Appèlhof sê oor Janusz Walus-parool

Tydens ‘n vroeëre betoging teen Janusz Walus se vrylating. Foto: ANA

Die minister van justisie en korrektiewe dienste het 90 dae om te besluit of Janusz Walus op parool vrygelaat moet word.

Dit kom nadat die appèlhof in Bloemfontein Vrydag beslis het die saak moet terugverwys word na minister Michael Masutha om sy besluit oor Walus te heroorweeg.

Die appèlhof het onlangs Masutha se appèl teen Walus se vrylating aangehoor nadat die departement van justisie en korrektiewe dienste se aansoek om verlof tot appèl in Julie verlede jaar goedgekeur is.

Die Pretoriase hooggeregshof het in Maart verlede jaar beslis dat Walus binne 14 dae vrygelaat moet word nadat Masutha in 2015 geweier het om Walus op parool vry te laat. Walus, ʼn Poolse immigrant, is destyds saam met wyle Clive Derby-Lewis skuldig bevind aan die moord op Chris Hani in 1993.

Masutha se aansoek om verlof tot appèl is aanvanklik afgekeur waarna hy die appèlhof genader het. Hooggeregshofregter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen het destyds Walus se versoek, om uit aanhouding vrygelaat te word hangende die uitslag van die minister se aansoek by die Bloemfonteinse hof, afgekeur.

Hani se familie was ontstoke toe Walus se paroolaansoek aanvanklik goedgekeur is. Hani was die leier van die SAKP toe hy, ʼn jaar voor Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing, buite sy huis doodgeskiet is.

Walus het al 24 jaar tronkstraf uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nico ·

Hy moet maar vir sy land vra om druk op ons regering te sit anders gaan hy dood in die tronk

Willem Grobler ·

Die ANC en sy meelopers is wraaksugtig. Gaan kyk hoeveel moordenaars wat in dieselfde jaar as Waluz gevonnis is sit nog in die tronk. Daardie onderhandelings was ‘n klug. Hulle sit die oorlog teen alles wat wit is onverpoosd voort op alle vlakke van die samelewing.

Lientjie ·

Hy moet maar net vasbyt hy het nog 2 jaar oor dan kan hulle hom nie langer in die tronk hou nie.

zoom zoom ·

Hoekom gaan dit 90 dae vat om te besluit. O sorry hulle moet mos eers die blessing by sekere ander kry wat besluit of hyag of mag nie. Anderste word hulle ook gefire.

Hannes ·

ANC is bang dat die waarheid uitkom as hy op parool vrygelaat word

Adrian ·

Hy sal nooit lewendig uitkom nie, hy weet te veel Hani sou Mandela opgevolg het en SA sou in n kommunistiese staat verander word (die argitek van die samestelling was beplan deur kommunis Joe Slovo) Hani was deel van SAKP en was in die pad van die ANC so …. join the dots

N Lourens Reitz ·

Die hartvogtigheid van mev.Hanie wat besluit wat moet gebeur bo die reg van ñ regter en ook justisie.!

Chris ·

As daar nou al ooit iemand die spyker op die kop geslaan het is dit die kommentaar van Adrian. Die “moord” is goed beplan en uit eie geleder inisieer. Dit was so dat Chris Hani ‘n charismatiese persoon was met sterk leierseienskappe. Hy was as ‘n sg “gematigde” persoon met visie en was ook baie gewild onder die lede van sy bende. Hy was ook soos Adrian sê ‘n bedreiging vir die “opvolgers” wat reeds vir die taak geoormerk was. Ons meesters sal bepaal wanneer Janus weer los op die hoewe sal wees, wat ek dink ongelukkig nie gou sal wees nie..

Basjan ·

City Press
08-10-2014:
“Crawford-Browne testified that there were allegations that when Hani was assassinated by Janusz Walus in 1993, he was on the verge of exposing Modise’s involvement in, and corruption relating to, the arms deal.”

anton ·

Ek wonder wie het vir daai betoger die bewoording geskryf en die plakkaat gemaak???
Hy is sekerlik dit net in die hand gestop en aangesê om daar te staan en lawaai maak.

jaco ·

Walus het kommunisme gehaat. Dis hoekom hy Pole verlaat het. MAAR in 1993, toe hy Hani vermoor het, was Pole al amper 4 jaar lank SONDER kommunisme. As hy dan geweet het SA gaan kommunisties word, kon hy dan mos maar net teruggegaan het Pole toe.

Jaco ·

Ek wens die ANC-SAKP het van dag 1 af regtig kommunisties gemaak, maar dan soos in die lande wat hulle met hulle struggle gehelp het. In daardie lande was GEEN werkloosheid en geen plakkerskampe nie. Daar was nie 5 miljoen onwettige immigrante nie. Stakings was onwettig. Daar was nie beurtkrag nie. Daar was nie vrot staatshospitale nie. Was alles daar dus regtig so erg? Ek weet christene is vervolg, maar daar was selfs skuiwergate rondom dit EN in die kommunistiese Pole wat Walus so gehaat het, was daar godsdienstvryheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.