Appèlhof sê oor Winnie en die Qunu-huis

Winnie Madikizela-Mandela Foto: SAPA

Die appèlhof het Vrydag Winnie Madikizela-Mandela se appèl teen ʼn vorige hofuitspraak wat bevind het dat sy nie geregtig is op oudpres. Nelson Mandela se huis in Qunu in die Oos-Kaap nie, van die hand gewys.

Die hof het voorgehou dat die Oos-Kaapse hooggeregshof gelyk gehad het om Mandela se eis van die hand te wys op die grondslag dat dit ingestel moes word terwyl hy nog lewe en dat dit sy erfgename erg sou seermaak.

Mandela het in sy testament die Qunu-eiendom aan alle lede van die Mandela-familie bemaak as ʼn plek waar hulle verenig kan word.

Madikizela-Mandela is nie in sy testament, wat in Februarie 2014 bekend gemaak is, genoem nie. Mandela is dood op 5 Desember 2013.

Madikizela-Mandela se prokureurs het die saak in 2014 ingedien en aangevoer die eiendom is aangeskaf terwyl sy en Mandela getroud was, en volgens abaThembu-gebruik behoort die huis dus aan haar.

Adv. George Bizos, een van die eksekuteurs vir Mandela se testament, het vroeër Madikizela-Mandela veroordeel toe sy die regte wou bekom vir die president se huis. Bizos het haar eis teengestaan aangesien sy 17 jaar lank niks gedoen het nadat die eiendom in Mandela se naam geregistreer is nie.

Die koninklike familie van die abaThembu het ná die uitspraak ʼn verklaring uitgereik waarin hulle dit verwelkom.

Mandela is in 1996 ná 38 jaar van Madikizela geskei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SjN ·

Verstaan sy nie, sy is nie n erfgenaam nie, nice try om te apelleer, gelukkig is wetgewing in plek, hoop sy betaal vir die kostes.

PJC ·

Sy is mos gewoond sy kry in alles haar sin. Hoog tyd dat daar met haar volgens die wet gehandel word.

Ekke ·

Man ek kry so lekker. Sy is ‘n X. Verlede tyd. Geregtig op NIKS!!!!

marous ·

Sy gaan nou seker vuurhoutjies en buitebande verkoop om die koste te betaal…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.