Appèlhof sê oor Oscar Pistorius se vonnis

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Uitspraak is Vrydag in die appèlhof in Bloemfontein gelewer in die staat se aansoek om te appelleer teen Oscar Pistorius se vonnis vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp.

Die appèlhof het beslis Pistorius moet 13 jaar en vyf maande se tronkstraf uitdien. Die hof het in ag geneem dat Pistorius reeds tronkstraf uitgedien het. Hy is aanvanklik tot ses jaar tronkstraf gevonnis.

Tydens die aanhoor van die appèl het die staat aangevoer dat daar geen wesenlike en dwingende faktore was wat regverdig het dat regter Thokozile Masipa van die minimum voorgeskrewe vonnis van 15 jaar vir moord moes afwyk nie.

Staatsaanklaer Andrea Johnson het volgehou die appèlhof moet ingryp aangesien Pistorius volgens haar nooit berou vir sy dade getoon of erken het sy optrede was verkeerd nie. Volgens Johnson het Masipa te veel klem gelê op Pistorius se kwesbaarheid toe hy sonder sy prostese vier skote deur die badkamerdeur geskiet het.

Adv. Barry Roux, vir Pistorius, het egter aangevoer Masipa het ʼn balans gevind tussen die belange van die samelewing en die Steenkamp-familie en Pistorius se belange. “Met sy gebrek en kwesbaarheid het dit nie vir haar sin gemaak nie.”

Sy gemoedstoestand en gebrek is ook aangevoer as verduideliking oor hoekom hy nie weer getuig het om te verduidelik hoekom hy vier skote deur die badkamerdeur geskiet het toe hy weer deur Masipa gevonnis is nie.

“Daar is hierdie persoon met ernstige posttraumatiese stres. Hy staan daar en hy dink: ‘Ek het my vriendin wat ek liefhet, doodgemaak en ek wou haar nie doodmaak nie. Wat moet ek doen? Ek het die vier skote afgevuur.’ Hy is getraumatiseer, hy word gemartel,” het Roux gesê.

Die appèlhof het in Desember 2015 beslis Pistorius moes aan moord, nie strafbare manslag nie, skuldig bevind gewees het. Regter Masipa het hom daarna in Julie verlede jaar tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Die staat het egter gevoel Pistorius moet swaarder gestraf word.

Steenkamp is op Valentynsdag 2013 in Pistorius se huis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Ivana ·

Hoeveel keer gaan hulle die saak nog heropen tot hulle tevrede is. Niks gaan Reeva terugbring of dink hulle as die staat aanhou gaan Oscar selfmoord pleeg en wat dan, dan is Reeva ook nog steeds nie weer lewend nie. Sy gewete straf hom elke dag en geen regter kan besluit dat hy nie berou wys nie. Nee maggies man, sluit nou daai hoofstuk af, julle mors geld

A ·

Ivana, die hoofstuk kan af gehandel word wanneer geregtigheid geskied. Reeva se familie verdien geregtigheid. Oscar het ‘n mens se dood veroorsaak agv sy nalatigheid en hy verdien sodoende tronkstraf.

HugoD ·

Die proses is gegrond op die stelsel van appel, hierdie was die laaste moontlike appel en kon deur beide partye gebruik word indien daar enige rede vir n uitkoms was wat as onregverdig of verkeerd kon wees, sy laaste moontlike hulp is die konstititionele hof, wat slegs kan inmeng indien sy grondwetlike regte geskend was, hoogs onwaarskylik – so vir alle praktiese doeleindes het die reg nou sy gang gegaan, en in die einde het geregtigheid geskied, wees dankbaar die stelsel werk.

Mielie ·

Black Friday vir OP en hy was nie eers in die winkels nie. Jmr dat die waarheid nooit uit sal kom nie

Barries ·

Baie tyd en geld kon gespaar gewees het as regter Masipa aanvanklik ‘n besluit, sonder emosies, gemaak het.

Suez ·

VERSEKER MOES SY HAAR SIMPATIE NIE LAAT BETROKKE RAAK HET MET VONNIS-Oplegging nie!dalk weer gewees waar “geld ‘n rol gespeel het”

Des ·

Ek stem vir 13 jaar en 5 maande.. Hel wens daar was ‘n nog langer tronkstraf

Frans C ·

Dit is ‘n wrede spel in die naam van geregtigheid wat met pistorius gespeel word.

Charlie ·

Die wreedste van alles is, dat Reeva haar lewe ontneem is! Niks is wreder nie.

Wondermaarnet ·

Aan Ben en Frans C, ek wonder of julle dieselfde sou gevoel het as dit julle dogter was !

Ben ·

GEEN straf sal of kan ooit genoeg wees vir die neem van n ander se lewe nie… Oscar wou met alle respek aangesig tot aangesig met Reeva se ouers sit.. uhm nee Mev Steenkamp dink daarvan niks.. terwyl die honger media vrou nie vrede in haar hart gaan kry en Oscar vergewe (soos die Bybel ons leer) sal sy nie eers met n 100 jaar se tronk straf tevrede wees nie. Sy seker klaar besig om nog n boek te skryf (pateties).

Annamarie Olivier ·

En as dit jou seun was?! Niemand van ons weet wat gebeur het .

C ·

@Wondermaarnet. Miskien moet jy weer my kommentaar lees, ek het dit duidelik gestel wat ek sou gedoen het as dit my dogter was. Ek en Ben het Frans se aanstootlike kommentaar bevraagteken. Jy moet mooi lees ou maat!!

Liewe heksie ·

Ben ek kon dit nie beter gestel het nie ek staan steeds agter Oscar al het wat ookal daar plaasgevind ek wil my nie voorstel om sonder bene in so n geval te wees nie maar ek hoop of dit nou per ongeluk of aspris was dat hy sterk sal wees deur die hel wat hy nou moet saam lewe en wonder hvl geld het reeva se MA gemaak van die uitspraak bekend gemaak is

Wit ·

As dit my seun was moes hy maar hang. Dis die regverdige ding om te doen. Hy het gemoor.

Hartseer ·

Die verlies wat die Steenkamps deurgaan en die marteling van hierdie vonnisoplegging- appel sage klink vir my nou ewe veel geregverdig. Albei families ly groot emosionele verlies. Niks sal Riva terug bring nie en nooit weer sal Oscar n normale lewe lei nie. Dis tyd om nou die storie agter die rug te sit sodat almal kan kans kry om gesond te word. Geregtigheid het nou oor en oor geskied.

"-" ·

Indien jy “bevrees” is vir n inbreker in n vertrek, loop jy nie tot teen die deur (al is jy op “stompies”) en probeer braaf wees nie, jy gee soveel moontlik ruimte tussen jou en die deur, doodstraf is lewenslank (25 jaar), gelukkig is die uitspraak gelewer waar geld nie kon werk nie

bgj van der westhuizen ·

hoekom is hulle so gepla oor hy nie berou toon nie vonnis hom en laat hy sy tronk straf uit dien en as dit oor is laat hom vry dit is n sy gewete wat hy gedeon het net hy sal weet net ook vir my snaaks as daar n wit persoon betrokke is is hulle ook nooit te vrede met die straf wat op gele is nie hulle het mos in die eerste plek na nie hulle werk reg gedoen nie

Alida ·

Daar gaan ons alweer. Die lesers is soos honger wolwe. Los hierdie saak nou ASB uit en hou julle wraakgedagtes vir julle self. Ek is nie skaam om te erken dat ek jammer is vir Oscar nie en is van mening dat hy bittere berou getoon het tydens die verhoor. Die Steenkamps kan nou maar aftree en vrede maak daarmee. Was daar ooit ‘n verhouding tussen haar en haar ouers?

Boetman ·

Alida – so ‘n bek moet jem kry. Die regter het oor haar voete geval om naam te maak en in die proses die regstelsel vertrap.
Die Steenkamps het nou genoeg gemaak uit die storie om luilekker af te tree.
Oscar dobber soos ‘n plastiek eend in die bad terwyl elke Jan rap en sy maat het ‘n eier te le oor hoe die boendoe stelsel eintlik moes werk.

Piet ·

Of ‘n mens nou gelukkig is met die straf of nie, dis nou seker water onder deur die brug. Wat jy nou egter meen dat “Me Steenkamp dalk kan gaan aftree in n diep donker bos” sal net jy weet. Dit klink nie vir my of jy meen dat sy in n plek moet gaan aftree waar sy vrede sal vind nie. Die verlies van n kind moet n enorme impak op n mens he. Ek bid elke dag dat dit nie oor my pad sal kom nie.

Piet ·

Bgj jy moet asem haal terwyl jy skryf. Gebruik hoofletters en punte (en kommas) aan die begin en einde van n sin. Jy sal verbaas wees hoe begin mense ewe skielik verstaan wat jy eintlik wil se.

Gerda ·

Baie Beter …..Maar hy moes ook LEWENSLANK gekry het…!!!

Gerda ·

Baie Beter….Maar hy moes eintlik LEWENSLANK gekry het…Geen Simpatie met hom nie…!!!!

Stompies ·

Gerda gaan soek wraak op plaasmoordenaars, maar jy is seker te besig met die Oscar saak

Piet Pille ·

Ja die argument van “berou toon of dan nie” is lagwekkend. ‘n Oortreding word begaan,die toegepaste vonnis word gevel en uit en klaar, Chris Hani geval ‘n grap, waar die se vrou seggenskap het oor die vonnis en blykbaar so-ook met die Pistoruis geval. Stem saam dat waar daar ‘n wit persoon by betrokke is, is die vonnis altyd te lig. Neem nou maar vir ou Shabir, gelukkig nie te wit van al die golf speel.

DG ·

Suid Afrika is basies ‘n moor-en-kom-weg bestemming. Vra vir Shrien Dewani – (ek is vas oortuig dat hy skuldig was aan koelbloedige, vooraf beplande moord op sy bruid Annie). Ons gaan nie moord kan stop as ons as ‘n samelewing nie regverdig en konsekwent teen moordenaars optree nie. Die oortreder kan nie meer regte as die slagoffer gegun word nie. Geen emosionele verskonings kan gemaak word nie. Veral is Bybel is baie duidelik, dat as iemand opsetlik vermoor word, die moordenaar met sy lewe moet betaal. Selfs lewenslange tronkstraf is nie die antwoord nie. Ek is ook jammer vir Oscar – maar ons sit met ‘n monster van ‘n probleem, en dit moet daadwerklik aangespreek word. Halleluja vir die nuwe uitspraak.

Andre ·

DG jy maak heeltemal korrekte stellings. Deel egter nie jou siening oor die vonnis nie – Pistorius moes tot lewenslank gevonnis word, m.a.w. tot aan die einde van sy dae. Selfs die verhoogde vonnis is steeds skokkend onvanpas.

Anoniem ·

Nou wonder ek, gaan daai Masipe disiplineer word ? sy het darem maar paar foute gemaak met die saak…die wereld dink seker ons landdroste en regters is dom en ken nie die wette nie deur haar optredes.

Liewe heksie ·

Anoniem ek dog jy sit by Mugabe op die ouetehuis se stoep regtig en vat soma die Gerda saam jou

Naj ·

As Oscar en Reeva nie so bekend was nie, sou almal gese het hy verdien daai jare in die tronk. Jy sou niemand hoor se dis wreed nie.
Die waarheid is dat die waarheid nooit sal uitkom nie, maar die hof moet net besluit.

chanel ·

Gaan weer Apel hof toe asb. Dalk kry jy wat jy eintlik verdien! Lewenslank.

Ernst Marais ·

Hoop maar Gerrie Nel en die Woman’s League is tevrede.
Of gaan daar ‘n privaat appél vir verdere straf verswaring ingestel word?

Annamarie Olivier ·

Het Oscar die vonnis vir homself opgele ?. Wonder net aan watter tydskrif haar ouers nou weer ‘n storie gaan verkoop, hulle score al die pad, geld kan nie ‘n lewe koop en ook nie opmaak vir die verlies maar blykbaar dink die Steenkamps anders.
Dan predik ons vergifnis maar ons wil net straf!

Alida ·

Annamarie, ek stem so saam met jou. Haar ouers het ryk geword hieruit. Niks gaan haar terugbring nie. Oscar kon nog sy loopbaan voortgesit het maar nou het die Staat anders besluit. Arme kind. Ek sê dit nie omdat ek nie jammer is vir Reeva se ouers nie. Om ‘n kind te verloor is seker nie maklik nie, maar een of ander tyd kry jy afsluiting en gaan aan. Daar is so baie sake wat nou prioriteit moet geniet maar dit voel of daar opsetlik gesloer word daarmee.

C ·

@Ben, dit is seker die koudste en ongepaste kommentaar wat ek nog deur hierdie hele Oscar sage gelees het. As dit my dogter was sou ek hom in my lewe nooit vergewe het nie. Niks gaan Reva terug bring nie maar hoekom hom die reg van ‘n vry lewe bied. Ek sou eerder gese het lewenslank sou meer gepas gewees het. Mag jy rustig gaan aftree iewers in ‘n diep donker bos. Uit en weg van die samelewing. RIP Reeva en Oscar mag jy ‘n voorspoedige 13 jaar en 5 mnde agter tralies deurbring. Geniet dit!!

Piet ·

C ek stem 100% saam met jou, maar vir een of ander rede wil MM my opinie nie plaas nie. Ek het aanvanklik gedink dat ek die skrywer nie reg verstaan nie.

Jolene ·

Ag nee regtig wanneer los hul hom nou uit. Lyk my die staat soek net sensasie of iets.

Kaptein ·

OK, maar dan moet ons al die ander veroordeelde moordenaars ook ‘n afslag gee op hulle vonnisse.

Kry klaar ·

Hul kry lankal reeds afslag, hul is net nie bekend en …….

JohanC ·

Dankie tog geregtigheid het uiteindelik geseevier. Sowat van regsdwaling deur n Regter het my sprakeloos gehad totdat Oscar tereg skuldig bevind is aan moord en die Appelhof WEER moes ingryp om die lagwekkende tronkstraf van aanvanklik ses jaar vir moord te verander soos dit nou is. Oscar het n beeldskone jong vrou se lewe in n oogknip beeindig omdat hy so uiters skietlustig was. Oscar het NET sy verdiende loon gekry en my simpatie met die wat so onwrikbaar in sy sogenaamde onskuld geglo het en nou weer so ontnugter moes word

Andre ·

Oscar moet dieselfde behandeling / vonnis kry wat die daad pas soos wat enige iemand sonder geld moet kry vir hul dade. Geregtigheid het nou eers geskied en almal sal nou kan aanbeweeg. Reeva se ouers is nie relevant in die saak nie (behalwe dat hulle kind vermoor is), maar wat Oscar aan Reeva gedoen het is, daarom word hy gevonnis en niemand anders.

Agneehoor ·

Hier is darem regtig n paar kommentare wat grens aan lagwekkend. Anders as Masipa is Gerrie Nel asook Barry Roux baie ernstig oor die reg en hoe dit toegepas word, al het Barry die verdediging gedoen. Oscar was na alles sy klient en het betaal vir goeie verdediging. n Hofsaak soos hierdie word later in howe gebruik vir verwysing en as daar weer n soortgelyke situasie is, word hierdie vonnis as n voorbeeld gebruik en gaan julle daarmee tevrede wees?

Yvette ·

Ongeag die omstandighede en politicy, is dit ‘n verligting dat die vonnis verleng is. Die saak sal nog as verwysing gebruik word vir toekomstige uitsprake, en 6 jaar vir moord is vreesaanjaend min. Die kwessie dat hy geen rou toon nie, beteken dat hy heelwaarskeinkik weer kan moord pleeg, daarom is dit ‘n baie belangrike aspek.

Siestog ·

Siestog waar val jy uit. Daar saal heel waarskynlik nie weer so saak wees, hoeveel mense met afbene, tog so sinneloos, dan belangrikste , jy ken nie vir Oscar, jy weet nie eens hoe hy voel, anders sal jy nooit reken hy het nie berou.

NET SO ·

Weet julle ne wonder maar net as dit julle dogter was.
Oscar was verkeerd punt en ja niks gaan vir Reeva trug bring nie. Maar Oscar moet sy straf vat soos n MAN hy is mos n man of wat.
Maar laat daar mense is wat sy optrede probeer reg praat, wys jou net waar is ons samelewing al dat ons MOORD probeer regverdig. Annamarie wat maak dit saak as hulle geld verdien of nie. Virseker het hulle uitgawes soos BV sielkundige bystand ens. Mense is bitter onsensitief oor die dood. Oscar lewe nog al is dit nie VRY nie. Reeva is dood julle, dood! deur iemand anders se optrede wat GLAD nie sin maak nie.

Mike ·

En plaasmoordenaars wat weke beplan vir d moord kry baie meer genade

My Opinie ·

As dit my dogter was sou hy nie eens dit gemaak het tot by die hof nie. “Se maar net” Jammer hy sit nie langer nie

Pieter ·

Kleuroorwegings is reeds diep in ons respraak gevestig. Daar is duidelik politiek-korrekte uitsprake. Regter Masipa is ‘n uitsondering.

ronnie ·

Ek kry die volgende outjie jammer wat ‘n inbreker/dief doodskiet, hoop dis nie ek nie. Minstens 15 Jaar pappa.

ronnie ·

Nee, maar dit weet ons NA die tyd. Maak in elk geval nie saak wat die identiteit van die persoon is nie. Jy gaan 15 jaar sit, pappa. Eina, ‘n hele paar manne gaan nog so uitgevang word. Ek hou liewer nie ‘n pistool aan nie, risiko is te groot dat ek ‘n vermeende inbreker dalk sou doodskiet (en 15 jaar gaan sit, minimum).

Jaco ·

So om iemand in n doodskis te sit is erger as moord as ek na die vonnis kyk? Dit maak nie vir my sin nie.

alwyn burger ·

Die kenners het te veel van mekaar verskil. Oscar moes die voordeel van die twyfel gekry het. Regter Masipa het nooit die indruk gegee dat sy emosioneel is nie . Gerrie daare teen het!

DG ·

Elke mens het kennis van reg en verkeerd op die fundamentele kwessies. Jy hoef nie ‘n regsgeleerde te wees nie

Realis ·

Stem eenhonderd persent met jou saam, Alwyn Burger. DG, hy verwys in hierdie geval juis na regsgeleerdes wat in die posisie is om vonisse te fel, iets wat nie enige ander persoon kan doen nie. Ewenwel, ons staan agter jou, Oscar. Doen wat jy moet doen en kyk op. Daar ís groot genade, iets wat ieder en elke persoon wat sy mond vol het oor jou self ook baie dringend nodig het. Wees dapper en sterk. As jy weer sien, is die tyd verby.

Grotman ·

En Jesus het gese, laat die wat sonder sonde is die eerste klip werp! Ek is verbaas dat daar so baie heiliges nog bestaan! Dalk moet God die engele weer uit stuur wat geen perfekte mense op die aarde kon vind nie! Hulle het sekerlik nie mooi gekyk nie want op die blaai is daar somer n klomp te vind.

Phillip Groen ·

So die regstelsel moet ophou funksioneer dus? Die regstelsel oordeel…en in die geval het die regstelsel geoordeel dat Pretorius skuldig is aan MOORD en dat sy vonnis diensooreenkomstig aangepas moet word.

Die ewige “eerste klip gooi storie” en “net God mag oordeel”…is net belaglik verby! As dit so is moet die hele regstelsel ontbind word.

Joh 7:24 Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel.

So jy kan oordeel maar moet dit regverdig doen. Miskien moet die “praise singers” vra of hulle nie besig is om Joh 7:24 te oortree nie. Julle oordeel op wat julle sien en lees in die media, terwyl die regters oordeel nadat daar n behoorlike voorlegging van getuienis was.

Wie van die 2 groepe oordeel na wat hulle sien ..en wie oordeel ‘n regverdige oordeel? ;n Regverdige oordeel kan net kom na n behoorlike oorweging van die feite en nie na die lees van n paar berigte in die media nie.

Volgende keer as daar weer n sinnelose plaasmoord gepleeg word moet die “praise sangers” asseblief konsekwent optree en skree dat daar nie geoordeel moet word nie en dat ons nie klippe moet gooi nie,,,anders hou hulle hul op met huigelary.

Ignoreer die feite maar moenie vra hoekom die wêreld is waar hy is nie..jy het skuld daaraan ook met jou ontkenning van die waarheid as dit jou nie pas nie!

Hanna ·

So much for BEE… hoop hulle stel vlg keer n regter met genoeg insig en ondervinding aan. Is nogtans bly oor die vonnis!

Marthinus Willemse ·

In 1965 is my oom, Paul Willemse, tydens diensplig dood. My oupa en ouma het die drie weermagoffisiere wat aangekla is nooit beskuldig of sleggesê nie. As opregte Christene was hulle houding dat God die oordeel sal fel. En tien jaar later het hul jongste seun, Koos, by Brug 14 geveg.
Oscar het Reeva nie met voorbedagde rade vermoor nie; dit was `n gruwelike vergissing. Oscar is reeds finansieel geruineer. Hoe gaan hy `n inkomste verdien as hy vrygelaat word?
Ook, moet ons onthou, die Reg is nie geskep as strafmaatreël nie, maar eerder as `n meganisme om die gemeenskap, die maatskappy, die beskawing, te orden, sodat elkeen gelyke regte het.

Monica Grobbelaar ·

Daar is net maar 1 vraag.
Wie is ons om te Oordeel. Die oordeel kom God alleen toe.
Jy wie GEEN sonde het nie tel die eerste klip op.

Jan ·

Ons regstelsel is n GROOT grap! Watse regter is nou reg. Wie kan ons regstelsel nou vertrou. Een sê so en die ander een sê so….

Lizelle ·

Dubbel standaarde. Wat gaan hulle nou maak met regter Masipa. Ons straf proses is n grap. Daar is ander watnet weg kom…….o ja ek keer nie die daad goed nie, oscar kry wat hy verdien maar ek wens soveel aandag, tyd en geld kan ingesit word ook vir ons plaasboere ens.

LHS ·

Hoop Oscar se familie vat hierdie hele saak wereldhof toe. Van dag een af was hierdie nie n regverdige en billike verhoor binne die reg nie. Menseregte skending veral met die direkte tv. uitsending het alle rasionele denke net in een rigting laat gaan. Oscar se verdediging het geen kans gestaan teen die sielkundige en emosionele gevolge op die hofverrigtinge nie. Daar is net te veel onbeantwoorde vrae in hierdie saak,

Frans C ·

Die moord op enige persoon kan nooit in enige taal goed gepraat word nie.Mense verstaan ook nie mooi as ek die gereg se loop as ‘n wrede spel beskou nie.’n Regter het ‘n vonnis opgelê wat volgens haar opleiding en ervaring ‘n gepaste vonnis was,gegewe die feite wat in die saak na vore gekom het.

Die staat was nie tevrede nie en was oortuig dat die regter fouteer het in haar bevindings.
Na baie maande word ‘n vonnis opgelê wat die staat as voldoende beskou.Almal vergeet dat Oscar ook net ‘n mens is wat op ‘n stadium almal se held was. Nou is hy gestroop van
alles en al word hy vroegtydig op parool uitgelaat sal hy nooit dit wat verloor het weer kan herwin nie.

Nou wat van Reeva.Laat ek eerlik wees van haar het nooit gehoor voor dit nie.Die vraag wat nooit beantwoord sal word nie, sou sy ooit ‘n verhouding met Oscar aangeknoop het as hy net ‘n onbekende soos duisende ander in sy posie was?

UIt die hofsaak is dit duidelik dat Oscar nie ‘n stabiele persoon was nie,die gevaartekens was al vroeg daar.Tog het sy met die verhouding voort gegaan.Is haar vroegtydige dood
‘n tragedie. Natuurlik is dit! Maar dit sou nooit soveel aandag en kommentaar uitgelok
het as dit nie vir Oscar se status was nie.

Kan ons nou maar afstap van die saak?

Philip Groen ·

Frans C net omdat jy nie voor die tragedie van Reeva geweet het nie beteken dit nie dat sy nie in eie reg bekend was nie. Jou vraag kan natuurlik omgedraai word..Sou Oscar ooit met haar n verhouding aangeknoop het as sy nie n bekende model was nie? (Terloops sy het regte ook studeer.)

As dit nie vir Oscar se status was nie dan sou al sy huidige “praise singers” voor in die koor gestaan het om die vonnis as te lig af te maak.

Fran ·

Sal diegene met agressiewe, kort humeure en klein selfbeelde iets hieruit geleer het?

antoinette Mare ·

Hy het n lewe geneem Verdien hy n lewe Haar ouers is n kind kwyt Niks kan di verander nie

Antoinette Mare ·

Wanneer dit Oscar pas is hy gestrem Wanneer dit hom pas is hy nie gestrem nie Hy het n lewe geneem Hy verdien nie n lewe nie

Antoinette Mare ·

Oscar het wedergertlik n lewe geneem Hy verdien nie om te lewe nie Punt Hy verdien om lank te “suffer”in die tronk Niks gaan FReeva terugbring nie

Phillip Groen ·

Die kommentators wat gal braak teen Oscar se nuwe straf is ‘n bewys van hoekom die wêreld tans in die gemors is wat hy is…geen gesonde oordeel nie. Eerstens is Oscar SKULDIG bevind aan MOORD deur VYF regters op die hersiening van die feite in die eerste appelsaak. Die regters het AL die feite voor hulle gehad nie net dit wat die komentators in die media gelees het van nie. Hy is n MOORDENAAR punt!

Net omdat hy ‘n sportheld is wil julle nou die feite ignoreer en intepreteer soos dit julle pas, ten spyte van die feite van die saak.

En die ewige “eerste klip gooi storie” en “net God mag oordeel”…is net belaglik verby! As dit so is moet die hele regstelsel ontbind word.

Joh 7:24 Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel.

So jy kan oorddel maar moet dit regverdig doen. Ek weet, ek weet, die “praise singers” gaan seg dit was nie regverdig…maar 5 regters met AL die feite tot hulle beskikking dink anders daaroor. En om watter rede sou hulle vir Oscar te na wou kom? EN hoekom sou die nuwe stel appel regters ook hul mens in hê vir hom. Seker maar n sameswering sou julle seg.

Ignoreer die feite maar moenie vra hoekom die wêreld is waar hy is nie..jy het skuld daaraan ook met jou ontkenning van die waarheid as dit jou nie pas nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.