Appèlhof-uitspraak: Bloedneus vir rasse-ideologie

Argieffoto (Foto: Sergei Tokmakov/Pixabay)

Solidariteit het vandag die uitspraak van die hoogste hof van appèl in Bloemfontein teen die landdroskommissie en onder andere die minister van justisie en korrektiewe dienste, verwelkom.

Die uitspraak volg nadat die partye teen ʼn vorige uitspraak appèl aangeteken het omdat ʼn wit waarnemende landdros, John Lawrence, hom tot die hof gewend het omdat sy aansoek om permanente aanstelling geweier is.

“Hierdie uitspraak van die appèlhof in Bloemfontein dien die regering en al sy instansies se rasse-ideologie en pogings om dit oral af te dwing ʼn enorme bloedneus toe,” sê Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit. “Ons is verheug oor die uitkoms vir mnr. Lawrence wat hierdie stryd moes voer om ʼn permanente aanstelling te mag beklee en nou weer daaroor uitgedaag is en dit bloot op grond van die kleur van sy vel. Dit is absoluut belaglik dat die regering en sy instansies tot hierdie vlak sal daal bloot omdat hulle ʼn afkeer in ʼn spesifieke ras het.”

Volgens die uitspraak kan die gewig van ras nie absoluut wees en ander faktore soos ervaring en kwalifikasie buite berekening stel nie. Regter Potterill stel dit verder dat die hof bekommerd is oor die prosesse wat gevolg word om kortlyste vir posisies in die howe op te stel en dat kandidate nie uitsluitlik op grond van ras uitgesluit kan word nie.

“Dit is verblydend om te sien dat kwota-gedrewe aanstellings nie as algemene praktyk in die howe geduld word nie. Dit is Solidariteit se hoop dat die staat by die genuanseerde benadering soos deur die howe voorgeskryf, sal berus. Sou die staat hom egter tot die konstitusionele hof wend om sy rasmal-agenda verder te voer, sal Solidariteit aansoek doen om as vriend van die hof in die saak toe te tree om in daardie hof verder teen die regering te veg,” voeg Van der Bijl by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pietertjie

En nou gaan die saak weer verder gevoer word in die Grondwet hof. Nadat daar appèlle teen die appèl aangeteken is. Só ploeter ons voort.

Ian

MOOI MAN. Wys jou die kader aanstelling in alle staats en semistaat is onregverdig. Voort my mooi volk. Moet nie gaan le nie.

Papsak

Staan op al is jou kleur wit wys hulle staan sterk

Nico

Welgedaan. Dit maak mens trots op julle.

Dup

Transformasie beteken dat alles wat wit was of is,nou swart moet wees.Daar is geen middelweg vir hierdie mense nie.Ongeag kwalifikasie,kundigheid of bekwaamheid.