Die appèlhof het Woensdag beslis dat pres. Jacob Zuma se regspan mondelings in die hof moet kom aanvoer hoekom hul appèl teen ’n vorige beslissing dat 783 klagtes van bedrog, rampokkery en korrupsie teen hom heringestel moet word, aangehoor moet word.
Die hof het Zuma se regsverteenwoordigers versoek om gereed te wees om enige tyd in die hof te verskyn om die meriete van die saak voor te lê.
Die appèlhof se beslissing kom enkele dae nadat die konstitusionele hof verlede week geweier het om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se appèl teen dieselfde hofuitspraak aan te hoor. Die NVG het in Julie aangekondig dat hy die konstitusionele hof direk sal nader oor die uitspraak van die hooggeregshof wat bevind het dat die besluit om die 783 aanklagte teen Zuma te laat vaar, irrasioneel was.
Die aanklagte hou verband met die sogenaamde spioenasiebande-saak. Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg nie. Die DA het ná hierdie uitspraak ʼn jare lange hofgeding begin om die besluit teen te staan en die Noord-Gautengse hooggeregshof het uiteindelik op 29 April vanjaar die besluit om die aanklagte teen Zuma te laat vaar ter syde gestel.
Zuma het aanvanklik ʼn aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak by die hooggeregshof in Pretoria ingedien, maar die hof het geweier om die appèl aan te hoor. Zuma het daarna die appèlhof genader.
Roer hom hy is nie verhewe bo die wet nie. Hoekom word arme Pravin aangekla en hierdie man wil wegkom met 700 aanklagtes. Die DA moet inspring en sorg dat hy verantwoording doen. Dit is verregaande.
Ek wens die saak kan nou afgehandel word en nie ons belasting gelde te vermors nie. Laat JZ783 sy wens key van sy dag in die hof om homself te verdedig indien moontlik maar ek kan dit nie sien nie. “Run Forest Gump run…….”
Nee wat mesne Zuma gaan wegkom met als……Sleg vir ons.
Die man mors ons belasting betalers se geld
783 klagtes van bedrog….en hul voer ‘n heksejag teen minister Gordhan. Hopelik is daar geen zupta-poppe wat zuma se saak gaan aanhoor nie en sal geregtigheid geskied.
Gelukkig kan sy ‘voorvader geeste ” hom net tydelik hier op aarde beskerm .
Ek stem
As daar ooit n gulde geleentheid is om van Zuma ontslae te raak, is dit nou. Hy is n hengse verleentheid vir ons land. Sy mag word stadig maar seker afgebreek. Ek is dankbaar dat die DA nie die saak laat vaar het nie, en deursettingsvermoe gehad het.
Hierdie skepsel is baie glibberig.
Dit sal uitgerek word tot sy termyn verby is en dan sal hy net so uittree en die volgende ou wat sy hand in the coockie jar gaan druk sal hom opvolg. Alles baie slim gedoen. As dit van 2009 af tot nou toe gevat het om hom te laat pa staan vir sy aanklagte, sal hulle beslis nie hom nou aan die pen laat ry nie. Hy sal doodluiters met ‘n goue handdruk wegstap en die volgende skelm sal sy plek vat – alles ten koste van ons land se vooruitgang en die belstingbetalers se hard verdiende geld!
Die koekie blik is nou na aan leeg
Nee wat Zumpie gaan los kom!!!!!
So dit is eintlik Mokotedi Mpshe se skuld dat Zuma in die eerste plek president geword het.
Sy opvolger wat nou agter Gordhan se bloed is. NVG: uiters korrup!
Dit is hoekom hulle agter Gordon se bloed aan is en ook omdat SARS die bloed soek van een vn die Valke se grootkoppe.
Gee kom kwytskelding maar Dan moet hy loop