Appèlhof gee Rohde ligter vonnis

Jason Rohde in die hof. (Foto: Verskaf)

Die appèlhof het die veroordeelde vrouemoordenaar Jason Rohde se aansoek om teen sy skuldigbevinding te appelleer, van die hand gewys.

Sy appèl teen sy vonnis van 20 jaar tronkstraf het wél geslaag en is tot 15 jaar verminder.

Rohde is in 2018 skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Susan, asook regsverydeling nadat hy destyds die moordtoneel soos dié van ʼn selfmoord opgestel het.

Susan en Jason Rohde. Foto: Facebook

Susan se liggaam is aangetref in ʼn toegesluite badkamer van die kamer wat sy in Julie 2016 met haar man by die luukse Spier-wynlandgoed in Stellenbosch gedeel het. ʼn Elektriese koord was om haar nek gedraai en aan ʼn haak agter die badkamerdeur vasgemaak.

Regter Gayaat Salie-Hlophe het Rohde in Februarie 2019 tot 18 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord en vyf jaar tronkstraf op aanklag van regsverydeling. Salie-Hlophe het beveel dat drie jaar van die tweede vonnis samelopend met die eerste vonnis uitgedien word, wat beteken dat Rohde effektief 20 jaar agter tralies sou deurbring.

Die vonnis word nou ná die appèlaansoek vervang met 15 jaar tronkstraf vir die eerste aanklag en drie jaar tronkstraf vir die tweede aanklag. Die tweede vonnis sal weer samelopend met die eerste vonnis uitgedien word.

Die appèlhof volstaan egter daarby dat Rohde sy vrou vermoor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

wendy ·

Jason rhode gaan sit ou maat nadat jy jou pragtige vrou vermoor het

Willempie ·

Ons regstelsel is werklikwaar ń sirkus. Die appelhof vind hom nog steeds skuldig  maar verlig sy vonnis. Hy is ń moordenaar en bly een. As ek die vonnisoplegging kon doen, sou ek hom nog ń  20 jaar toevoeg , net omdat hy die vermetelheid het om op die vonnis te appelleer

piet ·

Dis hoekom ons regters het wat weet wat hulle doen en nie ‘n janalleman wat dink hy weet beter nie.

Annelize ·

Piet, glo jy regtig eerlikwaar wat jy hier geskryf het? Duidelik het jy nie ‘n idee wat tans in die Justisie as geheel aangaan nie.

ES ·

Willempie, ongelukkig moet die hof onpartydig bly, anders kan daar nie geregtigheid geskied nie. As regters hul besluit maak gebaseer op hoe hulle oor sake voel, sal daar baie onskuldige mense tronk toe gestuur word en onregverdige verhoor word.

johanf ·

Dat sy gehang is, spreek boekdele, dit is nie gewoonlik uit woede nie…… Ja Willempie, ek stem met jou….!!!

Zombie ·

Dis asof die strawwe vir diefstal (geld) en bedrog swaarder is as vir moord en kinderverkragting. Of verbeel ek my maar net?

Casper ·

Willempie,wys vir my in enige strafregstelsel waar is dit ‘n misdaad of kriminele oortreding om teen jou vonnis te appéleer.

Sandra ·

Hul wys sy appel van die hand maar maak die vonnis ligter??? Hoe verstaan mens nou dit. Hy het haar vermoor, en nou moet hy die prys betaal. So eenvoudig soos dit. Ek sal dit ook meer gemaak het.

piet ·

Eenvoudig. Hulle het teen die uitspraak EN die vonnis geappelleer.

Prikkie ·

Om watter rede sou die vonnis nou ligter wees – het moord nou so algemeen in hierdie land geword dat dit nie meer die swaarste straf moontlik verdien nie?

FJ ·

Daar is destyds reeds bespiegel dat hy gaan slaag omdat die regter bevooroordeeld was.

piet ·

Daar’s verskillende grade van moord. Die feit dat hy 18 jaar oorspronklik gekry het dui reeds daarop dat dit nie ‘n voorafbeplande moord was nie (dit was moontlik in ‘n vlaag van woede gepleeg en daar was dalk nog strafversagtende faktore wat oorweeg is). 15 jaar is die minimum vonnis vir moord soos wat Oscar gekry het. So die straf vir moord is met 3 jaar verkort en die straf vir die ander oortreding loop nou in sy geheel gelyktydig saam met die 15 jaar wat dikwels die geval is. Hy behoort in aanmerking te kom vir parool na hy 7 en ‘n half jaar uitgedien het.

ES ·

Omdat ons regstelsel ‘n “rehabiliterende stelsel” is. Die hof probeer alle misdadigers rehabiliteer, en ons weet hoe goed dit werk…

E ·

Baie sag, ja ‘n gewone arm vrouemoordenaar sou 25 jaar gekry het, maar ja ek stem geld maak alles mos reg.

Lubbe ·

Jason jy is ‘n slap gat van formaat. Jy brag seker in die tronk by jou tjommies hoe jy jou vrou vermoor het maar hier in die regte wereld kan jy dit nie erken nie. Loop vrot.

Daleen ·

Na regte moes jy die doodstraf gekry het. Jy is ‘n arrogante moordenaar wat GEEN berou toon nie. So bly jy het nie daarin geslaag om los te kom nie. Net jammer jou straf is verlig maar hoop die tyd in die tronk is hel.

Marcello ·

Lekker nê, nou is dit verminder, ipv vermeerder. Mense kom letterlik met moord weg…

Jackie ·

Hoop hy is weer agter tralies nadat hy vrygelaat was om sy saak te beveg.

James ·

Blykbaar kan sy Ma “dit nie glo, en is sprakeloos.” Jy sien , Tannie – geld – maak jou nie ‘n suksesvolle mens nie. As jy moord pleeg, trek jy ‘n oranje over-all aan. Ryk mense het hierdie idee in hulle koppe dat hulle beter mense is. Derhalwe is dit ‘n sisteem skok vir hulle wanneer die Reg hulle oordeel. Hulle dink tronke is gebou vir arm moordenaars – nie vir ryk moordenaars nie. Wel – Hoop hy geniet die geselskap in sy sel – tussen die ander moordenaars, van alle inkomsteklasse…

Annelize ·

Mamma moet eerder sprakeloos wees dat haar kind in ‘n gewetenlose moordenaar ontpop het, sprakeloos wees dat haar 3 kleindogters sonder hul Ma deur die lewe moet gaan, sulke dinge is werd om oor sprakeloos te wees. Nie die feit dat jou seun en sy prokureur homself nie uit die tronk uit kon losgelieg kry nie.

Daizee ·

…..én ongelukkig moes Susan Rhode met haar lewe betaal en is nou net nog ‘n slagoffer van ons bedenklike regstelsel!!!!

JohanR ·

Soe 15 jaar gee jou eintlik 5 jaar voordat jy kan vra vir parool. As hy siek neerval en dadelik na die gevangenis hospitaal toe kan hy binne ‘n maand uit wees.

Mariaan ·

Hoekom NET 15 jaar..agge nee man…en dan gaan hy maar net voort met sy lewe…sy mooi vrou en MA van hul dogters wreed vermoor…en net 15 jaar??

JM ·

Land van moord en doodslag en dit word by die dag erger. Om van naar te word.

Inkpot ·

Goed so! Koelbloedige moordenaar wat homself probeer loslieg.
Hy het gedink hy gaan skotvry kom en voortgaan met sy verhouding met sy skelmpie.
Kry vir jou Rhode.
Niemand het ooit jou liegstories geglo nie.
Gaan sit maar lekker in die tronk waar jy hoort.

Pietie ·

Hoe op dees aarde gebeur dit. Die wet is vir die krimineel

Genis ·

Dis verlig, alhoewel daar ook regsverydeling ook was? Money talks ne?

Jr ·

Skuldig maar ‘n ligter vonnis. Aai aai wat’ klomp ” narre

Martie Smartie ·

Pappa wag vir jou ou mater, hy en priester en hulle gabbas. Hoop jy het nog genoeg geld om veilig te kan slaap daar … Lê maar met die rug teen die muur jy weet …

fs ·

so waar is al die vroueregte organisasies om appel aan te teken teen die vermindering van vonnis…hy verdien 100 jaar in die tronk die pes!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.