‘Appèlhof-uitspraak het ingrypende gevolge vir Zuma’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die DA en Vryheidsfront Plus het gesê die appèlhof in Bloemfontein se uitspraak rakende die magte van die Openbare Beskermer (OB) hou ingrypende gevolge vir pres. Jacob Zuma rakende die Nkandla-skandaal in.

Die appèlhof het Donderdag in sy uitspraak oor Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, gesê die OB se mond mag nie gesnoer word deur haar aanbevelings te ignoreer nie. Die hof het beslis dat Motsoeneng wel vir 60 dae geskors moet word terwyl ʼn tugverhoor vir sy oortredings gehou word, om te verhoed dat hy met die ondersoekproses inmeng.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het gesê die appèlhof se uitspraak het gewys dat die DA reg is oor sy posisie dat “die kantoor van die Openbare Beskermer, soos alle Hoofstuk Nege-instansies, ’n waardige een is”.

Selfe het gesê die appèlhof het verder bepaal dat “’n individu of instansie wat geraak word deur enige bevinding, besluit of remediërende optrede deur die Openbare Beskermer nie daarop geregtig is om met ’n parallelle ondersoekproses as dié van die Openbare Beskermer te begin nie, en dat die uitkoms van daardie parallelle proses nie die bevindinge wat deur die Openbare Beskermer gemaak is, kan troef nie.” Selfe het gesê die uitspraak het ernstige gevolge vir Zuma en sy aanspreeklikheid vir die R246 miljoen wat aan Nkandla bestee is.

Die Vryheidsfront Plus het ook die uitspraak verwelkom en gesê dit bevestig die oppergesag van die Grondwet. “Die appèlhof se bevinding het ʼn breë rooi streep getrek deur pres. Zuma en die ANC se hantering van die Nkandla-skandaal tot dusver,” het dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann Marx ·

Haha…wat ‘n grap. Motsoeneng en Number One is nie op dieselfde vlak van “belangrikheid” in hierdie opset nie? En buitendien, Number One werk nie met die kolonialiste se “WET” wat ou Jan so 300 terug hier aangebring het nie? Hy werk met die “wet” van sy kultuur….en dit maak hom “untouchable”. Hy is die opper-gesag….en te hel met die res.

Werner ·

Tragies dat die standaard posisie van die swart meerderheidsregering altyd neig om die standaard van beskawing te verlaag of teen te gaan.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Ons beweeg a stap in die regte rigting kom ons wees positief daaroor Ek glo en hoop en bid dat ons koripsie en misdaad werkloosheid sal wen

Tom ·

Hierdie hofsaak tel net so baie soos die papier waarop dit geskryf is – zero. Net soo alle wet en orde vir n baie lank tyd in ons land, wat ons net aan kou en kou en herkou.

Rynhardt ·

Ek kan nie sien dat Zuma sy dag in hof gasn kry nie!Cyril Ramaphosa het juis n ruk terug gese:”Howe gaan nie ons sake deurmekaar krap nie.Die wat howe toe hardloop,is in vir n helse $verrassing”.Dit se alles.Verder is daar nog nie R30miljard raadgewers ook wat hul rol speel.

neelsie ·

Mr JZ, jou kierankies gaan braai.
Weet nie wie die kastaaiings vir jou uit die vuur gaan krap nie.

Dan ·

Ja so mors die ANC die land se geld vir eie gewin en self verrykking, en om kaders te beskerm as hulle bandeloosheid ter sprake kom. Hulle verkrag die grondwet soos Mathashwa weer dreig om die wet in eie hande te neem. Ons sal moet van hom ook moet ontslae raak so ook van daai vroue hoof speaker in die parlement. Ag so kan n mens nog talle op noem………..PUNT

Liewe lulu ·

Ag JZ gaan hom nie daaraan steur. Hy ly aan tonnelvisie

Winston ·

Die ANC regering gaan hulle nie hierdeur laat stuit nie. Sal liewer poog om die oppergesag van die howe te ignoreer en te ontwyk deur ondersteuning van die massa. Daarna poog om ander wetgewing daar te stel vir verkose leiers. Kyk maar na Bashir om een te noem en dan is daar Nkadla, Motsoeneng en so kan ek n lang lys weergee van ” maak soos ek wil” deur die regering. Ons kan maar net hoop.

REGINA ·

Baie goed gese Rynhardt, stem volkome met jou saam! Die ANC en sy “NUMBA ONE” gaan hul beslis nie sommer laat onderkry deur die OB of n ou “appelhofuitsprakie” nie! “Pay back the money” is nie in hul woordeskat nie! Hul maak en breek soos hul wil en stoomroller voort deur die massas op te sweep om sodoende nog stemme te werf. Dit gaan vir hul net oor magsbeheptheid! Ons kan maar net glo op n “wonderwerk” dat die ANC tog nog eendag gestuit kan word deur die OB en die Howe om ons van hierdie roekelose “regering” se verdere wetteloosheid te kan verlos! Maar beskaam die hoop nie dalk weer eens nie? n Donker tydperk le vir ons voor, tensy daar n ingrypende “wonderwerk” gebeur! Ons kan maar net glo en bid op uitkoms vir die Afrikaner! So kan dit nie aangaan nie, die land verval daagliks!

Standvastig ·

Die geskiedenis het reeds lankal bewys dat kultuur by swarters veral die zulus baie sterker is as wetgewing. Z se ondersteuners sal by hom staan ongeag wat hy is koning en daar sal niks gebeur met die saak nie en merttertyd wegraak. Ons kultuur is anders. Die taxis stop enige plek, laai op en af soos hulle wil. Hulle steur hulle nie aan wetgewing nie en die verkeersbeasmptes doen niks nie. Dit het tyd geword dat ons opstaan teen die taxis. Almal wat agter hulle moet stop blaas saam toeter tot hy ry. Staan saam teen hulle en stop hierdie onwettighede. Bly in die geloof en bid saam, Dis nooit te laat nie.

BJ ·

Die geskiedenis het bewys dat die kultuur van baie swartes sterker is is as wetgewing veral die zulu. Hulle sal by hulle koning staan ongeag wat. Z se saak sal soos baie ander n stille dood sterf. Gaan hy persoonlk in die hof staan as hy nie betaal nie. Wetteloosheid is aan die orde van die dag en ons kultuur is die teenoorgestelde. Waarom stop taxis net waar hulle wil. Dis tyd dat ons saam staam teen hierdie wettelooshede. Waar n taxi in n WOONBUURT sommer net so voor almal stop en die hele verkeer belemmer moet almal inklim en toeter blaas tot hy ry. Hulle is nie net wetteloos nie maar skep voortdurend gevaarlike situasies. Gaan ons hierdie optredes soos baie ander maar net aanvaar of gaan ons die doen dit self alternatief toepas waardeur ons gesag in ons woonbuurtes afdwing want die owerheid is lam. Kom my vriend staan saam teen hierdie wetteloses waar ons kan en laat ons kultuur in ons buurt geld. Klein begin groot gewin. Bly op die kniee maar staan saam. O BLOEDRIVIER MY GOD.

JoeV ·

Mors van geld om wat as integrityd bestempel woord deur party aan ander in die hof te probeer verduidelik. In Afrika is dit hoe gesag tot niks vergaan en dan volg die ergste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.