Appèlhof sê dan oor Oscar Pistorius

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Die appèlhof in Bloemfontein sal Donderdag uitspraak lewer rakende die staat se appèl teen die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag.

Die staat het op 3 November in die appèlhof aangevoer dat Pistorius op die ernstiger aanklag van moord skuldig bevind moet word nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het.

Indien die appèlhof hom aan moord skuldig bevind, kan Pistorius ʼn minimumvonnis van 15 jaar opgelê word. Hy is in Oktober uit die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria vrygelaat en dien die res van sy vonnis onder korrektiewe toesig uit in sy oom se luukse herehuis in Waterkloof.

Pistorius het op 21 Oktober verlede jaar sy vonnis begin uitdien nadat hy tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is ingevolge art. 276 (1)(i) van die Strafproseswet. Hiervolgens moes hy ʼn sesde (tien maande) van sy vonnis uitdien voordat die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste dit kon oorweeg om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel. Hy het op 21 Augustus tien maande tronkstraf uitgedien.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Wille Brits ·

Breek ‘n arm of ‘n been, maar gee hom ‘n breek!

Joe ·

Hoop van harte hy word skuldig bevind aan moord & gaan terug tronk toe … Oscar is geensins bokant die wet of tronk verhewe nie …. geregtigheid moet ook hier geskied word …. hy verdien dit om ordentelik gevonnis te word vir sy dade …. geen simpatie ….

Theresia ·

Nee mense. Asb. Wat ookal die werklike rede agter die geval was. Oscar het ALLES verloor. En hy sal dit vir die res van sy lewe onthou. Dit op sig self is al ‘n vonnis. ONS MAG HOM NIE OORDEEL NIE, WANT DIE OORDEEL KOM ONS NIE TOE NIE

Johan ·

Theresia, ek stem saam met jou, dis nie vir ons om te oordeel nie, maar geregtigheid moet geskied. Hy het ‘n persoon se lewe geneem, hy moet maar sy straf wat na hom toe kom.

Langtand. ·

Theresa ek lees jou pleidooi, maar sukkel om te verstaan wat jy rerig bepleit!
Ja, Oscar het verseker al sy kontrakte en aansien verloor , maar hy leef nog!
Aan die Reevakant is daar geweldige trauma. Sy is in stukke geskiet agter n deur! Sy was magteloos en haar liggaam moes die koeëls absorbeer! Haar ouers het hul pragtige dogter op n gruwelike manier verloor!
Nou verstaan ek jou gladnie as jy se dat die oordeel ons nie toekom nie!! Dis hoekom die howe daar is. Ek is seker dat die appelhof baie seker sal wees van hul uitspraak op Donderdag!
God sal die finale oordeel oor almal fel, maar hier op aarde moet jy ook gestraf word vir dit wat jy verkeerd doen! Hier is so baie wrede moorde en onreg en ek verstaan gladnie hoe jy kan skreeu, ” moenie hom oordeel nie!!” Dis buitensporig belaglik! n Oog vir n oog….

Sune van Heerden ·

Dagsê Langtand

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dit neem dan ‘n wyle voor die kommentaar op die webwerf verskyn.
Wanneer jy dus nie dadelik jou kommentaar sien nie, beteken dit nie noodwendig dat dit afgekeur is nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Onsimpatiek ·

Verseker moet ou betaal vir jou dade. Ek wil net se hy het aan bloed gevat, hy sal met bloed betaal, of dit nou in hierdie lewe is of hier namaals. Betaal gaan hy betaal

Theresia ·

Onsimpatiek. Dit is nie wat my Bybel sê nie. Die prys is vir ons almal se sonde en oortredinge betaal. Al wat die Here vra is gee my jou hart. Bely jou oortredinge en laat staan dit. (soos wat Oscar alreeds gedoen het) Hy was alreeds gevonnis, maar die wêrel is soos roofdiere en kan nie vergewe nie. Hoe moet ons Vader in die hemel dan ons vergewe as ons ander dan nie kan vergewe nie.

Elbie ·

Stem met jou saam Theresia, hoe ongevoelig dit ookal mag klink, dis tyd om aan te beweeg.

Johann Marx ·

Uhmm…Theresia…So dis OK met jou as ek jou ouers, jou man of jou kinders deur ‘n toe deur doodskiet……en dit dan net “bely” en “laat staan”….Dan kan ek aangaan met my lewe?

Bach ·

Hoe weet jy hy het reeds bely Theresia? As hy in die Bybelse tyd geleef het, is hy op die daad gestenig!

Onsimpatiek ·

Theresia dit is ongelukig die verkeerde indruk wat mense het,ek kan sondig soos ek wil,want “Jesus het vir my sondes betaal”. Weet u volgens die stene in die kerkhof le almal veilig in Jesus arme, nie een is hel toe nie omdat almal dink soos jy. Ek kan sondig soos ek wil. My sondes is betaal. KOM NOU

Sune van Heerden ·

Dagsê Adrie

Ek het die berig weer nagegaan. Die datums is nie foutief nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Alta ·

Arme Oscar word nou veroordeel vir ander moordenaars se sondes. Daar is so baie mense wat wreed vermoor word, maar baie van hulle haal nooit eers die nuus nie en hulle moordenaars loop vry rond om nog moorde te pleeg. Maar omdat Oscar gestremd is, en sukses behaal het, wil die mense hom nie vir sy sonde vergewe nie. Want hulle is jaloers dat , Oscar soveel sukses kon behaal en hulle nie. Mense los nou vir Oscar en kyk wat om julle aangaan. Die staat is besig om geld te mors op hulle heksejag teen Oscar, om julle aandag af te trek van die werklike probleme in ons mooi land

Paul ·

Moenie met julle emosies oordeel nie. Gaan lees asseblief die kommentaar by die berig van Uyslen Nel. Daar is geen verskil tussrn hom en Oscar nie. Beide is moordenaars. Hoop hy kry 20 jaar.

Kate ·

Paul jy praat waar. Dan wil ek ook vir die volk vra, hoe voel ons oor die oom/tannie/man/vrou/kind wat op die plaase en motoropritte geskiet word. Wil ons die skuldige laat boet? JA ‘n duisend maal JA. Nou wat maak Oscar meer spesiaal?

Laetitia ·

Ek was self in so ‘n situasie waar twee mans by my badkamer venster wou inbreek.
ek het wakker geword en die twee was besig om die diefwering af te haal.
ek kon hulle sien en het geskree op hulle. die een het vir die ander gese die vrou is dan wakker.
het ek .n rewolwer gehad sou ek ook geskiet het.
wat nog te se van ,n toe deur en jy weet nie wie agter die deur is nie. nee wat Oscar is onskuldig.dit was ,n ongeluk. my medelye met haar ouers maar niemand is meer veilig nie
.

izak ·

ek is bie vol maak nie en almal moet boet vir hul dade,maar om te oordeel maak nie van jou ander n beter mens nie.al wat ons kan doen is net BID

David ·

Die van julle wat sê ons mag nie oordeel nie het die kat aan die stert beet. As die Here vir ons riglyne gegee het waarvolgens ons as Christene moet leef mag en moet ons mekaar oordeel (en reg help) volgens hierdie riglyne. Oscar het na hierdie gebeertenis ewe skielik ‘n baie uitgesprokene “Christen” geword, dan nie.

En as ek hom dan nie (as mede Christen) mag oordeel nie laat God dit dan doen.
DIE SESDE GEBOD: “Jy mag nie moord pleeg nie.”

Fanue ·

Die Bybel sê ook reguit, SONDE IS SONDE,maak nui nie saak hoe groot of hoe klein. Almal is skuldig, almal het sonde. Die verskil kom daarin of jy die Here God as jou verlosser en Saligmaker aangeneem het, en jou weë verander het. Hy ken immers ons harte en bedoelings. Gedagtes. Laat die oordeel aan Hom toe!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.