Appèlhof sê oor genadedood in SA

Argieffoto

Argieffoto

Die hoogste hof van appèl het Dinsdag sy uitspraak gelewer ná ʼn laer hof ʼn terminaal siek pasiënt toestemming gegee het dat ʼn dokter hom kan help om selfmoord te pleeg.

“Die hoogste hof van appèl het die beslissing omgekeer. “Die bestaande verbod op die praktyk bly dus staande,” het Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement van justisie, in ‘n verklaring gesê.

Die kankerpasiënt Robin Stransham-Ford is in 2015 oorlede net voordat die Noord-Gautengse hooggeregshof die baanbreker-uitspraak gemaak het. Die ministerie van justisie het appèl aangeteken teen die uitspraak.

“Ons is verlig oor die hoogste hof van appèl se beslissing, aangesien die besluit verreikende gevolge sou hê op die grondwetlikheid van reg tot lewe en ons algemene wette oor moord en strafbare manslag,” het minister Michael Masutha bygevoeg.

Die vyf regters in die hoogste hof van appèl het in November uitspraak voorbehou in die saak en aangedui hulle sal in Desember hul finale uitspraak lewer.

Anglikaanse emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu, Suid-Afrikaanse Nobelpryswenner, het hom in Oktober ten gunste van genadedood uitgespreek. “Net soos wat ek stry vir deernis en regverdigheid in die lewe, glo ek terminaal siek persone moet met dieselfde deernis en regverdigheid behandel word wat betref hul afsterwe,” het die 85-jarige geskryf. Tutu was vanjaar al self ʼn paar keer in die hospitaal.

Professor Sean Davison van Dignity SA het vroeër gesê die organisasie is teleurgestel dat die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) nie die hooggeregshof se aanvanklike interpretasie van Suid-Afrika se Grondwet aanvaar het nie. “As ʼn organisasie is Dignity SA veral teleurgesteld in ons politici se volgehoue onwilligheid om te luister na argumente oor wette wat met genadedood verband hou, wat nog te sê om proaktief deel te neem aan die debat. Ons politici is deurgaans besorg om hul nek uit te steek. Die feit dat die uitspraak na die appèlhof geneem is, is ʼn bewys dat hulle die kwessie wil vermy. Die vraag moet gevra word: watter tipe regering laat sy mense só vreeslik ly, ondanks hul duidelike en ingeligte wens om te sterf, net omdat dit te omstrede is?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Oom Walker ·

Ons laat nie toe dat enige dier onnodig ly nie! Waarom dan moet terminaal siek mense se ontsettende pyn en lyding teen alle koste so lank as moontlik uitgerek word? (Of ten minste solank as wat die mediese fonds hou?)

Alida ·

O en dis seker reg dat ons soos diere geslag word elke dag . Verlos die terminale siek mense as dit hulle wil is. Die hof moet eerder die doodstraf bekragtig om hierdie waansinnige moorde te probeer stopsit.

John ·

Dit was die regte uitspraak. Aborsies, genadedood, dagga… menseregte raak buite beheer… genadedood gaan so misbruik word dat dit aan moord begin grens. Dis ‘n ope vraag hoeveel pyn iemand verduur of kan/wil verduur. Familie en dokters wat moeg raak vir siekes sal op die pasiente se gevoelens begin speel. Erg beseerde pasiente sal weggehelp word om die liggaamsdele te oes. Begrafnisse sal gereel word op datum wat die sieke of familie pas en die sterfdatum sal daarby moet inval… byna soos party dokters en ouers keisersnee-datums reel om hulle te pas.

Anna ·

Duidelik het jy nog nie by die siek bed van ‘n terminale siek geliefde gesit nie. Daardie ongelooflike magtelose gevoel wanneer jy moet sit en toekyk hoe daardie persoon ly onder die(martelende) pyn en vernedring (want hy/sy is ‘n skaduwee van die person wat hy/sy was). Dis ‘n gesig wat die res van jou lewe by spook, en jou hart breek dat ‘n goeie mens so ‘n swaar dood moes sterf. Ek twyfel nie vir een oomblik dat met die regte wetgewing en ‘maatreëls’ dit sou werk.

Sarie ·

Daar is soveel teenstrydighede wanneer dit by die reg op lewe kom, dit laat my totaal stom…. Ongebore babas word by die duisende vermoor, want die moeder, (al is sy nog ‘n kind) kan sèlf oor haar liggaam besluit & in diè proses oor die lewe vd ongebore baba. Ek is van mening dat die meerderheid terminaal siek persone wat om genade-dood pleit, bejaardes is, maar hulle word die reg ontneem om oor hul eie lewens te besluit. Hoeveel vd “wetmakers” verkeer tans, of het al vir 15jr of langer; 24/7 in ondraaglike pyn verkeer? Pyn waarvoor nie eens morfien verligting bring nie… Ek wonder maar net…

Mellie ·

Genadedood word tot in die hoogste hof beveg … Nou ja, as ons dan nie eens lyding deur die genade van die dood kan verlig nie, is die volgende opsie seker om te gaan boer?! Daar is nou vir jou n lewe wat niks werd is nie en sommer vir die pret daarvan afgemaai word – grusame lyding en al!

Daan ·

As jy nie meer kans sien om aan te gaan nie, pleeg dan selfmoord, moenie ‘n dokter wat ‘n eed geneem het om lewens te red nie, ‘n moordenaar te maak. As jy nie jouself kan dood maak nie, moenie dan kla oor die pyn nie. Al die mense het vergeet van die Here en sy bystand. Aborsies is ook totaal verkeerd, ouers wat moordenaars word, wat se ouers gaan hulle wees vir hulle lewnde konders.

peanut ·

Almal wat so teen genadedood is; het julle al iemand gesien wat jou met n gesig, vertrek van pyn, huilend smeek om hulle uit hul leiding te help.
Ek het, en dis nie mooi nie, dis ook nie maklik om te sê ‘jammer ma, maar ons regering dink nie jy het al genoeg gelei nie, jy moet maar aanhou suffer’.
Goddank is sy redelik vinnig deur die Vader self verlos, maar sy kon soveel pyn gespaar gewees het, en ek sou minder skuld gevoelens saamgedra het, as ek haar maar net kon uithelp.
Sy was te swak om self n einde te maak aan haar lewe, so moenie sê die persoon moet dit self doen nie.
Sit eers self aan daai tafel en eet eers self van die bitter alg voor jy praat waarvan jy bittermin weet.

Marie ·

Genadedood is ‘assisted suicide’. Dit maak nie saak hoe mens daarna kyk nie. n Mens moet die groter prentjie sien. Soos my man, n mediese dokter vanoggend vir my se..die wereld is moreel bankrot. Een van die dae gaan boemelaars uitgesit word soos honde.

miv ·

Marie, ek stem saam met jou. Lewe en dood is in God se hand. Maak nie saak hoe aborsie of genadedood goedgepraat word nie, dit is MOORD en sal elkeen wat daaraan skuldig is, eendag voor God staan.

Net die Waarheid ·

…..dis waar miv, maar dan moet daar ook nie ingemeng word deur dokters om mense langer as wat hulle moet aan die lewe te hou nie….

Ellen ·

Nie voor jy langs iemand se bed gestaan het wat ly nie, sal jy nie weet wat dit is om vir maande lank iemand te sien ly, met geweldige pyn, persoon wat nie kan eet nie, en later nie meer kan praat nie. Ek is absoluut vir genade dood. Dit was vir my verskriklik om my ma so te sien en dit het baie geld gekos om haar in die hospitaal te laat lê, en al wat hulle gee is pyn medikasie. Geen kwaliteit lewe nie, en dan moet die persoon nog meer vernedering ervaar om doeke ook te dra, wat se menswaardigheid is dit. nee wat ek stem vir Genade dood ek wil nooit ‘n las wees vir iemand nie. Dit is ook nie regverdig om jou familie deur so iets te sit nie, laat elke persoon self daai besluit maak. Jy het dan die keuse om te besluit of jy met masjiene aan die lewe gehou moet word of nie, dit is mos maar dieselfde.

Wilbro ·

Die doek IS die erkenning van menswaardigheid. Menswaardigheid is nie gesetel in pynloosheid en fisiese omstandighede nie. Dit is gesetel in die feit dat iemand ‘n mens is, pyn en hulpeloosheid ten spyt, en dat daardie menswaardigheid erken word deur te help pyn verlig en hulp te verleen, sonder om te gryns en neus op te trek. Kry tog jou kop reg oor hierdie goed.

Wilbro ·

Net nog ‘n verdere aanduiding dat al sy gesanik oor “menseregte en liefde” ten spyt, is die liberalisme ‘n doodskultus. En die Nobelpryswenner “aartsbiskop” bly die pous daarvan.

weti ·

Hierdie wereld is siek verby. Genadedood is nie reg nie, maar aborsie is reg????

Naas Vermaak ·

Dit hoef nie gewettig te word. Daar is instansies wat sal help. Meeste van die kommentare hierbo is liefdeloos, begriploos en verhewe…Goddank vir wysheid…al wat tel is dat die pasient vrede het daaroor…die res is nietig(insignificant)

Johannes ·

Naas, om “god” te probeer speel is beslis nie “insignificant” nie. Geen mens het die reg om doelbewus sy eie lewe te neem nie – maak nie saak wat die omstandighede is nie. Slegs God (wat die enigste Een is wat lewe kan skenk) het die reg om lewe te neem.

Gee my Skriftelike bewyse dat selfmoord nie sonde is nie en ek sal my standpunt verander.

Johannes ·

Kan mense wat genadedood steun asb vir my bewyse uit God se Woord gee wat selfdood regverdig? Anders gestel: waar in God se Woord word die mens die reg gegee om sy eie lewe te mag neem wanneer hy so voel?

chris ·

ek sit my net en verstom aan al die slim mense op die vorum gooi altyd die bybel voor
en natuurlik kom die grondwet ook terspake deur die wat dit net gebruik as dit hulle
pas ek sit al 11jaar met my vrou se pyn en smeek vir uitkoms so asb as jy nie weet
van wat jy praat nie bly eerder stil

John ·

Die einde van ons lewe, die begin en die hele verloop hou verband. Gesondheidsorg en gesond leef is die gesin se verantwoordelikheid maar ook die’ van die staat deur opvoeding en toesig oor mense se lewensomstandighede. Erge siektes soos kanker begin iewers. Te min word gedoen om moontlike oorsake te vind en uit te skakel maar klem word geplaas op behandeling en entstof en nou moet selfvernietiging die antwoord bied. Geldmaak is ‘n groot faktor (wat is ‘n dokter, ‘n kliniek ens sonder siekes?). Nuwe eksklusiewe klinieke vir ryk selfdoodpasiente bestaan reeds elders. Wat sou die verskil tussen selfmoord en genadedood wees? Iemand wat selfmoord wil pleeg se geestelike lyding word ook vir hom te veel. In die’ geval staan hy alleen in sy aksie en kan selfs voor die hof gedaag word indien dit misluk.

dr hanno visagie ·

Maroelamedia trek die debat sleg skeef deur verkeerdelik die term “genadedood” (eutanasie) in plaas van “selfmoordhulp” (assisted suicide) te gebruik. Ook betuig Maroelamedia soos die meeste Afrikaners lippediens aan die Christelike geloof, maar ontbreek aan ware ‘n Bybelgegronde, Christus-lewens-en-wereldbeskouing.

Glo niks ·

Agnee dit is belaglik. Mense word nie net ‘uitgesit’ nie, daar is ‘n lang proses, emosioneel en fisies wat gestap word met die pasient en VERSKEIE dokters word geraadpleeg voordat so ‘n persoon genadedood mag ontvang. Tog vreemd dat ‘n REGERING wat NIKS voel vir aborsies (ook moord) en ander wrede moorde op plase en in stede nie, nou sal omgee oor iemand wat TERMINAAL siek is en sy eie lewe wil beeindig nie. Hoe pas KILLTHEBOER hierin?

Maggie ·

Johannes, ek stem 100% saam met jou.God gee lewe en Hy alleen het die reg om lewe te neem.(ek glo wel as iemand jou probeer vermoor,moet jy terugveg).@Chris,ons slim mense ‘gooi die Bybel voor’ omdat dit die Woord van God is en dus is dit waar ons ons riglyne kry vir die lewe wat ons graag in oorvloed wil leef. Ons wil graag die Een wat aan ons lewe geskenk het met alles in ons dien en gehoorsaam.

Anoniem ·

Die van julle wat daarvoor is, weet julle hoe dit voel? Gaan staan self after die spuit of die knoppie en doen dit dan praat ons weer. Die familie wat dit versoek, vat die spuit uit die dr se hand en doen dit. Hoekom verwag julle moet die dr dit doen. Hoekom doen julle dit nie self nie? Daar word ‘n eed afgele dat jy sal lewe onderhou so ver dit in jou vermoe is. Het julle enige idee deur wat se emosies gaan ‘n mens net om die “off” knoppie te druk van n ventilator ( breindood pasient). Dis so maklik om te praat as jy nog nie daardie daad moes uitvoer nie. Dis maklik om te se gee my die genadedood, maar weet jy wat verwag jy van daardie persoon wat dit moet toepas, Hulle het ook emosies, al wys hulle dit nie elke keer nie.

Johannes ·

Anoniem, vir Christene behoort die debat oor “genadedood” GEENSINS te gaan oor wat mense wil en voel nie. Dit moet gaan oor wat God se Wil is en wat Hy beveel ten opsigte lewe en dood.

Theresa ·

Daar is mos ‘n “living will” waarin mens kan stipuleer dat geen noodmasjiene opgekoppel MAG word indien mens bv breindood is nie. En mens kan seker daarin ook bepaal dat indien kanker, beroerte of welke siekte ookal op ‘n stadium kom waar alle menswaardigheid (lewenskwaliteit wat tog jou lewe vorm) jou ontneem word – daar nie hart-, long-, ens. masjiene gekoppel mag word nie. Sou dit nie dan ‘n manier wees om te sterf sonder ‘n uitgerekte, kunsmatige en dalk daarmee saam ongewensde marteling nie?
Ek is nie sarkasties hierbo nie. Ek wonder daaroor en kan nie sien dat iemand jou mag dwing om op sulke goed gekoppel te word, indien jy volgens prosedure wat jyself wens (m a w juis geen meganiese hulpmiddels nie) net die natuur sy gang laat gaan nie.

Mariana ·

Genadedood, is onbybels? Hoeveel ander goed wat ons as mens doen is onbybels? Is een sonde dan groter as ‘n ander? Ek ken iemand wat 24hr n dag in pyn verkeer, sy vra daagliks, Here hoe lank nog, wat het ek gedoen om dit te verdien? Haar medies Is al in die derde maand van die jaar uitgeput, die behandeling wat sy kry maak haar nie beter nie, die “chemiese” medikasie wat sy gebruik, beskadig haar organe dag vir dag. Nou vra ek jou – dis mos wreder vir ‘n dokter om n pasient vol pille te stop wat niks verlig of verbeter, maar eerder die liggaam verder aftakel? So wie speel nou eintlik God? Die een wat verlos wil word van sy pyn en lyding, of die een wat so ‘n persoon aan die lewe probeer hou, maar tog erger nagevolge veroorsaak en op die einde van die dag – MEER pyn en leiding veroorsaak? Daardie dokter word ryk uit die siekes, dis al. In elk geval, die dokters van vandag gee lankal nie meer om vir die lewende siel voor hom, sy bankbalans, fancy kar en huis is vir hom belangriker (beslis die meerderheid van hulle). Dan as jy noodgedwonge van ‘n staats hospitaal gebruik moet maak, is dit nog erger. Hulle gee mos panado vir alle pyn. Ek stem 100% vir die genadedood, dis EK wat eendag voor God moet staan en my sondes bely, nie jy jan allerman, of pastoor nie.

Mariana ·

Theresa, nie alle siektes koppel jou aan ‘n masjien of enig meganiese toerusting nie. Sommige soos bv. Rumethroid arthritis, se uiteinde is ‘n rolstoel – maar die pyn daaraan verbonde is ondraaglik. Dis JARE se pyn en leiding en die medikasie veroorsaak dat jou organe begin ingee. Ek wil amper so ver gaan om te se – dis erger as kanker. Met kanker weet jy, jy ht n jaar of twee om te leef (sekere kankers natuurlik). Met Rumathroid Arthiritis kan jy jare in pyn leef, tot die medikasie (wat amper geen pyn verlig),uiteindelik jou organe laat ingee. Wat is dan wreder? Om te wag tot die pille jou doodmaak of vroeer van als verlos te word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.