Appèl misluk vir Monumentpark-ma wat dogters verkoop het

Argieffoto

Argieffoto

Die Pretoriase hooggeregshof het gehoor ʼn ma van Monumentpark in Pretoria wat haar twee jong dogters as seksslawe verkoop het, se gedrag was “afskuwelik”.

Die 36-jarige vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om die identiteit van haar dogters te beskerm, het appèl aangeteken nadat sy in 2012 tot twee keer lewenslank gevonnis is vir haar aandeel in die verkragting van kinders. Waarnemende regter Tony Thobane en regter Jody Kollapen het Donderdag gesê haar tronkstraf is nie buitensporig nie.

Die regters het ook die vonnis van 34 jaar tronkstraf bevestig op vier aanklagte van medepligtigheid tot ʼn kind se onsedelike aanranding en twee aanklagte van kindermishandeling of kinderverwaarlosing.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die dogters was onderskeidelik vier en ses jaar oud toe hul ma hulle vir seks en seksdade begin verkoop het. Die susters het aan die hof gesê hul ouers het hulle na verskillende plekke geneem en moes in hul onderklere voor mense dans. Hulle is gedwing om orale seks op sommige mans toe te pas en speelgoedblokkies is soms in hul geslagsdele opgedruk.

Van die mans het glo hul klere uitgetrek en het seks gehad met die meisies en hulle onsedelik aangerand. Hul ma het R100 hiervoor ontvang.

Die kinders is ook gedwing om foto’s te neem van hul pa se geslagsdele en moes skoonmaak nadat hy op die mat urineer en ontlas het.

Een van die kinders het die voorvalle as “onaangenaam” beskryf en gesê dit het gebeur “omdat daar nie baie kos op die tafel was nie”. Sy het gesê haar ouers het haar verkoop omdat hulle nie vir haar lief was nie.

Toe die kinders by hul ma gekla het oor die pyn, is hulle geïgnoreer.

Die pa het nie appèl aangeteken teen sy vonnis van vyf jaar op aanklagte van kindermishandeling en onsedelike aanranding nie.

Die kinders is in 2007 uit hul ouers se sorg verwyder omdat hulle verwaarloos is. Die mishandeling het in 2008 aan die lig gekom toe die ouer sussie ʼn onderwyser daarvan vertel het.

Die ma hou vol die landdros het die belang van die publiek oorbeklemtoon en nie in gedagte gehou dat sy reeds gevangenisstraf uitgedien het nie. Thobane het gesê dit is duidelik dat die hof selfs ʼn swaarder straf kon oplê op die aanklagte van onsedelike aanranding en kindermishandeling.

“Die misdade wat die appellant [die ma] gepleeg het, is afskuwelik,” het Thobane gesê. “Die slagoffers was minderjarig. Hierdie hof is die hoogste voog. Hulle is deur hul ouers verraai. Die appellant was ʼn medepligtige aan hul verkragting en onsedelike aanranding. Sy het hulle ook mishandel en verwaarloos. Die ernstige en afskuwelike aard van die verkragting kan nie oorbeklemtoon word nie. Sy het versuim om hulle te beskerm. Sy het inderwaarheid hul mishandeling fasiliteer deur hulle beskikbaar te stel vir verkragting en seksuele mishandeling.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Trippie ·

Ek het NIE lekker gelees aan hierdie berig nie – woorde ontbreek.

Hoe kan / durf ‘n moeder haar eie kindertjies blootstel aan hierdie walglike dade. Daar is baie vrouens wat graag kindertjies in die lewe sou wou bring, maar dis hul nie beskore.

Andri ·

Ons lewe in n baie siek samelewing waar meeste mense deel het aan hierdie afskuwelike dade . En hul word dan deur Sielkunde meeste van die tyd as psigopate beskryf. Hul is dan ook in hul kinderlewe blykbaar gemolesteer of verkrag. Tog is dit juis hierdie sogenoemde psigopate wat dan van beter moet weet, jammer ek glo nie aan Sielkunde nie en dit is juis hoekom so baie mense wegkom met hul dade. n Goeie pakslae in hul lewens ontbreek gaan kyk maar in lande waar as jy oortree jy afhangende van jou misdaad gestraf word hierdie dinge vind nie daar plaas nie. Elke mens het n keuse en hy doen en pleeg n misdaad uit n keuse niks anders nie

Trudie Erasmus ·

Ek kan byna nie glo wat ek hier lees nie! Dit gaan my verstand te bowe hoe ‘n moeder dit aan ‘n kind kan doen? En dan was hulle nog so bitter klein. Sy verdien niks minder as die doodstraf nie. Hoe gouer die doodstraf weer ingestel word, hoe gouer sal ons land verander. Hierdie berig is genoeg om mens naar te maak. Dit is eenvoudig afskuwelik.

Bohemian_Girl ·

Dit is waar wat jy se Trudie, daai amn en vrou verdien dit. Maar hulle gaan kry wat hulle verdienin die tronk, ek het die boek “Mens of Monster” gelees en daar is onderhoude gevoer met gevangenisse, en hulle het vertel dat hulle almal saam staan teen die wat kinder verkrag, mishandel of vermoor, daai “inmate” voel nooit veilig en is ook nooit veilig, hulle word getuiken van dag een af.

Maar dit regverdig nie wat aan die kinders gebeur het nie. Alles van hulle is af gebreuk.

Perine ·

Die ma verdien om nooit weer in haar lewe die buite kant van n tronk te sien nie!!
5 Jaar straf vir die pa????? Woorde ontbreek – hy verdien om vir die res van sy lewe ook toegesluit te word en so ook elke man wat betrokke was in die verkragting van daardie kinders.

Ek is baie dankbaar vir die jufrou wat die moed gehad om die kind se verhaal bekend te maak. Elke dag is daar onderwysers en ander mense wat maar te graag die ander kant kyk en nie betrokke raak nie.

Trudie Myburgh ·

Absoluut siek!!! Dit is hoe mens voel na jy die berig gelees het. Hoe durf hulle dit aan dai klein kindertjies doen! Hulle sal voor God staan eendag en verandwoording doen vir hulle absolute verraad teenoor dai twee dogtertjies wat al hulle vertroue in die twee gehad het ( ek wil hulle nie eers ouers of mense noem nie, wat hulle is dit nie waardig nie). Sies man, SIES!!!

Andri ·

Ons lewe in n baie siek samelewing waar meeste mense deel het aan hierdie afskuwelike dade . En hul word dan deur Sielkunde meeste van die tyd as psigopate beskryf. Hul is dan ook in hul kinderlewe blykbaar gemolesteer of verkrag. Tog is dit juis hierdie sogenoemde psigopate wat dan van beter moet weet, jammer ek glo nie aan Sielkunde nie en dit is juis hoekom so baie mense wegkom met hul dade. n Goeie pakslae in hul lewens ontbreek gaan kyk maar in lande waar as jy oortree jy afhangende van jou misdaad gestraf word hierdie dinge vind nie daar plaas nie. Elke mens het n keuse en hy doen en pleeg n misdaad uit n keuse niks anders nie

Elizabeth ·

Soms vier geregtigheid seë! DANKIE regter Thobane! Sy het geen reg op appel gehad nie die aaklige ding. Ja, en hoe kry die pa net 5 jaar?? Waar is die geregtigheid daar?

Jasper ·

En wat van die VARKE wat betaal het om saam te speel !!! . Sieklike DREK !!

AmY ·

Die ma en pa is albei siek in hulle vlak koppe. Sluit toe en gooi die sleutels weg.

Waarom wil die ma appeleer teen haar vonnis? Dink sy haar vonnis is te swaar? Of het sy gedink wat sy aan haar twee klein dogtertjies doen, is nie erg en verdien nie tronkstraf nie?

Ek hoop net die kinders sal eendag normale en stabiele verhoudings kan hê en mans kry wat hulle soos goud gaan oppas.

Gideon Erasmus ·

Dit is jammer dat die name van oortreders nie bekend gemaak mag word nie- nou word hulle beskerm, kom uit en niemand weet van hulle dade nie! Die kinders gaan in elk geval daaroor praat, ek hoor deesdae net te veel van persone wat op die manier beskerm word, soos daardie man wat sy vrou en kinders ook so opgesluit het- maak name bekend, en foto’s!

Jeanette van Rooyen ·

Almal betrokke moet die doodstraf kry. Die mans wat die kinders misbruik het is net so skuldig soos die slegte Ma en Pa. Gee hulle almal vir die publiek.

Marieta ·

Gee die 2 engeltjies nuwe identiteit, iewers ver van enige iemand wat hulle ken en plaas reusagtige fotos met die gevrete van die “duiwel se braaksel,” asook hulle name, oral langs die land se paaie! Eintlik beledig ek seker nou vir ou niek, want ek glo nie eens sy braaksel is so verrot nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.