Appѐl: Xander Bylsma loop hom weer vas

Xander Bylsma gedurende ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Xander Bylsma se aanvanklike aansoek tot die appèl-afdeling van die hooggeregshof in Bloemfontein is van die hand gewys.

Dít nadat die adjunk-regter-president van die hooggeregshof in Noordwes vroeër vanjaar Bylsma se verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis geweier het.

Regter Ronald Hendricks het in Februarie tot die gevolgtrekking gekom dat geen ander hof tot ’n ander besluit sal kom nie.

Conrad Bester, Bylsma se prokureur, het egter Woensdagoggend aan Maroela Media gesê die verdediging is tans besig om ’n spesiale aansoek aan die hoofregter van die appèl-afdeling van die hooggeregshof te rig.

“Indien ons nie suksesvol is in die appèl-afdeling van die hooggeregshof nie, sal die verdediging hom tot die Konstitusionele Hof wend omdat die verdediging oortuig is daarvan dat Xander se grondwetlike regte geskend is en hy daarom nie ’n regverdige verhoor gehad het nie.”

Bylsma is in Augustus verlede jaar tot twee keer lewenslank gevonnis vir die moord op sy voormalige vriendin, Sharnelle Hough (17), en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16), nadat hy verlede Februarie skuldig bevind is op twee aanklagte van moord.

Maroela Media het vroeër berig die verdediging voer aan dat hul kliënt se regte geskend is toe hy destyds kort ná die moorde ’n bekentenis voor Chris Saunders, ’n private speurder, afgelê het. Dit is omdat Saunders hom nie ingelig het van sy reg om te swyg, sy reg op ’n regsverteenwoordiger en sy reg om homself nie onder verdenking te plaas nie.

Bylsma het tydens die verhoor gesê hy is destyds gedreig en aangesê om die bekentenis te maak. Hy hou vol dat hy onskuldig is.

Hough (17) en Engelbrecht (16) is gedurende die nag van 25 en vroegoggend van 26 Mei 2018 in die hoërskoolkoshuis op Stella vermoor. Hough se liggaam is die oggend van 26 Mei aangetref waar sy met ’n tou om die nek aan ’n trapreling gehang het. Engelbrecht se liggaam is in ’n badkamer met ’n handsaklus om haar nek aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sarel ·

Jammer Boeta lyk my jy sal maar jou tyd miet uitdien.
My simpatie by die ouers.

Vanessa ·

Hy hoort nie in die samelewing nie. Los hom net daar waar hy is. Ek het geen genade vir hom nie en die ergste van alles is dat hy die vermetelheid het om te dink die lewe skuld hom iets. Jy is ‘n moordenaar en sou in die verlede die doodstraf gekry het, so wees dankbaar jy lewe nog. Jy het daai meisies se lewe geneem, hul ouers en soveel meer mense se lewens vernietig. Hoe durf jy!!!!!

Perdeby ·

Tronk toe boet jy weet presies wat jy gedoen het. JY het alles beplan!

SjN ·

Net hy sal weet wat presies gebeur het, mag geregtigheid geskied.

JohanR ·

Sit boeta sit. Jy het twee meisies wreed vermoor sonder enige genade. Jy het die een meisie self opgehang. Sit boeta sit! Ek dink in Engels se mens jy is “evil personified!”

Mariaan ·

Ons wette darem…NOG kanse..nog vermorsing v geld…jy is mos niu skuldig…2keer..2 mooie jong meisies! Jammer vir al die ouers hier betrokke…maar hy moet boet! For life

Elize ·

Klein niksnuts. Wanneer gaan sy pa sy outoriteit as pa inneem en hom vertel genoeg is genoeg??

Ovelia ·

Hoe lank mut di belastingbetaler nog betaal? Hy is skuldig en basta

Stofdonkie ·

As ek die kommentare so lees is ek maar baie bly ons land het nie ‘n Jurie-stelsel nie. Mense bevind te maklik iemand skuldig op grand van die media se gevoel wat geskep word in plaas van om staat te maak op bewyse. Die ergste is dat as die beskuldigde onskuldig is soos hy aanvoer, dan loop daar êrens ‘n moordenaar vry rond, en niemand soek eers na hom nie.

Bushy ·

Jy slaan die spyker op sy kop. Vir n sogenaamde Christin nasie is ons vinnig om te oordeel.

lollapot ·

Wat n siek gedoente…
You do the crime you do the time!

Niklaas ·

Wil die knaap nou beweer dat die hof en aanklaers groot foute gemaak het. Wie betaal vir hierdie onsinnige appêl en verdere tydmors. Daars mos groot kostes aan verbonde. En sy arme ouers moes blykbaar reeds hul plaas verkoop.

johann ·

dit is tyd dat daar gekyk word om die sg. skending van regte te hersien . te veel ooglopende skuldiges word ontslaan op grond van tegniese gebeure.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.