Appèl geweier in porno-saak

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag ʼn aansoek om te appelleer teen ʼn vorige hofbeslissing oor drie pornografiese TV-kanale, van die hand gewys.

Regter Lee Bozalek het in sy aanvanklike uitspraak beveel dat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) se besluit om pornografiese materiaal op drie TV-kanale toe te laat, hersien en tersyde gestel moet word.

Bozalek het Woensdag gesê sy vorige bevinding dat Okosa self die besluit moet heroorweeg, korrek is en dat die onus nie op hom rus om ʼn besluit te neem nie. Bozalek het in sy uitspraak gesê dit is nie die hof se plig om onderskeid te tref tussen die “goed en sleg” in die besluit oor lisensies nie.

ODM, wat as StarSat (voorheen TopTV) bedryf word, is op 23 April verlede jaar lisensies toegestaan om Playboy TV, Desire TV en Brazzers uit te saai. Die organisasies Justice Alliance for SA (Jasa) en Doctors for Life en Cause for Justice (CFJ) het Okosa se besluit om die lisensies toe te staan aangevat waarna Bozalek sy uitspraak gelewer het. ODM het aansoek gedoen om teen Bozalek se beslissing te appelleer.

Jasa het in ʼn verklaring gesê die uitspraak beteken dat die pornografiese kanale nie mag uitsaai nie. “Die uitspraak beteken dat die uitsaai van pornografiese kanale van vandag af onmiddellik gestaak moet word. Die respondente het nou die opsie om hul tot die appèlhof te wend of die regter se uitspraak te aanvaar en terug te gaan na Okosa.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ina ·

Al wat ek kan se is jippie!!!!! In ons geweldadige land teenoor vroue en kinders is die laaste ding wat ons nodig het ‘n pornografiese kanaal. Dankie vir al die instansies wat dit namens ons beveg het

lillian ·

Dankie tog! Ons sien genoeg porn wanneer jy net die t.v. aanskakel! Mense is so seksmal, kyk maar na ons verkragtingssyfers!

Eish! ·

Ek stem volkome saam! Dankie tog, een minder vir ouers om oor te bekommer.

Eish! ·

Ek stem volkome saam! Dankie tog, een minder vir ouers om oor te bekommer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.