Appèlhof verwerp jongste Zuma-aansoek

Oudpres. Jacob Zuma. (Argieffoto: GCIS)

Een van oudpres. Jacob Zuma se laaste pogings om die korrupsiesaak teen hom verder uit te stel, het in die hek geduik toe die appèlhof sy aansoek dat staatsaanklaer Billy Downer aan die saak onttrek word, misluk het.

Die appèlhof het Zuma se aansoek Donderdag met koste van die hand gewys en bevind daar is geen “redelike vooruitsig” dat sy appèlaansoek kan slaag nie.

Daar is ook geen ander “dwingende rede” waarom die appèlaansoek aangehoor moet word nie, het die hof bevind.

Regter Piet Koen het vroeër Zuma se aansoek, dat adv. Downer van die staat se saak teen Zuma verwyder word, van die hand gewys.

Zuma het Downer aanvanklik van vooroordeel beskuldig en ’n aansoek gebring om hom as aanklaer in die korrupsiesaak te laat verwyder. Koen het egter dié aansoek in Oktober verlede jaar van die hand gewys en bevind Zuma se bewering is grootliks bespiegelend en ten beste gegrond op ontoelaatbare hoorsêgetuienis.

Die oudpresident het hom daarna – na dese onsuksesvol – tot die appèlhof gewend om die uitspraak te betwis.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die appèlhof se uitspraak verwelkom, sê Mthunzi Mhaga, woordvoerder.

Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales staan tereg op aanklag van onder meer bedrog, korrupsie en rampokkery. Zuma word ook daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van Thales ontvang het.

Zuma en Thales pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle in ʼn saak wat al langer as 20 jaar sloer.

Die saak word na verwagting op 11 April hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Misky ·

Fantastiese nuus!!!! Ek begin al meer glo dat die Zuma saga na ‘n punt beweeg en ook hoogtyd. Hy kon al sy 20 jaar uitgedien het as hy van die begin net toegesluit is en soos dit moes gebeur het.

Swerwer ·

So sal geregtigheid nog geskied met al hierdie onderduimse, slinkse optredes van die ANC kommuniste.
Ongelukkig neem dit tyd, en moet almal daaronder ly, maar die wiel is stadig maar seker besig om te draai

JohanR ·

Waar gaan hy nou appel aanteken? Deny deny deny, delay delay delay that be the Zuma way!

domheks ·

hehehehehehe! hoe lekker kry ek nou!! my tone krul eintlik van die baie lag! Elke hond kry sy dag, maar die brak kry sy naweeeeeek!!!

Lourens CFG ·

Hopenlik ‘n klomp naweke (so forteen hunnerd and forty million and twenty tousend) in sy oranje oorpak.

Manie ·

Die oukie sal wel weer met die een of ander uitrek slenter vorendag kom.

Wondermaarnet ·

Daar is so baie sake teen hom dat hy vry loop tot ALLES afgehandel is en dit kan 100 jaar neem.

Maritza ·

Goeie nuus of nie? Vrae onstaan van hoeveel nog van ons belasting geld gaan verder vermors word om hom skuldig te bevind. Dan die volgende vraag, as hy skuldig bevind word, sal hy tronk toe gaan? Kan hulle dit regtig waag sonder om weer ‘n herhaling van Julie se onluste te he? Hulle vrees niks meer nie want hulle weet die regering buig vir hulle

kaplyn ·

Moenie te gou opgewonde raak nie, hy gaan nou seker weer eers na die konstitusionele hof appelleer. Daarna volg daar 4 uitstelle en dan `n voorbehou en dan daag hy nie by die hof op nie en dan is hy weer siek en dan is sy regspan nie gereed nie en dan is hy weeeer siek en dan daag hy weeeer nie op nie en dan kla hulle hom aan vir minagting van die hof en dan begin die hele storie van voor af en dan appelleer hy weer, en weeeeeeer …………..

Magda ·

Mooi man, gaan na Jo kamertjie toe waar jy Hoort jou skelm.

AW ·

Moet daardie mens, nie onderskat Nié!!!

Hy sal eerder dood gaan as om verhoor te word, en al word hy verhoor, sal hy en sy regs span aan ,’tricks’ dink om die verhoor lank uit te rêk !!

Kobus ·

Hy het verseker nog ‘n paar planne. Hou maar eers die Oros nog op ys.

Di ·

Nee wat, hy sal so aanhou totdat hy in sy graf is! Dink meeste van ons is NAAR vir die NAR

Watsenaam ·

Die man moet iewers geweldig baie geld he. Hy probeer alles om sy bas uit die tronk te hou. Ek weet nie meer wat om van sulke verwaande mense te dink nie.

BARNEY ·

As hulle vooruit moet vra dat hy betaal vir die hof aansoeke sal hy seker ophou daarmee.

Hendrik ·

Die hele land is al siek en sat vir skaamtelose kiminele vuildpel. Wat n verleentheid vir enige landsburger met opregte toegewydheid en skoon kkarakter.

Dries ·

Ek het verneem dat hy appel gaan aanteken, met die versoek dat hy n sel met n stort wil hê.

Hasie ·

Kom oom Zoempie …vat jou pakslae soos ‘ n man ….jy is met jou vingers in die koekieblik betrap en nou moet ons nie ons oë glo wat so Kan lieg nie ….seeing is mos not believing …..

Petrie ·

Al wat die zoemzoem skurk moet doen is om vir hom n oranje oorpak te koop en by n tronk te gaan aanmeld. Hy moet sommer al sy pelle soos kateltjie, magashule, dronkgat dlamini, en kie saamvat en uit die oog verdwyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.