Appèlhof staan Coligny-mans se aansoek toe

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte vroeër in die hooggeregshof in Mahikeng. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Die appèlhof in Bloemfontein het Pieter Doorewaard en Phillip Schutte se aansoek om verlof tot appèl teen hulle skuldigbevinding aan moord en vonnis Woensdag toegestaan.

Die mans het hulle direk tot die appèlhof gewend nadat hulle aansoek om verlof tot appèl in die hooggeregshof in Mahikeng vroeër van die hand gewys is. Doorewaard en Schutte dien tans tronkstraf uit nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op die 16-jarige Matlhomola Mosweu.

AfriForum het vroeër aangedui dat hy die mans se appèlaansoek sal finansier nadat die enigste ooggetuie in die moordsaak, Bonakele Pakisi, na bewering teenoor vier verskillende persone erken het dat hy in sy getuienis in die hof gelieg het. Pakisi het getuig hy het gesien hoe Doorewaard en Schutte die tienerseun van ʼn bewegende bakkie afgooi.

Frik van Tonder, die mans se prokureur, het gesê die appèlhof het bevind dat Doorewaard en Schutte mag appelleer – en wel ook direk na dié hof. Dit beteken hulle hoef nie terug te keer na die hooggeregshof vir die appèlaansoek nie.

Van Tonder het gesê hulle moet nou kennis gee dat hulle voortgaan met die aansoek.

Die volgende stap sou wees om weer aansoek te doen om borgtog, hangende die finalisering van die saak in die appèlhof, het hy gesê.

Regter Ronnie Hendricks het Doorewaard (28) en Schutte (35) in Maart vanjaar onderskeidelik tot effektief 18 en 23 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord, ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het destyds gesê sy organisasie verwag dat die regter in die saak nie bereid sou wees om verlof tot appèl toe te staan nie, aangesien hy moeilik sou erken dat hy “ernstig misgetas het” in sy aanvanklike besluit om die twee mans aan moord skuldig te bevind.

Kriel het gesê dat AfriForum die twee mans se regskoste om die hoogste hof van appèl te petisioneer ook sal finansier om te verseker dat geregtigheid geskied en te verhoed dat onskuldige mense verkeerdelik in die tronk beland.

“Ek is vol vertroue dat die twee mans se skuldigbevinding aan moord uiteindelik op grond van die beskikbare getuienis ter syde gestel sal word,” het Kriel toe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Spikkels ·

Dankie hoop die Prok en Advokate kan hul twee nou uit die tronk kry. Gaan Barry Roux en Gerrie Nel die saak hanteer

Dirk ·

Volgens berig het Phakisi, die enigste getuie, gesien hoe die 2 beskuldigdes die oorledene van die bewegende bakkie afgegooi het. Wie het dan die bakkie bestuur? Wat het van persoon geword wat bakkie bestuur het? Ek vra maar net!

Pierre de Villiers ·

As “hulle” die man van die bakkie afgegooi het, wie het dan bestuur? Dit maak nie sin nie.

Abe ·

Dirk,
As dit is wat jou “berig” se is die berig verkeerd. Die hofsstukke (al wat saak maak) se soos kolla se, een het bestuur, die ander een het die kind afgegooi (gaan lees die hofrekord weer)

Abe ·

Pierre de Villiers
Jou feite is verkeerd. Lees weer die hofverslag.

Hester ·

Ek hoop alles gaan reg loop vir die 2 mans en wanneer sal die appelhof wees

Wim ·

Kolla dis nie wat die getuie gesê het nie ,lees die berig .Daar bestaan dus twyfel.Die was meer politiek,maar dit is mos wat julle jellievis liberales wil hê onskuldige mense se lewens opmors.

Abe ·

Wim,
“Jellievis liberales” is n baie ongedefineerde verwysing. Spesifeer n bietjie beter na wie verwys jy.

Wiehan ·

Yipee. Kan nie wag dat hul op borgtog uitkom nie. Geregtigheid sal seevier. Ek wonder net, sal regterkant Hendricks later erkenning hy het ‘n fout gemaak. Weereens gaan die be lasting betaler vir ander se “foute” moet opdok. Hoop net dit gaan miljoene wees.

Bossie ·

Om vas te byt is swaar maar moenie moed opgee nie. God sal die Regter wees vir al die betrokke idiote in hierdie bitterlik onregverdige mistasting van reg en geregtigheid. Weereens weet ons nie hoekom dit juis met julle moes gebeur nie. Daar gaan duisende vrae deur mens se kop. Glo en vertrou net en jul gebede sal verhoor word. Ons is almal op ons knieë saam met julle. Sterkte…

Saartjie ·

Bossie, dis wat ek van sommige Afrikaners nie verstaan nie. Sien hulleself as die uitverkore volk. Jy praat van “God sal die regter wees” – en dis reg so, Hy sal. Vyf woorde verder noem jy mense wat na Sy beeld geskape is, idiote. En dit terwyl die Bybel baie duidelik is dat ons niemand idiote mag noem nie.

Abe ·

Mike,
Die regter kan vir niks gedagvaar word nie. Moenie laf wees nie

Gaitsigubib ·

Ou Jerry van 2018 is weg. Die ander Jerry van 2019 se oe het begin oop gaan.

Danie Minnaar ·

Abe, Lees gerus Mattheus 5 vers 22
21Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg.
22Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
23As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,
24laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.
25Wees gou goedgesind teenoor jou teëparty so lank as jy nog saam met hom op die pad is, sodat die teëparty jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en jy in die gevangenis gewerp word nie.
26Voorwaar Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy die laaste oortjie betaal het nie.

Gaitsigubib ·

Danie terwyl jy vir ons aanhaal uit die Woord hoe jy nie moet optree teenoor jou broeder nie, sal jy ook vir ons aanhaal hoe jy wel moet optree teenoor jou vyand? Dalk kan jy ons se of God vyande het? Terloops die 10 gebooie in die Hibreeuse bybel se spesifiek” een Jood mag nie n ander Jood doodslaan nie”, dis later uit vertaal. Ek is nie pro doodslaan nie, maar jy moet eerder nie die punt mis preek nie. Ons weet mos nie een wat werklik gebeur het nie. Wat n mens wel weet is dat n regter wat iets beteken apel moes toestaan omdat die enigste getuie sy weergawe verander het, vir wat ook al die rede kon gewees het. Die getuienis was al reeds swak van die begin af.

Wonder net ·

‘n Artikel in ons plaaslike koerant….VIER jong kinders sterf waarvan n tweeling en dit is die ouers se enigste kinders…Taxi het rooi robot verontagsaam. Kry NET 10 jaar tronkstraf. Ek verstaan nie…

GP ·

Dankie Afriforum. Bly ek is lid en kan bydra. Sterkte aan die 2 manne onskuldig in die tronk. Ek dink daar is baie intimidasie. Op die kastige getuie en dalk op die regter ook. Hoop al die waarheid kom uit.

Mike ·

Nou moet die regter in sy persoonlikke hoedanigheid gedagvaar word en die twee manne moet miljoene eis van die betrokke regter en nie die staat alleen nie.

Genoeg ·

Ons dank saam met Pieter en Phillip ons Hemelse Vader vir hierdie groot genade! Ons glo uit ons harte dat reg en geregtigheid nou sal geskied. Sterkte aan julle 2, jul gesinne en familie.

Haan ·

Sake soos hierdie is hoekom ek maandeliks vir AfriForum n finansiële bydrae maak. Mag hierdie twee manne binnekort weer vrykom

pieter ·

Mike,stem saam.Dis tyd dat mense in sleutel posisies verantwoordelik gehou word vir hul onvermoe om hul werk reg te doen,en ek bedoel orals.

Pieter ·

Die land se hele reg stelsel is n grap dit gaan alles net oor omdat hulle blankes is dit is al ek sal skaam kry as ek daai regter is hy is n bang gat

George in Bloem ·

Hmmmmm………een van die dae is die regsbank ten volle “ge-transformeer”………kerels,DAN gaan die poppe begin dans.

Wie weet ·

Mooi Moooooooooi en Moooooi nou bid ons dat julle borg kan kry dat julle by jul famielies kan aansluit Die Here is groot hou aan glo Ons kort net n bietjie krag van bo Sterkte

kolla ·

Kom ons wag nou maar eers vir die uispraak van die appelsaak voor ons die perde voor die wa inspan. Hulle gaan in elk geval nie heeltemal los kom nie, moord was nie die enigste klag nie.

Miekie ·

Al was moord nie die enigste aanklagte nie, wat in elk geval nie kon gebeur het nie want die een man moes bestuur. Bakkie kan nie vanself oppad bly nie. Die vriend het voor saam met bestuurder gesit. So hoe stamp jy iemand af tensy jy ziek-zak ry oor die pad. Die ou wat gelieg het, is dit nie dwarboming van die gereg nie?????????? Ek bid met my hele hart dat hulle vrygespreek sal word vir moord.

Gaitsigubib ·

Ek stem nogal saam met jou Kolla. Om in die geheel los te kom laat Ronnie die regter sleg lyk en ons is reeds deur n “Masipa” situasie. Sulke dinge plaas regstellende aksie in die regsbank onder die vergrootglas ( waar dit hoort) en dit soek jy en jou regering seker nie. Die tekort aan bewyse teen hierdie manne is skokkend, maar soos almal weet, jou lot in die piesangregering hang nie in n weegskaal van feite nie. Wat gaan gebeur….. mens sal moet wag en sien.

jakes ·

Weereens moet daar ernstig ondersoeke kom na die aanstelling van regters en landroste.
Indien die twee mans verkeerdelik gevonnis is, is dit n klad op ons regstelsel. Eintlik behoort die regter dan tronkstraf uit te dien. Gister was daar n nuusberig dat 4 senior landroste geskors is vir ernstige misdrywe soos ondermeer omkopery, seksuele teistering en het een van hulle haar kriminele rekord nie verklaar nie. Die ergste is dat een van hulle n streeklandos is. Sedert hul skorsing ontvang 3 van hulle steeds hul volle salarisse. Geen wonder dat meeste regsgrade in SA nie in eerstewereldlande erken word nie. SA is vrot van bo na onder.

Basjan ·

jakes, die aanvanklike verhoor en skuldigbevinding van hierdie twee manne het ‘n duidelike politieke ondertoon. Wat dink jy sou gebeur het as hulle destyds onskuldig bevind is? Coligny sou in vlamme opgegaan het. Dit gaan interessant wees om te sien wat die “people” se reaksie wees as die Appelhof hulle onskuldig bevind.

Koos Roos ·

So, waar is al die mense wat altyd so skreeu: “Bring terug die doodstraf”???? Hierdie 2 manne sou verseker die doodstraf gekry het in ons land…

JohanL ·

Jaaaaa ek weet elke saak is uniek en daarom moet elke saak in die hof dien. Oscar was aanvanklik skuldig bevind aan ‘n misdryf wat nie moord was nie en dit was gegrond op onder andere ‘n erkenning van sy kant dat hy wel die skieter was. Kom ons ignoreer vir eers die feit dat die bevinding na appel toe verander is. Nou word in die Coligny-saak twee persone skuldig bevind aan moord sonder enige feite en slegs een getuie se swak getuienis. En dit is sulke DUBBELE standaarde in die hof wat my laat besef het – “bly uit die moeilikheid”. Want as die hof nie van jou hou nie, sal hulle ongeag feite jou skuldig bevind aan ‘n misdryf wat hulle pas.

Gaitsigubib ·

Oscar was nie tersprake in my skrywe nie. Dit gaan oor n regter wat nie Latyn verstaan nie. Die feit dat so n persoon n regter word is verstommend…… en niemand durf waag iets se nie. Ek praat nie eers van Ronnie nie, want dan sit ek met n laster saak!

Rubber ·

Die enigste getuie het agterna erken hy het gelieg. Die magistrate en regters is nou ingestel op ras gebonde uitsprake. Kyk as die twee vry gespreek was, het Coligny weer afgebrand. So ons regstelsel stop liewer twee oënskynlik onskuldige mans in die tronk.

Landvaneensydigheid ·

Skuldig bevind agv velkleur. Interesante tye hier in Suider Afrika…

kolla ·

Daar is ook stories dat die getuie omgekoop is om later te sê hy het gelieg. Ek wag maar tot al die feite navore kom gedurende die appèlsaak.

Amanda ·

Vra ook…wie het dan die bakkie bestuur. Is die regter wat hulle skuldig bevind het dan nou so onnosel?

Abe ·

Amanda,
Jou feite is verkeerd. Die ou storie van “wie het dan die bakkie bestuur?” het van die begin af op verkeerde feite berus. Lees die hofrekord en uitspraak: die regter het bevind: Doorewaard het die bakkie bestuur. Schutte het volgens getuie die seun afgestamp. Albei is skuldig bevind omdat hulle volgens die regter n gesamentlike oogmerk gehad het “acted in collusion” om die kind te vermoor. So, ek hoop almal vergeet nou die ou storie (wat in elk geval belaglik is) van “wie het die bakkie bestuur?”

Hanlie ·

Hierdie was so ‘n ras aangedrewe saak, dit is nie eens waar nie. Baie bly vir hulle. Mag ONS VADER toesien dat geregtigheid sal seevier.

Jerry ·

Phillip en Pieter het nou op die harde manier geleer oor hoekom witmense, maar veral die Afrikaner, nie met die gereg moet bots nie. Ek hoop dat hierdie n les sal wees waaruit n ieder en n elk sal leer. Indien jy vir watter rede ookal met die gereg bots is die kanse 99% dat die ondersoekende beamptes en staataanklaer sal saamsweer en jou sal “frame” met valse getuienis van getuies ten einde n skuldigbevinding te verseker. Die realiteit is dat dit “payback time is” en dat gevalle waar die waarheid uit wraak verdraai word en getuies valse getuienis afle aan die orde van die dag is, want dit werk, dit is effektief, dit is nou die witman se beurt om tronk toe te gaan en hoe meer Afriforum gaan terugdruk teen die staat met die vervolging van kaders, hoe meer intens sal die wraakaanslag teen witmense raak!

Frank Rossle ·

Jy is volome korrek in jou waarneming, Jerry. Blankes, en in die besonder Afrikaners, moet asseblief uiters waaksaam wees om nie op die ingewing van die oomblik op te tree nie. Ek luister om die beurt na Pretoria FM en Radio 702. Laasgenoemde maak mens bewus van die wraakgedagtes, afguns, haat en nyd teenoor die Afrikaner.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.