Appèlhof gee uitspraak oor Kovsies-taalbeleid

universiteit van die vrystaat 3

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Die appèlhof in Bloemfontein het Dinsdag uitspraak gelewer oor die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Die uitspraak volg nadat UV se appèl teen AfriForum en Solidariteit geslaag het nadat ʼn volbank regters van die Vrystaatse hooggeregshof verlede jaar in Julie die raad en senaat van die UV se besluit, om die nuwe taalbeleid te aanvaar, tersyde gestel het.

Die appèlhof het die groen lig gegee dat die UV volgende jaar sy nuwe taalbeleid kan toepas, waarin Afrikaans as onderrigtaal uitgefaseer word.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het in reaksie op die uitspraak gesê AfriForum en Solidariteit is tans in gesprek met dié instellings se regspan. Die moontlikheid word ondersoek om aansoek by die konstitusionele hof te doen om teen die uitspraak te appelleer.

“Dit is tragies dat onderriginstellings en howe so min beskerming vir die internasionaal erkende reg tot moedertaalonderrig bied,” het Buys gesê.

“Omdat toegang tot Afrikaanse onderrig vir AfriForum en Solidariteit ʼn prioriteit bly, duur gesprekke met internasionale forums en kenners voort, met die oog daarop om die stryd vir die beskerming van dié reg ook in die internasionale arena aan te pak. Tegelykertyd word alternatiewe Afrikaanse studiegeleenthede ook in die privaatsektor ontwikkel.”

Buys het gesê selfs in die uitspraak is dit duidelik dat daar uiteenlopende standpunte oor die betekenis van Artikel 29 van die Grondwet bestaan. “Dié artikel handel onder meer oor die reg tot onderrig in ʼn student se taal van keuse, onderhewig aan praktiese uitvoerbaarheid. Dit is van belang dat die appèlregters in die uitspraak erken dat die uitfaseer van ʼn taal soos Afrikaans uit ʼn tersiêre taalbeleid die taal tot nadeel strek en ʼn bron van kommer vir alle taalgroepe in die land behoort te wees.”

Hy het gesê AfriForum en Solidariteit sal Afrikaanssprekende studente se reg tot Afrikaanse onderrig op alle moontlike wyses binne die wetlike raamwerk beskerm en verdedig. “Soos die appèlhof se uitspraak tereg noem, is taalregte ten nouste verweef met kulturele identiteit en minderheidsregte en is dit nodig dat die Konstitusionele Hof uitspraak oor Afrikaans as medium van onderrig op tersiêre vlak lewer.  Om hierdie rede sal verlof tot appèl na dié hof verwelkom word.”

Sodra sekerheid oor die aansoek om verlof tot appèl by die konstitusionele hof verkry is, sal Solidariteit en Afriforum ʼn mediaverklaring hieroor uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nicolene Boshoff ·

Ek kan nou se Dis geldmors om voort te gaan met die saak en dit te verloor omdat die hoër gesagte nie die ywer het wat julle insit nie, maar dis nie wat ek graag sou wou se nie. Sterkte met wat julle besluit. Op die einde van die dag gaan studente in elk geval besluit om of in Engels te studeer of die geleentheid van n groter akademia te gebruik. Ek hoop dit brei uit DAT alle rigtings ingesluit kan word. Di’s n droom wat ek glo verwesenlik kan word. Julle doen goeie werk

Cecilia Steyn ·

Daar is mos genoeg Ingelse universiteite! Vir wat neuk hulle so met ons taal? Omdat hulle dalk jaloers is?

Afrikaanse Knaap ·

As jy Afrikaans met Duits wil vervang, kan jy verseker daar is ‘n Duitser agter die hele storie. Ek kan verstaan dat hulle Afrikaans wil uit hê, maar hoekom hulle dit met Engels wil vervang gaan my verstand te bowe… Ek praat eerder Zulu as Engels. Ek verag deesdae Engels.

Flintstone ·

En wie gaan hulle klasse aanbied,en die kwaliteit gepaardgaande onderrig wat daarop gaan volg?

Alida ·

Jammer oor die uitspraak maar 99% van groot maatskappye werk in engels en veral oorsee gaan afr niks help nie. Engels is n wereld taal. Leef jou kultuur by die huis uit. Mens hoef nie jou taal en kultuur prys te gee nie.

Lynette Schultz ·

Alida, niemand sê dat daar GEEN Engels moet wees nie. Daar word net gevra dat Afrikaans ook ‘n plek moet hê. Waar is die Franse, Duitse en Italiaanse maatskappye wat NET in Engels besigheid doen? Ek was geskok toe ek onlangs ‘n verteenwoordiger van die Franse regering hoor Engels praat het. Dit was POWER! Ek sien ook nie vir Angela Merkel agteroor buig om Engels te praat nie. Waarom moetAfrikaans nou moet afgeskaf word oral? Die WARE REDE daarvoor is die spreekwoordelike olifant in die vertrek, nl. dat HULLE WIL ONTSLAE RAAK VAN AFRIKAANS. Ons taal het ‘n bestaansreg, maar party van ons mense is (jammer) te slapgat om daarvoor te veg.

andrea van vuren ·

Reeds aan die orde van die dag! Wil nie name noem nie, maar luister hoe word ons taal op DS TV onderhoude met Engels ens. besoedel…

Susan ·

Ek staan Altyd agter solidariteit en Afriforum. Maar Ek dink dit is tyd om die stryd bly te begrawe. Al die Mastsksappy daar buite is Engels jou kinders se PlayStation ens Engels. Maak al die Skole en Univetsiteite Engels. En op Skool maak jou tweede taal jou huis taal. Dan is daar geen diskriminasie teen enige een in hierdie land nie en kan ons almal dalk tot ñ beter toekoms in hierdie land fokus. Niemand kan Dan sê hul taal word weggegooi nie. Siende dit hul tweede taal op Skool Sal wees. Ons almal vir ñ beter Suid Afrika.

JC ·

Vra ek ook Lourens, Duidelik oppervlakkige kommentaar sonder enige begrip van die belang van moedertaal onderrig of klaarblyklik enige ware liefde vir ons taal en sy belang in ons AFRIKAANSE lewens. Julle sal nog sien “spiteful people spite themselves” by daardie tyd gaan die Staatsuniversiteitswese klaar ingeplof het en gaan dit te laat wees om dit te red wanneer die Afrikaanse studente toenemend na die Afrikanse privaatsektor onderwys sisteem stroom(Akademia).
Eintlik by die punt (ek bestudeer die hele “siek” affere en dink al daaroor ‘n geruime tyd) skeel die uitspraak my min: eerstens ek het dit verwag van die “nou pateties geworde en polities gedienstige” regbank, en tweedens, DIT GEEN MAAR NET NOG MEER DIE GROENLIG vir AKADEMIAgee om nog verder uit te brei!
Ons Afrikaners is NIE HULPELOOS NIE. ons veg terug. ‘n Boer maak ALTYD ‘n plan;)
Die tragiek van die hele saak is dat die STAATSuniversiteite nou as’t ware segregasie “rubberstamp”, presies die teenoorgestelde van wat hul kamtig wil bereik. ONS IS IN DIE LOOPGRAWE VIR ONS TAAL!!

Eddie Benjamin ·

Nou moet Kovsies net nog mense, insluitende personeel, topbestuur en woordvoerders kry wat behoorlik engels magtig is…

Fanie ·

Susan, hulle wil nie net minder Afrikaans hoor nie, hul wil minder Afrikaners sien! Dit gaan oor toegang, nie net taal. Dit gaan veel verder as taal- hierdie is maar net die begin van uitsluiting en totale transformasie. Die wat dink ons veg net vir taalregte verstaan nie dat die geveg om (al) die regte van Afrikaanssprekendes gaan nie!

andrea van vuren ·

Ons moet ophou om met ene Susan te redeneer. Sy het duidelik geen visie nie!

Rabes ·

Onderrig in engels? Julle is teen kolonialisme maar hang hul taal aan? Dit is net nog ‘n bewys hoe dom kan ‘n mens wees.

Ada ·

Susan, mens gee nie boedel oor nie.
Dis soos om ‘n hernsopper soos De Klerk en sy meeloper te wees. “n Verraaier. Dink mooi oor wat jy se en skryf. Ek dink nie jy weet nie.
Ek het vanoggend geluister na DIE STEM wat in ‘n konsert gesing is in Vlaandere. In Afrikaans. Dit was die mooiste mooi wat ek nog ooit gehoor het. Almal daar het saam gesing en hulle is Flaams.
Nee asb dink weer – jy wil tog seker nie met FW De Klerk en sy mee-loper ge-assosieer word nie?

JC ·

Sjoe, dankie Ada, jy’s bevonk. De Klerk=erger as die mees verfoeilike hanskakie/joiner!
EK WAS EENS ‘N VERWARDE EN BEGINSELLOSE “LIBERALIS” maar ek is lank reeds genees dank die Here:-)
Indien ek deesdae net de Klerk se naam aanhoor, kook my bloed, want wat ons vandag beleef en sien is die gevolge van SY onvergeeflike en onnadenkende aksies.;(
Waar kan mens die video van die STEM sien? Afrikaners en die Vlaminge gaan mekaar nog vind, want hulle is ook baie besorg oor jul Taal en kulturele identiteit. In JC Kannemeyer se biografie oor Etienne le Roux se lewe haal hy aan waar le Roux gese het die Vlaminge “baklei letterlik soos honde in die straat vir hul taal.” ONS gaan ook nog die mentaliteit opdoen, hoe meer die “regering” en hul meelopers ons taal probeer onderdruk hoe meer GAAN dit floreer-sien Akademia, Soltech, die APA en Aros:)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.