App vir nuwe reisregulasies

Foto: wwwyoumustbetrippin.comNuwe reisregulasies vir minderjariges is gister in werking gestel, maar dit laat baie mense kopkrap.

Lees Maroela Media se vorige berigte oor die nuwe reisregulasies.

As jou droomvakansie saam die kinders in ʼn nagmerrie verander het,
is die volgende app vir jou:

Die Child Visa Checklist app is ontwikkel deur Drive South Africa, wat die nuutste reisregulasies maklik uiteensit. 37 Reis scenario’s in en buite Suid-Afrika word geskep sodat jy presies weet watter dokumente jy gaan benodig.

Die app vra 3 vrae:

  1. Saam wie reis die kind?
  2. Ouers se huwelikstatus? (Getroud, geskei, ens.)
  3. Enige ander spesiale omstandighede (Lewe albei ouers, is die kind aangeneem of in pleegsorg).

Nadat jy die inligting ingevoer het, word ʼn lys van die nodigde dokumente gegee.

Dié app werk op rekenaars en tabletrekenaar en verskaf ook aflaaibare dokumente van Binnelandse Sake. Enige vrae word ook so beantwoord dat almal dit kan verstaan.

Probeer Child Visa Checklist hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.