Die staat versoek dat die 29-jarige voormalige Paralimpiese atleet swaarder gevonnis word vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag 2013 in Pistorius se huis in Silver Lakes, Pretoria. Pistorius is aanvanklik skuldig bevind aan strafbare manslag, maar die skuldigbevinding is later na moord omgekeer.
In Julie vanjaar het regter Thokozile Masipa Pistorius tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Masipa het tydens die vonnisoplegging gesê lang tronkstraf sal nie geregtigheid tot gevolg hê in Pistorius se geval nie en dat dit onwaarskynlik is dat hy weer ʼn oortreding sal begaan.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het later gesê hy sal teen die vonnis appelleer omdat dit “skokkend lig” is. Die staat het in sy hofaansoek gesê die hof het fouteer deur te bevind dat die versagtende omstandighede die verswarende omstandighede in die saak oorskadu.
Die verswarende omstandighede het ingesluit dat Pistorius ʼn dodelike vuurwapen gebruik het, vier skote afgevuur het in plaas van een, vier skote afgevuur het terwyl hy geweet het daar is iemand agter die toiletdeur en dat hy nooit ʼn waarskuwingskoot geskiet het nie. Die versagtende omstandighede het onder meer ingesluit dat Pistorius nie sy prostese aangehad het nie en weerloos gevoel het, onmiddellik stappe geneem het om Steenkamp se lewe te probeer red, dat hy om verskoning gevra het aan die Steenkamp-familie en dat hy opreg berou toon vir sy dade.
Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
37 Kommentare
Kan hulle nie nou maar ophou nie. Genade tog. Die belasting betaaler is moeg om te betaal vir snert. Die man is mos nou in die tronk. Dis meer as wat ons kan se van die wat die boere so aanval en vermoor.
Ja Hannetjie, wil ek ook weet. Of is hy dalk te wit vir die “sogenaamde” stelsel?
Sonder om enigsins die meriete van die vonnis – en veral die holruggeryde, hele voorafgaande sage – weer op te rakel, sit ‘n man hier en wonder of die NV ‘GESAG’ nie perdalks in hierdie geval (en moontlik ook ‘n paar ander) in NV ‘WAAN’ verander het nie… Seg maar net.
Ek stem saam. Daar is baie meer moorde en geweld in ons land nou hou die staat hulle op met Oscar. Los die man nou uit asb en fokus op die nuwe crime in ons land.
Vroeë jare sou hy die doodstraf gekry het en as jy ‘n ander se lewe vat soos hy gedoen het moet jy maksimum vonnis kry dit moet dien as afskrikmiddel