen het, wie se aansoek bespreek is in die dokument wat op sosiale media versprei is, en wat daarom verduidelik moes word.

“Die vyf mense is mnr. Ajay Gupta, gebore op 5 Februarie 1966, mev. Shivani Gupta, Ajay Gupta se vrou gebore op 10 Mei 1970, mev. Angoori Gupta, Ajay se ma gebore op 30 Desember 1945, Kamal Singhala, ʼn seun wat gebore is op 25 Oktober 1992, en Surya Singhala, ʼn seun wat op 10 Maart 1995 gebore is,” het Apleni verduidelik.

“Die proses van burgerskap in hierdie geval het gevolg ná hul versoek vir vrystelling van gewone verblyfvereistes soos in die Wet op Burgerskap bepaal word. Hulle versoek was in ooreenstemming met artikel 5 wat dit stel dat die minister in buitengewone omstandighede ʼn sertifikaat van burgerskap as ʼn Suid-Afrikaanse burger kan uitreik aan enige aansoeker wat nie voldoen aan die vereistes van subartikel (1)(c) wat verband hou met verblyf of gewone verblyf in die Republiek nie.”

Apleni het gesê Gigaba het die Guptas se versoek vir vroeë burgerskap op 30 Mei 2015 goedgekeur.

Vyf lede van die Gupta-familie se aansoek om Suid-Afrikaanse burgerskap deur ʼn proses van naturalisasie. Foto: ANA

“Vier van die familielede, Ajay Gupta uitgesluit, is burgerskap toegestaan nadat hulle aan die vereiste voldoen het om afstand te doen van hul Indiese burgerskap, aangesien Indië nie dubbele burgerskap toelaat nie. Die rede hoekom Ajay Gupta nié burgerskap ontvang het nie, is omdat hy nie afstand gedoen het van sy Indiese burgerskap nie. Daarom is hy tans nie ʼn burger van Suid-Afrika nie. Hy het slegs ʼn permanente verblyfpermit,” het Apleni gesê.

Rakende Atul Gupta se burgerskap het Apleni gesê Atul se burgerskap is onlangs tydens ʼn mediakonferensie deur die media geopper, maar dit was nooit die onderwerp van ʼn ondersoek nie.

“Atul Gupta het burgerskap ontvang voor min. Malusi Gigaba se termyn by binnelandse sake. Daarom was min. Gigaba nooit betrokke by die toestaan van burgerskap aan Atul Gupta nie. [Atul Gupta] het sy burgerskap in November 2002 ontvang nadat hy voldoen het aan die gewone vereistes vir burgerskap. Hy het in 1994 in Suid-Afrika aangekom,” het Apleni verduidelik.

“Om die hele Gupta-familie in sy geheel te ontleed en op te som, het die departement gaan kyk na al die mense op die stelsel met die van Gupta. Ons het gevind daar is 39 mense wat nie burgerskap het nie, 13 wat wel burgerskap het, en 10 wat in Suid-Afrika gebore is. Dit gee ons ʼn totaal van 62,” het Apleni gesê.

“Dit moet ook genoem word dat Atul Gupta in November 2002 en Rajesh Gupta in Julie 2006 burgerskap ontvang het. Hulle albei verskyn op die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se kiesersrol.”

Apleni het gesê Atul het ook Suid-Afrikaanse paspoorte waarvan die eerste in 2012 uitgereik is. Sy huidige paspoort verval in 2025.

“Ons vertrou dat hierdie verklaring duidelikheid verskaf rakende die hele kwessie van burgerskap en die status van die Gupta-familielede. Ons wil weereens beklemtoon: Ajay Gupta, wat die onderwerp van die ondersoek was, is nie ʼn Suid-Afrikaanse burger nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willie ·

Genade, kry hulle skaam oor die onbevoegde krimenele nie… Als is so lagwekkend, maar die ANC staan bree-bors… Die ANC en hulle geleerde hoogeplaaste maklik omkoopbare kaders is regtig n bespotting…

marous ·

Lekker saamgekuier en gesmul aan die belasting betaler se geld en daar is geen gevolge nie ,

Alida ·

Mens kan net jou hande saamslaan. Wat word nou van die miljarde wat hulle uit die land uit geneem het?

Johann ·

Hy se, ek se, hulle se, ons se… almal se, maar dieselfde ding… aikonna! En ons is nie noodwendig te skerp om te onthou wanneer het wie wat gese nie so ons word maklik uitgevang dat ons LIEG! Ding is ons doen dit so konstant dat dit die basis van ons kommunikasie is, LEUNS! MAAR ons vermetel en arrogant en gewetenloos daaroor en super dom astrant, en verwag dat die mense wat hoor wat ons se… dit glo! ANC LEGACY van kern korrupte tjommas wat gewetenloos dink en doen tot eie gewin ten koste van n land se bestaan!!!!!!

Alida ·

Maak die hele dept toe en skors ALMAL want die hele spul lieg oormekaar. Daar is baie bevoegde mense wat die poste kan vul en tussendeur kan die kantore ondersoek word.

Jaycee ·

Die eintlike angel in die stert is Gigaba en hy is deur Cyril gekies as ‘n minister. Wat sê dit omtrent ons president se oordeelsvermoë.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.