Appèlhof sê oor genadedood in SA

Argieffoto

Argieffoto

Die hoogste hof van appèl het Dinsdag sy uitspraak gelewer ná ʼn laer hof ʼn terminaal siek pasiënt toestemming gegee het dat ʼn dokter hom kan help om selfmoord te pleeg.

“Die hoogste hof van appèl het die beslissing omgekeer. “Die bestaande verbod op die praktyk bly dus staande,” het Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement van justisie, in ‘n verklaring gesê.

Die kankerpasiënt Robin Stransham-Ford is in 2015 oorlede net voordat die Noord-Gautengse hooggeregshof die baanbreker-uitspraak gemaak het. Die ministerie van justisie het appèl aangeteken teen die uitspraak.

“Ons is verlig oor die hoogste hof van appèl se beslissing, aangesien die besluit verreikende gevolge sou hê op die grondwetlikheid van reg tot lewe en ons algemene wette oor moord en strafbare manslag,” het minister Michael Masutha bygevoeg.

Die vyf regters in die hoogste hof van appèl het in November uitspraak voorbehou in die saak en aangedui hulle sal in Desember hul finale uitspraak lewer.

Anglikaanse emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu, Suid-Afrikaanse Nobelpryswenner, het hom in Oktober ten gunste van genadedood uitgespreek. “Net soos wat ek stry vir deernis en regverdigheid in die lewe, glo ek terminaal siek persone moet met dieselfde deernis en regverdigheid behandel word wat betref hul afsterwe,” het die 85-jarige geskryf. Tutu was vanjaar al self ʼn paar keer in die hospitaal.

Professor Sean Davison van Dignity SA het vroeër gesê die organisasie is teleurgestel dat die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) nie die hooggeregshof se aanvanklike interpretasie van Suid-Afrika se Grondwet aanvaar het nie. “As ʼn organisasie is Dignity SA veral teleurgesteld in ons politici se volgehoue onwilligheid om te luister na argumente oor wette wat met genadedood verband hou, wat nog te sê om proaktief deel te neem aan die debat. Ons politici is deurgaans besorg om hul nek uit te steek. Die feit dat die uitspraak na die appèlhof geneem is, is ʼn bewys dat hulle die kwessie wil vermy. Die vraag moet gevra word: watter tipe regering laat sy mense só vreeslik ly, ondanks hul duidelike en ingeligte wens om te sterf, net omdat dit te omstrede is?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Oom Walker

Ons laat nie toe dat enige dier onnodig ly nie! Waarom dan moet terminaal siek mense se ontsettende pyn en lyding teen alle koste so lank as moontlik uitgerek word? (Of ten minste solank as wat die mediese fonds hou?)

Alida

O en dis seker reg dat ons soos diere geslag word elke dag . Verlos die terminale siek mense as dit hulle wil is. Die hof moet eerder die doodstraf bekragtig om hierdie waansinnige moorde te probeer stopsit.

John

Dit was die regte uitspraak. Aborsies, genadedood, dagga… menseregte raak buite beheer… genadedood gaan so misbruik word dat dit aan moord begin grens. Dis ‘n ope vraag hoeveel pyn iemand verduur of kan/wil verduur. Familie en dokters wat moeg raak vir siekes sal op die pasiente se gevoelens begin speel. Erg beseerde pasiente sal weggehelp word om die liggaamsdele te oes. Begrafnisse sal gereel word op datum wat die sieke of familie pas en die sterfdatum sal daarby moet inval… byna soos party dokters en ouers keisersnee-datums reel om hulle te pas.

Sarie

Daar is soveel teenstrydighede wanneer dit by die reg op lewe kom, dit laat my totaal stom…. Ongebore babas word by die duisende vermoor, want die moeder, (al is sy nog ‘n kind) kan sèlf oor haar liggaam besluit & in diè proses oor die lewe vd ongebore baba. Ek is van mening dat die meerderheid terminaal siek persone wat om genade-dood pleit, bejaardes is, maar hulle word die reg ontneem om oor hul eie lewens te besluit. Hoeveel vd “wetmakers” verkeer tans, of het al vir 15jr of langer; 24/7 in ondraaglike pyn verkeer? Pyn waarvoor nie eens morfien… Lees meer »

Mellie

Genadedood word tot in die hoogste hof beveg … Nou ja, as ons dan nie eens lyding deur die genade van die dood kan verlig nie, is die volgende opsie seker om te gaan boer?! Daar is nou vir jou n lewe wat niks werd is nie en sommer vir die pret daarvan afgemaai word – grusame lyding en al!