Appèl teen vrylating van Chris Hani-moordenaar ingedien

Chris Hani (via Wikimedia Commons https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=29634474)

Chris Hani (via Wikimedia Commons https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=29634474)

Die minister van justisie het Woensdag ʼn aansoek om appèl teen die vrylating van Chris Hani se moordenaar, Janusz Walus, ingedien.

Die departement het in ʼn verklaring bevestig Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, se regspan het sy appèlaansoek teen die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

Die hof het vroeër vandeesmaand die minister se weiering om die Poolse immigrant, wat Hani 23 jaar terug geskiet het, op parool vry te laat, tersyde gestel. Die minister is aangesê om Walus se paroolvoorwaardes binne die volgende 14 dae vas te stel en hom vry te laat.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement, het gesê Masutha glo die hof het fouteer in sy uitspraak en daar is ʼn goeie kans dat die departement se appèl teen die uitspraak sal slaag.

Die ANC het vroeër woedend gereageer op die hof se besluit dat Walus vrygelaat moet word en het gesê die uitspraak ontken die vernietigende impak wat die moord op Hani op die ANC, die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en Suid-Afrika as geheel gehad het.

Walus, ʼn Poolse immigrant, het Hani, die leier van die SAKP, in April 1993 doodgeskiet. Hy is oorspronklik die doodstraf opgelê, maar dit is later na lewenslange tronkstraf omgeskakel nadat die doodstraf afgeskaf is.

Clive Derby-Lewis, wat ook lewenslange tronkstraf uitgedien het vir sy aandeel in die moord op Hani, is verlede jaar ná herhaalde pogings op mediese parool vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Andre ·

Persoonlik dink ek nie die Pool is die skerpste potlood in die pakkie nie en hy is heel waarskynlik gebruik om iemand anders se vuilwerk te doen.
MAAR…. waar kom versoening nou in? Daardie versoening wat aldag en by elke moontlike en onmoontlike geleentheid in ons kele afgedruk word. Of moet dit net van een kant af kom?
Ander ding, is dit die moord ‘per se’ waarvoor hy gestraf is of word die straf en moontlikheid op parool bepaal deur die PERSOON wat vermoor is?

Tommie ·

Versoening in hierdie land is eensydig! Dit is nie van toepassing op swart mense nie aangesien hulle nie rassistiese kan wees nie.

Cherokee ·

Persoonlik dink ek nie jy is skerper nie, Andre. Lees my antwoord aan Christine.

Chivago ·

En wat maak Hani se moord anders as van der Merwe / Smit/Mhlangu se moorde? Waarom mag laasgenoemdes se moordenaars parool toegestaan word maar nie Hani n’s nie? Hy was nie ‘n god nie, kom daaroor. Walus het sy tyd uitgedien en verdien vrylating

Pieter.v ·

Hani is glad nie die god wat die anc en die kommies wil voorgee nie , in die bosoorlog was hy en sommige van die anc hoog geplaastes verantwoordelik vir die dood van hulle eie makkers wat gerebelleer het teen die hooggeplaastes se behandeling van die gewone voetsoldate ,van hulle is in Hani se teenwoordig dood geskiet en ander is mishandel in tronke wat Hitler sou laat skaam kry het, die tronke hier in die RSA. was vyfster hotelle in vergeleke met met die tronke in Afrika, en nie een van die wat die dade daar gepleeg het is hier voor die WVS kommisie geroep nie ,selfs Mandella het oproepe wat aan hom gerig was om daarop in te gaan ge ignoreer . Probeer gerus die boek Inside Quadro deur Paul Trewhela te kry daarin vertel hy van die anc se hel kampe in Afrka.

Marous ·

Hoeveel ANC moordenaars is glad nie vervolg nie? Hierdie was ook polities geinspireer. Daar is daagliks openlike haatspraak teen wittes wat net geignoreer word. Die aanblaas van oneenigheid en rassisme kan vierkantig voor die regering se deur geplaas word. Die blanke word openlik van alles uitgesluit en het geen deelname aan die bestuur van die land nie. Die visie van ‘ n reenboognasie het verander van sprokie na riller. FW en sy maatjies se verwysings na Afrikaners wat hierdie dinge sien kom het ,as doemprofete en verkramptes weergalm hopenlik elke aand in die uitverkopers se gedagtes…..

Soo gesê ·

….en dan se FW de snert hy het geen skuld gevoelens nie hy slaap elke aand rusting

fritz breitenbach ·

chris hani was n geharde kominis .die land is beter af sonder hom

Tiger ·

Die anc gaan aan asof Hani se dood die land “gekos” het!Die die spul wat anc’s in die huidige regime breek die land beter af as wat Hani ooit kon doen!

Soo gesê ·

…en dan sê FW de snert hy het niks om oor skuldig te voel nie, hy slaap rustig elke aand

Minx ·

Wraggies deporteer hom dat die Poole vir hom sorg ons land is vol moorde nou mors hulle net tyd en geld wat baat dit tog Hani gaan nie terug kom nie….

Apie ·

Hani se dood was miskien n verlies vir die anc, sakp ens., maar beslis nie vir die land nie. Onder hulle het baie onskuldige mense gesterf. Mandela moes ook nog gesit het. Kom by asb!!!!

m ·

Hier sal altyd twee stelle reels in hierdie land wees. NIks gaan ooit verander nie.

Knersus ·

Wat van Mandela? Met respek gese. Was hy ni ook n moordenaar nie?

Cherokee ·

Met respek wanneer jy ‘n moordenaar beskryf as ‘n moordenaar? Jou respek is misplaas.

christine ·

Nou waar het die man sy opleiding gekry om n komm te word in Poole oud maters seker dik vir hom gewees toe kom hulle vir hom. Walus wou nooit inligting gee wie hom gekontrak het om Hani van die aarde te verwyder nie. Dalk die wereld orde?

Cherokee ·

Moet nie verwarring probeer saai nie Christine. Walus het nooit voorgegee dat hy vir iemand anders gewerk het nie. Hy het dit op eie inisiatief gedoen as gevolg van Poolse ervaring met kommunisme.

jaco ·

kommunisme was reeds 4 jaar weg uit Pole teen die tyd wat Wallus vir Hani vermoor het. Hy het dis geen rede gehad om nie terug te gaan Pole toe nie. Kommunisme daar was anyway nooit so erg nie – daar was selfs godsdiensvryheid. Jy maak nie iets verkeerds reg deur sommer die reg in eie hande te neem nie.

Emile ·

In teorie is almal gelyk voor die wet, maar… sommiges is meer gelyk as ander.

Hier is egter ‘n onlangse, soortgelyke geval waar ‘n moordenaar na jaar 20 gevangenisstraf parool gekry het, SONDER dat die slagoffers se familie geken is in die saak.

Matthys de Wet (74), het in 1995 sy twee kinders, Alicia (11) en ­Tiaan (4), doodgeskiet en is lewenslank daarvoor tronk toe gestuur. Sy gewese vrou, en ma van sy kinders, Jenny Venter, het in 2011 geweier om borgtog vir hom te ondersteun. Tot haar skok ontdek sy egter in Maart 2016 dat hy, SONDER haar medewete of konsultasie, op parool vrygelaat is.

In Walus se parool geval, anders as in Thys de Wet s’n, is daar nou dreigende hofsake oor beweerde nie-konsultasie met Hani se familie. Het Hani se familie dan nou meer regte in hierdie verband as Jenny Venter, wat nie geken is in die parool van haar kinders se moordenaar nie?

Die wet kan nie deur wraakgierige, populistiese emosioalisme vervang word nie.

david ras ·

Diegene wat nou teoriee het oor die hoekoms en waaroms van Hani se dood, kan gerus ‘n bietjie leesstof gaan nader trek—“The communistisation of the ANC” deur die voormalige spioen Gerard Ludi –(bls 342-345)–waar Ludi ‘n heel ander mening het as meeste ander mense oor Hani se moord.
‘n Ander boek wat tot ‘n mate met Ludi saamstem is “Government by deception” deur Jan Lampberecht. wat 10 jaar voor Ludi se boek die lig gesien het. Bls 159. 160.

Beide is dit eens dat daar meer agter die gebeure sit as wat ons dink, en hulle huiwer nie om hulle vermoedens te boek te stel nie.
Beide het ‘n intelligensie agetrgrond, mens kan dus hulle menings in gedagte hou.

Conrad ·

…so as dit jou pa was…hoe sou jy gevoel het…sou jy wou of kon vergewe…dit sou vir my onmonntlik gewees het om nie te sorg dat sy moordenaar vir altyd toegesluit bly nie…

Oom Kalahari ·

Janusz Walus het sy straf regverdig uitgedien en is geregtig om sy parool vrylating te gaan geniet. Die regstelsel moet konsekwent wees en nie toelaat dat emosionele druk prosesse die Regbank toelaat om dubbele standaarde toe te pas nie. Baie oë is gerig op hierdie tipe van ongelyke hanterings en moet nie ‘n skandvlek plaas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.