Appèlhof sê oor doodskis-twee

Willem Oosthuyzen (voor) en Theo Martins Jackson in die hof (Augustus 2017) Foto: Landi Slatter

Die appèlhof in Bloemfontein het uitspraak gelewer in die aansoek van Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuyzen (28) om teen hul skuldigbevinding en vonnisse te appelleer.

Die appèlhof het in ʼn hofbevel, wat op 2 Februarie onderteken is, hul aansoek om te appelleer toegestaan. ʼn Datum vir die appèl moet nog vasgestel word.

Jackson en Oosthuyzen is vroeër in 2017 in dieselfde hof gevonnis op ʼn reeks aanklagte nadat hulle Victor Mlotshwa aangerand en in ʼn doodskis ingedwing het. ʼn Video van dié opspraakwekkende voorval is later wyd op sosiale media versprei.

Oosthuyzen is in Oktober gevonnis op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook van ontvoering, poging tot moord en intimidasie. Jackson is gevonnis op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook van ontvoering, poging tot moord, intimidasie en dwarsboming van die gereg.

Die twee mans se vonnis is op 9 November vanjaar aangepas en Oosthuyzen en Jackson is onderskeidelik tot effektief 11 jaar en 14 jaar tronkstraf gevonnis. Die twee mans se regspanne het nadat hulle aanvanklik gevonnis is ʼn gesamentlike aansoek om verlof tot appèl by die hooggeregshof ingedien. Dié aansoek is van die hand gewys en Oosthuyzen en Jackson het hulle daarna direk tot die appèlhof gewend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Blits ·

hulle moet vry gelaat word

daar is hoeveel wat witmense dood maak en word dan vrygelaat en word selfs borg gegee, witmense kry nie org nie en word ook nie vrygelaat nie

Johan v H ·

Net n voorbeeld van wat Blits se is 2 persone wat uit is op borg (moord en roof)het in die NW op Vryburg n man se duim af gebyt waar hy hul in sy skoon ma se huis gevang het waar hul WEER in gebreek het, nadat hy (slagoffer) die mes afgeneem het. Dan word hul gestraf omdat hul die polisie se werk moes doen wat nie kabel diewe kon vang. En daar is baie goeie pollisie mans en vrouens in SA maar die lui en skelmes onder hulle gee die polisie n slegte naam

Andries ·

En om ‘n seuntjie se voete in kokende water te druk is ook meer aanvaarbaar as dit asook om daardie onskuldige kind met ‘n stomp voorwerp se dood te veroorsaak…

Hanna ·

Ja nee ek verstaan die regstelsel nie. Om so lank in die tronk te sit vir dit. Daar is VEEL erger gevalle as dit, en daar kom niks van nie. Hoop regtig hul vonnis is ligter

ANTI-DOODSTRAF ·

Nou weet julle presies hoekom ons blankes nie meer moet aandring dat die doodstraf terug gebring word nie – te veel mag in verkeerde, onregverdige stelsels se hande wat misbruik word.

Mmm ·

Wat se hulle nou weer, as jy dom is moet jy sukkel? As jy nie wil hoor nie moet jy voel

Gilla ·

Rêrig????? Ek is woordeloos deur jou kommentaar gelaat, my ken het amper aan my lessenaar geraak soos my mond oopgeval het…

Mike Kaapstad ·

Stem saam Blits , die wet is slegs van toepassing op witmense , om te dink as iemand anders moord pleeg kry hulle skaars 5 jaar…………..

Gesiggie ·

Ek voel nie dit is regverdig dat hul gevonnis word vir 12/14 jaar, ek dink glad nie wat hul gedoen het is regverdig, maar nie eers hulle moor en die ou mense aanval op plase kry solank tronkstraf- ek kan verstaan deur wat Victor Mlotshwa moes gaan maar straf vir Theo en Willem op n ander manier- of ja laat hul boet maar om so lank in die tronk te sit?? nie alle uitsprake is altyd regverdig…

Vinie ·

Wat hierdie twee outjies gedoen het is baie lelik maar hul vonnis is baie swaar; verkragters en moordenaars van ons boere se vonnisse is dieselfde of ligter. Dit was in elk geval dom van hulle om dit op sosiale media te sit.

Onregverdig ·

Hierdie twee mans is onderskeidelik 11 en 14 jaar gevonnis omrede hul net ‘n man in n doodskis gesit het wat besig was met kriminele aktiwiteite op die plaas. Nee want die arme bloedjie het hom “doodgeskrik” vir ‘n kis en daarom is dit poging tot moord. Skelms en kriminele kom weg met alles. ANC beampte skop ‘n vrou terwyl die kameras rol gaan hy ook so lang vonnis kry.?

Belaglik ·

Regtig hulle is van dag een af onregverdig behandel. JA wat hulle gedoen het was regtig stupid en het dalk die man verneder, maar EERSTENS wat het die oortreder op hulle grond gesoek, tweedens kon daar GEEN bewyse gelewer word dat hy geslaan of aangerand is nie, derdens word daar borgtog aan moordenaars toegestaan wat boere vermoor het, wat nog te se van die wat boere en ander mense allervreesliks martel, daardie mense word of nooit gevang nie, of hulle word borgtog toegestaan of ontsnap. Hoe regverdig is dit dat twee manne wat iemand wat onregmatig hulle grond betree het skrikgemaak het in ‘n doodskis vergelyk met MOORDENAARS wat mense gruwelik mishandel en hulle kele afsny en kniee deurboor en met blaasvlamme brand? Hoe kry sommige moordenaars nie eers 16 jaar nie maar hierdie ouens wat die man nie eers ‘n bloedneus gegee het nie moet so ‘n swaar straf uitdien agv die OORREAKSIE op rassisme? Mense wat liederlik aangerand en beroof word se sake word as HUISROOF ondersoek? Die aanranding word nie eers in ag geneem nie. As hulle ‘n wit ou in ‘n kis gedruk het het hulle vandag almal handgeskud en het daar NIKS van gekom nie. Maar die politieke partye het hierdie ding uit verband geruk vir POLITIEKE gewin en iets groots gemaak van ‘n stupid daad wat wel gestraf moes word maar NIE vir 14 of 16 jaar nie, dis BELAGLIK!

HPV ·

Die bevoegdheid van die persoon wat hulle gevonnis het behoort ondersoek te word.

Wdp ·

Die regter wil n voorbeeld maak vand witmans hoop die apelhof maak voorbeeld vd regter

CASSIE ·

Die regter het nog voor vonnis oplegging besluit op lang tronkstraf vir die twee.Deur hoeveel trauma gaan ‘n 70 jarige boere tannie wat verkrag word.Hoeveel betogings is daar by die hof as blankes vermoor word.Kyk na die betogings wat daar was met die twee se hoifverrigtinge.Hoekom het die einste regter hulle verlof tot appel geweier.Die arme bloedjie was nie met enige voorwerpe aangerand nie. Poging tot moord,aanranding met die opset snert snert snert

Johan ·

Ja hulle het gefoutief maar sal julle Wat hulle gefonis het ook nie so optree as julle iemand Vang Wat n misdaad op hulle plase of huise doen nie

Johan ·

Ja hulle het gefoutief maar sal julle Wat hulle gefonis het ook nie so optree as julle iemand Vang Wat n misdaad op hulle plase of huise doen nie of gaan julle so n persoon maar net los

Showahed ·

Jy hoef net na vandag se magistrate op TV te kyk om die prentjie te verstaan. Hulle volg nie die wet nie en is totaal bevooroordeeld… maw hulle mind is lank opgemaak voordat hulle enige feite of omstandighede gehoor het. En van hulle is hopeloos te swak vir die sake wat hulle moet hanteer. Maar nou ja dis die nuwe SA

Frikkie Geld en huis ·

Hul vonnis is seker op 9 November verlede jaar aangepas.

Alida ·

Ek hoop hulle slaag. Kan iemand vir my se watse vonnis is opgele teen Poppie Van Der Merwe se ouers of het ek die berig gemis. MM kan mens gerus op hoogte hou. Henry Van Breda?

Hans Berg ·

Ek soek graag klarigheid?? Kan beide nou aansoek doen vir Borg?

Hannelie ·

Ai die man is nie eens dood nie, en hul word swaar gestraf. Maar die moordenaars kom met moord weg, hoe verklaar jy dit. Verskil die wette van Regter tot Regter?

cassie ·

Hulle appeleer teen hulle vonisse in die Appelhof.Die appelhof sal dus besluit of hulle vonnisse van pas is,en dan die vonisse aanpas.Die saak sal dus terug verwys word Hooggeregshof toe en die vonnisse dienooreenkomstig aangepas word.Dit is nie duidelik of hulle vir borg aansoek gedoen het in die appelhof nie.Ek weet die Hooggeregshof het hulle appel van die hand gewys.Hulle kan moontlik nou borg kry tot die appelsaak voorkomDie vonisse was volgens my belaglik.

bee ·

Wanneer gaan mense WIT mense leer dat hul nie meer sulke twak kan aanjaag nie? Ons leef nou in n demokratiese land; dink voor julle aanjaag en dan nog videos neem?? dis onaanvaarbare gedrag.

Theresa ·

Almal weet hul gedrag was verkeerd. Waaroor meeste mense (hopelik) gekant is, is die totaal belaglike onregverdigheid en ongeregtigheid wat nou seëvier wat die straf daarvoor aanbetref.
Balans is uit.
Wat hul gedoen het, is nie jare tronkstraf geregverdig nie. Onthou asb. die man was ongemagtig op hul eiendom, ens. ens. ens.
Wat ander doen is om te moor, te martel, te verkrag – en kry nie hierdie tipe straf nie.
Dis waaroor dit nou gaan.

cassie ·

Ai Johan,wil jy nie vir my verduidelik wat jy bedoel nie.Ek verstaan nie heeltemal nie

Afrikaanse Knaap ·

As die beskuldigdes die klaer wou doodmaak, het hulle.
So ek verstaan glad nie die poging tot moord nie.
Hulle moet tronk toe gaan, maar vir meer as 10 jaar klink vir my rof.
‘n Verkragter kry dan maar iets soos 5 na 10 jaar.

christa ·

nie eers Oscar wat koelbloedige moord gepleeg het, was so swaar gestraf nie.

Johan. H. ·

Tyd om te gaan vir daaie regtertjie. Wie was hy nou weer?

PJC ·

Al hierdie onregverdigheid en wat daarmee gepaard gaan is die gevolg van die manier waarop transformasie van die regbank gedoen word. Mense word nie aangestel oor hulle bekwaamheid nie maar op grond van hulle politieke sienings asook hulle koneksies. Ek dink as daar ń in diepte ondersoek gedoen word na die aangeleentheid sal baie min van hierdie transformasie kandidate as werlik bevoeg beskou word om op die bank te wees.

Casper Labuschagne ·

Ek mag nie sê dat vergelding die ‘n primêre motivering vir die uiterste vonnis was nie, maar ek mag wel hieroor nadink en wonder. Verseker sou hul vonnis baie ligter wees sou daar nie ‘n video daarvan bestaan het nie. Hulle was nie die eerstes wat deur hul eie selfone hul lewens verongeluk het nie, dink maar aan die Reitz geval op UOFS, maar hulle sal ongelukkig ook nie die laastes wees wat self hul uiterste onbesonne dade op video dokumenteer nie.

Koos ·

Datum vir hul “verhoor” moet vasgestel word? Hulle is lankal verhoor, skuldig bevind en gevonnis. O wee Maroelamedia…

Annie ·

Stem saam met Belaglik – maar as jy ou mense aanval vermoor en ontvoer is jy ‘n HERO in hierdie land van ons. As die bordjies verhang was was die skuldiges al weer lankal op vrye voet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.