Appèl teen Oscar-vonnis vandag aangehoor

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Alle oë sal vandag op die hooggeregshof in Johannesburg gevestig wees waar die staat sal aansoek doen om verlof tot appèl teen Oscar Pistorius se ses jaar vonnis vir moord.

Die staat versoek dat die 29-jarige voormalige Paralimpiese atleet swaarder gevonnis word vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag 2013 in Pistorius se huis in Silver Lakes, Pretoria. Pistorius is aanvanklik skuldig bevind aan strafbare manslag, maar die skuldigbevinding is later na moord omgekeer.

In Julie vanjaar het regter Thokozile Masipa Pistorius tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Masipa het tydens die vonnisoplegging gesê lang tronkstraf sal nie geregtigheid tot gevolg hê in Pistorius se geval nie en dat dit onwaarskynlik is dat hy weer ʼn oortreding sal begaan.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het later gesê hy sal teen die vonnis appelleer omdat dit “skokkend lig” is. Die staat het in sy hofaansoek gesê die hof het fouteer deur te bevind dat die versagtende omstandighede die verswarende omstandighede in die saak oorskadu.

Die verswarende omstandighede het ingesluit dat Pistorius ʼn dodelike vuurwapen gebruik het, vier skote afgevuur het in plaas van een, vier skote afgevuur het terwyl hy geweet het daar is iemand agter die toiletdeur en dat hy nooit ʼn waarskuwingskoot geskiet het nie. Die versagtende omstandighede het onder meer ingesluit dat Pistorius nie sy prostese aangehad het nie en weerloos gevoel het, onmiddellik stappe geneem het om Steenkamp se lewe te probeer red, dat hy om verskoning gevra het aan die Steenkamp-familie en dat hy opreg berou toon vir sy dade.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Hannetjie ·

Kan hulle nie nou maar ophou nie. Genade tog. Die belasting betaaler is moeg om te betaal vir snert. Die man is mos nou in die tronk. Dis meer as wat ons kan se van die wat die boere so aanval en vermoor.

Se ook maar net ·

Wat my dwars in die krop steek dat hy nie sy vonnis kan aanvaar en aanbeweeg nie. Elke keer gebeur iets in die tronk wat hom in die hospital laat beland. Ek dink dit is aansit want die hospitaal duidelik meer gerieflik. Hy was sterk genoeg om haar te skiet en nou is hy swak wat het hy gedink natuurlik gaan sy gewete hom siek maak.

Kleintjie ·

Ja Hannetjie, wil ek ook weet. Of is hy dalk te wit vir die “sogenaamde” stelsel?

Chris ·

Nou wat het velkleur met dit uit te waai of het jy n opsessie oor mense se velkleur?

wringer ·

Sonder om enigsins die meriete van die vonnis – en veral die holruggeryde, hele voorafgaande sage – weer op te rakel, sit ‘n man hier en wonder of die NV ‘GESAG’ nie perdalks in hierdie geval (en moontlik ook ‘n paar ander) in NV ‘WAAN’ verander het nie… Seg maar net.

Pricilla ·

Ek stem saam. Daar is baie meer moorde en geweld in ons land nou hou die staat hulle op met Oscar. Los die man nou uit asb en fokus op die nuwe crime in ons land.

Koos ·

Vroeë jare sou hy die doodstraf gekry het en as jy ‘n ander se lewe vat soos hy gedoen het moet jy maksimum vonnis kry dit moet dien as afskrikmiddel

charmaine wall ·

HM IS NIE MY PLEK OM HOM TE OORDEEL,MAAR WAT REG IS ,IS REG,WIT OF SWART,MAG NIE JOU MEDEMENS VERMOOR NIE,EN KYK BIETJIE WAT SE BAASSPEURDER BYLEVELD HIER OOR.MOORD=GEEN BORGTOG=INRIGTING VIR SIELSIEKES OF LEWENS LANK,MAAK NIE SAAK WIE JY IS NIE.

Anoniem ·

Lynette…net een vraag…En as dit jou dogter was??????????????

M'Lady ·

Gerrie Nel voer nou n persoonlike vendetta teenoor Oscar. Die hele ding is holrug gery. As die verhoor nie op TV uitgesaai was nie sou geen haan daarna gekraai het nie. Nel se dieselfde ding oor en oor omdat hy nie meer weet wat om op te rakel nie. Hou op om my belastinggeld te mors.

Tharina ·

Ai Gerrie, jy het mos nou punt bewys – los tog nou vir OScar uit waar hy nou is pla hy niemand nie – sy gewete is erger as tronkstraf. Ons belastingbetalers word ook nou moeg om te betaal net omdat jy nie jou sin kan kry nie. Ons kry die gevolgtrekking dat dit n persoonlike vendetta teenoor Oscar – of is dit miskien sy familie? – is. Regter Masipa weet tog seker wat sy doen want sy het ook geleer om in daardie stoel te sit. Oscar moet eendag voor God verduidelik hoekom en waarom.

Karma ·

Kyk, ek is nie ‘n OP fan nie en ek sê ook moord is moord, of dit nou met of sonder bedoeling/voorbedagte rade was. Maar ek dink Jan Publiek is nou al mooi keelvol vir die saak. En ek dink ek stem saam met wringer hierbo, wat sê dat dit van die Nasionale VervolgingsGESAG na Nasionale VervolgingsWAAN gegaan het. OP is nou tronk toe en ja, 6 jaar is te min, maar LOS DIT TOG NOU DAAR????

Lulu ·

Klink my of Gerrie nie gaan ophou tot Oscar nie in sy graf is nie. SIES vir jou Gerrie!!

Delia ·

Stem saam Lulu, Gerrie Nel was nou vir ‘n rukkie uit die “spot light”, nou wil hy weer aandag trek.

erica ·

ek stem saam oscar is klaar gestraf Gerrie Nel dink hy is die kat se snor.daar is soveel geweld en misdaad waarop hy kan fokus hoekom het hy n obsessie oor oscar.elke saak het 2 kante en lyk my net gerrie nel se kant is belangrik.ek glo aan geregtigheid,maar hy sal aanhou en aanhou om oscar te teister gaan lankal nie vir gerrie oor geregtigheid nie.plaas gerrie nel help om die jz sage op te los,en ander moorde.

Magda ·

Ons moet almal een ding in gedagte hou- Gerrie Nel doen sy werk, hy is slegs n werknemer van die NVG . As hy nie sy werk doen nie, gaan dit n slegte president skep vir ander toekomstige moordenaars en selfs moordenaars wat huidiglik swaarder of selfs lewenslange vonnisse uitdien. Hulle gaan wil gemeet word aan die OSCAR standaarde en dit gaan n groot gemors vir die regstelsel in SA veroorsaak. As elke Jan Rap en sy maat dan met voorbedagte rade moord pleeg en reken hy kan 6 jaar kry, gaan dit halsmisdade in SA die hoogte in laat skiet. En … as hierdie jou dogter was meneer of mevrou… sou jy dieselfde gevoel het?

Georgie ·

Stem saam Magda, dink net die arme Gerrie mors sy asem want regter Masipa het lankal haar mind opgemaak tov Oscar en sy vonnis. Dit lyk net of Gerrie haar nie kan oortuig nie…

Geregtigheid ·

Mooi opgesom Magda. Dit kom voor of hier baie mense is wat nie kan lees nie. Dis die NVG wat teen die vonnis appeleer en nie Gerrie Nel nie. Gerrie is slegs die persoon wat die vuil werk moet doen namens die NVG as die appel slaag. Ek persoonlik sien die vonnis ook as belaglik. Dis waarom hulle my belastinggeld ten goede kan gebruik want as el die klaers maar net hulle eie werk so goed wil en kan doen soos Gerrie Nel sal Suid Afrika ‘n beter plek wees.

Anoniem ·

Stem saam jou Magda….Elkeen wat so afgaan en vir Oscar is…Ek wonder as dit jou kind was of jy nog dieselfde sou gevoel het…Ouers is hul kind ontneem op dit wat jul wysgemaak word…….Plaas jul bietjie self in Reeva se ouers se skoene en voel hoe hul moet voel….Ek glo nie jul kan nie………………….

Chris ·

Ek weet van mense wat moorf gepleeg het en ligter gestraf is. So what.

Cherokee ·

Sonder om die nuutste verwikkeling op ‘n weegskaal te sit en dit na een of ander kant toe te laat tuimel, net my eie opinie waarom dit gebeur. Ek dink dat Gerrie Nel dink dat Oscar Pistorius geweet het wie hy skiet agter daardie deur. Hy het dit nie probeer bewys nie omdat daar te veel onbewysbare faktore ineengevleg was. Let op dat ek gesê het dat ek dink hy dink so. Dit laat dus geen ruimte oop vir ‘n debat daaroor nie.

Bloues ·

Voor dieselfde regter?. Die een wat die verkeerde vonnis in die eerste plek gegee het?. Is dit nie bewys dat sy gesien kan word as onbevoeg nie?
Ai toggie

tinah ·

staat se regsmense het n afwyking, noem dit vervolgingswaansin, en ook, nie genoeg werk nie, gee hulle watttttt ook al om te doen, hulle is te verveeld en te uitgerus. nou dat ek daaraan dink, ons gesondheidsdienste so n gemors, stuur hulle soontoe,,,,,,,,,,,,,,

Marina ·

Hannetjie en al die ander, ek stem saam met julle. Ek voel net, as jy ‘n moord pleeg moet die vonnis, deur die bank vir almal, wit, swart, pienk, geel, wat se ras ook, lewenslank wees. Hoekom kan daar nie ‘n norm wees nie bv moord = lewenslank (doodstraf beter natuurlik), roof = ?? jaar, ens, ens

Christine ·

Ja Tharina ek stem 100% saam jou, dit is ook my gevoel dat dit nou persoonlik raak omdat die staat nie verloor kan aanvaar nie. Laat die familie berusting kry elke keer is dit van vooraf oor en oor

tinah ·

voorbedagte rade,,,,,,,,,,,,, asb tog, sit soos n skaap en wag dat hulle jou keel kom afsny, moet tog net nie met voorbedagte rade jou vuurwapen uithaal as daar iets in jou huis is en jy word bedreig nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,, regtig Mens!!?,,,,,,,,,,, sulke mense ook,,,,,,,,,,, wat so dink en so redeneer, moet gaan help by hospitale wat so n gemors is.

Marina ·

Hoekom kan hulle nie ‘n “standaard” straf he vir elke oortreding en daarby hou nie? Moord is moord en behoort ten minste lewenslank te wees

Chivago ·

Marina dis juis die staat se punt – daar IS ‘n minimum straf vir die oortreding; 15 jaar, daarom appelleer hulle.

m ·

Ag whatever. Mens is nou moeg vir hierdie saak. Wat het geword van daai saak wat die kind sy ouers met byl doodgekap het. Is dit nou nie bietjie tyd geregtigheid daar seevier nie……………………

Tash ·

Ag tog… Gerrie Nel probeer net weer om bietjie shine te vang. Die man lyk asof hy ‘n probleem met sy ego het. Daar is 100de mense wat op ‘n daaglikse basis doodgemaak, verkrag word. Oscar betaal vir aksies van daardie oggend. Wat van die res van die wat as vry mense rondloop en waar baie van hulle nogals repeat offenders is?!?? Kom tog net by Gerrie.

dewet ·

Gerrie is n besigheids man, hy maak geld sommer lekker baie geld.

Francois le Cochon ·

@dewet. Gerrie werk vir ‘n vaste salaris. Hy gaan nie meer verdien of kommissie kry nie.

LS ·

Geregtigheid moes ongelukkig reeds in die eerste hof uitspraak plaasgevind het dan was daar lankal nie meer ‘n holrug storie….

Magda ·

Gergetigheid en Georgie- dankie dat jul darem die lig sien. Ek verstaan so goed waarom die NVG wil keer dat n president geskep word. N dame in ons kerk se dogter het een winter R 5,000 se klere en kos vir haar 4 kinders gesteel nadat haar “man” haar gelos het(maak nie saak wat die rede is want n ander se boeke is duister) en… sy het dieselfde straf as OSCAR se aanvanklike 5 jaar( volgens Art 176(1) (i) gekry- die artikel wat bepaal dat hy (indien die paroolraad hom geskik ag) slegs n 6de van die aanvanklike vonnis maw 10 maande kan uitdien. Hoe konsekwent is die reg dan hier? Dieselfde straf vir diefstal om te oorleef en “manslag”(na moord verander) skep tog n president. Daarom stem ek saam met die NVG, verhoed dat n president geskep word, maar sou ook wou sien dat dit voor na nader regter is omdat, sou die appèl toegestaan word,regter Masipa eintlik indirek erken sy was verkeerd..

Chris ·

Magda elke saak word op merite geoordeel dit is wssrim daar gepleit word vir verswarende en versagte omstandighede. Jy sou dit waardeer en verstaan het as jy of jou kinders eendag in die beskuldigde bank staan. Onthou die gras is groen maar dit kan maklik wit ryp.

Dol ·

Is daar nie mense wat meer met die saak te doen het as wat voor gegee word, net om Oscar te “nail” nie??? Dink bietjie mooi oor die reaksies. Se nie hy is onskuldig nie, maar oordink bietjie??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.