Appèlhof sê ook nee vir voormalige Valke-hoof

Lt.genl. Berning Ntlemeza (Foto: chronicle.co.cw)

Die appèlhof in Bloemfontein het Vrydag Berning Ntlemeza, geskorste hoof van die Valke, se versoek om terug te keer werk toe, van die hand gewys.

“Die appèl het nie geslaag nie. Die hooggeregshof se eksekusiebevel bly staan dat genl. Ntlemeza nie kan terugkeer na sy pos toe nie,” het die hof beslis en die aansoek met koste van die hand gewys.

Ntlemeza het versoek om weer in sy pos aangestel te word, terwyl sy aansoek tot verlof om appèl oorweeg is.

Hy het geappelleer teen die Noord-Gautengse hooggeregshof se beslissing, wat bevind het dat hy onregmatig in sy pos aangestel is. Hy is onbevoeg verklaar om aan die hoof te staan van enige openbare kantoor..

Maroela Media het vroeër berig die hof het beslis Nathi Nhleko, destydse minister van polisie, moes Ntlemeza se aanstelling ter syde stel nadat die Helen Suzman-stigting (HSS) en Freedom Under Law (FUL) die aansoek gebring het.

Nhleko het Ntlemeza aangestel ten spyte daarvan dat regter Elias Matojane in Februarie 2015 al bevind het Ntlemeza was “bevooroordeeld en oneerlik” en het nie oor “integriteit en eerbaarheid” beskik nie.

Lees die vorige berigte oor Berning Ntlemeza op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan. H. ·

Min van hulle het integriteit en eerlikheid, Dis nie n vraag of hulle vou onder korrupsie nie, dis n vraag wanneer, Maar daar is n paar met rugraat,wat i voorbeeld is vir die res soos in enige beroep, Kyk maar na daaie comrades mannetjie,, hou hom dop,

Scalla ·

Hoekom appelleer, as jy nie die job kan doen nie help dit niks

Basjan ·

Nou is dit ConCourt toe om meet van die belastingbetaler se geld en tyd te mors.

humor ·

Scalla hoe moet hy weet of hy die werk kan of nie kan doen nie?????

Christien ·

Hy is al 62 jr oud en móés al afgetree het. Ander lede moet in die maand wat hulle 60jr word op pensioen gaan. Tyd om te gaan ou.

Pieterlewismuts ·

Hy glo klaarblyklik net soos Mnr Z dat hy verhewe is bo uitsprake van die hof en.beroep hom daarom op die hoogste moontlike hof om hom net dalkies gelyk te gee.

snoefie ·

pray do tell….hoee gaan nathi nhjeko vir sy verongafsaming van n hof bevel gestraf word? op die heel minste is dit minagting van die hof. wil Helen suzman se dames nie die hof hof toe neem iir die onbeskaamde nalating om gesag af te dwing, nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.