Appèl kom teen Eskom-hofuitspraak

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gaan appèl aanteken teen ʼn hooggeregshofuitspraak dat Nersa ʼn vroeëre besluit moet hersien, waarin hy Eskom toegelaat het om elektrisiteitspryse met 9.4% vanaf 1 April te verhoog.

Die organisasie het in ʼn verklaring gesê hy glo die hof het gefouteer in sy uitspraak. “Dit het ook ʼn hiërargie van kwessies veroorsaak in die toepassing van die multi-jaarprysvasstellingsmetodologie sonder om die doel van die metodologie in ag te neem,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

Nersa het gesê sy besluit om teen die uitspraak te appelleer, is gegrond op die feit dat die uitspraak staatmaak op verkeerdelike inligting en ʼn nie-uitvoerbare posisie, asook ʼn vervanging van Nersa se 2014-besluit. Die appèl sal Nersa die geleentheid gee om kwessies in die uitspraak op te klaar.

“Die opsie om te appelleer word beskou as die effektiefste wyse om die situasie, wat deur die uitspraak geskep is, reg te stel, terwyl reguleringsekerheid deurentyd behou word sonder om die reg en geregtigheid uit te skakel.”

Regter Cynthia Pretorius het verlede week ʼn aansoek, wat deur ondernemings in Nelson Mandelabaai teen Eskom gebring is, toegestaan. Die aansoekers het aangevoer daar was onreëlmatighede in Nersa se goedkeuringsproses vir tariefverhogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan maak n plan ·

Lyk my deesdae tel dit wat n hof sê ook nie ye veel nie.

Tiger ·

O ja hulle is beslis.Waar “prestasie ” bonusse van miljoene rande ter sprake is is almal pelle.Ek hoop van harte die appe’l slaag nie en dat die hof Nersa op sy neus laat kyk!

christine ·

Hulle kan maar hul kospakkies vir middag etes vir werkers staak. En hulle hoe salarise. Duidelik soek julle koeie om te melk. As hulle Advokate wil stinkryk is dit hulle saak. Eers het arm mense glad nie krag gehad nie en nou kan hulle dit nie bekostiig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.