Appèlhof verwerp Tshwane-raad se aansoek oor straatname

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregteorganisasie Afriforum het nog ʼn ronde teen die Tshwane Metroraad gewen in sy stryd om Pretoria se straatname te behou.

Die appèlhof in Bloemfontein het die metroraad se aansoek om spesiale verlof tot appèl van die hand gewys nadat twee appèlregters bevind het die metroraad kon nie daarin slaag om aan te toon dat gronde vir sodanige appèl bestaan nie.

Die hofstryd oor 25 straatname in Pretoria en omliggende gebiede, wat sonder ʼn behoorlike proses verander het, duur nou reeds sedert 2012. In April van daardie jaar het die burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, aangekondig dat die name van 25 strate in die middestad en elders in die metro verander gaan word om hulde te bring aan verskeie struggle-helde.

Die metroraad het egter destyds nagelaat om sy eie hersiene beleid rakende straatnaamveranderings na te volg toe die name van strate soos Kerkstraat, Schoemanstraat, Vermeulenstraat, Andriesstraat, Voortrekkerweg en Zambezirylaan nuwe name moes kry. Strydig met sy eie beleid het die raad onder meer nagelaat om wykskomitees regdeur die metropool te konsulteer.

In April 2013 het regter Bill Prinsloo ʼn dringende interdik aan AfriForum toegestaan om die metroraad te verbied om hangende ʼn hersieningsaksie wat vroeër deur AfriForum van stapel gestuur is, voort te gaan met die verwydering van die ou name. Die metroraad het destyds die dringende hofverrigtinge voor regter Prinsloo summier geïgnoreer en selfs ná die verlening van die interdik, voortgegaan om naamborde met die historiese straatname op te verwyder.

Op 2 Junie vanjaar het ʼn volbank van drie regters van die hooggeregshof in Pretoria die metroraad se appèl teen die interdik verwerp. Regters Molefi, Jordaan en Pretorius was in hul uitspraak baie krities oor die metroraad se minagtende optrede teenoor die hangende regsprosesse en die interdik wat uiteindelik verleen is.

In reaksie op die uitslag van die appèl het Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, gesê hy is verheug oor die oorwinning in AfriForum se stryd om wedersydse respek vir die erfenis van kulturele minderhede in die Suid-Afrika te bevorder. “Die beste praktyk internasionaal is om erkenning aan meer as een pleknaam vir ʼn plek te gee en sodoende te verseker dat niemand benadeel of uitgesluit word nie. Daar is geen rede waarom hierdie resep nie ook hier gevolg kan word nie,” het Spies gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

HEVW ·

Jammer, n ander saak is, vir hoeveel inwoners van Pretoria het die historiese name nog betekenis. Daar is beslis op n ander terrein ook nog baie werk. Weet nie of dit al gedoen is. Daar kan n boek saamgestel word ter inligting van die bydrae wat hierdie historiese figure gelewer het.

Janine ·

Vir die Afrikaner wat sy/haar geskiedenis ken, is die straatname se oorsprong goed bekend. Ek persoonlik het ‘n probleem met die arrogansie van die anc om strate wat hulself nie geskep het in ‘n stad waarvan hul nie die argitekte was nie, na hule kamtige struggle-“helde” te vernoem. Hierdie name het vir die Afrikaner geen betekenis nie, maar sou jy daarin slaag om die name op te spoor, is dit meestal geweldenaars. Hoekom bou hulle nie hul eie stede nie?

J.Z ·

Bou , hulle kan net afbreek,kyk maar n bietjie na die hospitale,spoorweg,paaie munisipaliteite,sars,poskantoor,die hoowe,die polisie, die parlement,die ekomonie,landbou, tronke,ag daar is nog baie meer,maar Zuma reken dit gaan baie beter van hy pres geword het,hys reg beter met die af breek.

david ras ·

Een vraag : met wie se geld word die Metro raad se regskoste betaal ?

George ·

Goeie vraag. Dit is in alle waarskynlik met ons eie belastinggeld. Die eiegeregtigheid van die Metro Raad walg my tot in my diepste wese. Hulle steur hulle eenvoudig aan niks en niemand nie. Het dit nie dalk tyd geword nie om oor dienstegeld te herbesin?

George ·

Goeie vraag. Dit is in alle waarskynlik met ons eie belastinggeld. Die eiegeregtigheid van die Metro Raad walg my tot in my diepste wese. Hulle steur hulle eenvoudig aan niks en niemand nie. Het dit nie dalk tyd geword nie om oor dienstegeld te herbesin?

Hardebaard ·

Van wanneer af is sekere persone/instansies/entiteite verhewe bo die Reg? Sou die korrekte hofprosedures gevolg gewees het, (wat waarskynlik die geval is), en sou die hofbevele korrek volgens geldige hofreëls beteken gewees het, vereis dit verseker nie “vuurpyl tegnologie” om die saak op te volg nie. Die dienede amptenary behoort vervolgens gedagvaar te word, gevonnis te word en die vonnise moet eenvoudig voltrek word. Sodra iemand PERSOONLIK die toepassing van die Wet aan sy/haar bas voel, verander die houding meestal.

Gertjie ·

Ek sal ‘n lid bly van Afriforum tot my dood toe. Kom mense, sluit aan by Afriforum.

Hennie ·

Puik! Dis net jammer dat die klomp wat so eiegeregtig is, maar net rustig voort kon/kan gaan, en hulle aan geen regsuitsprake steur nie.

Pieter V ·

Om straat name te verander bring niemand iets in die sak nie. As dit finansiele voordele vir die stad inhou is dit seker goed ,hier is `n idiologie van Ramokgopo en van sy aanhangers wat verwag dat die belasting betalers daarvoor moet pa staan,finansieel verloor die inwoners Die geld kon baie beter aangewend word soos om hulle skole waarvoor apartheid verantwoordelik gehou word te verbeter.Ek dink die burgermeester en sy raad wat hulle idiologie so wil uitleef moet verantwoordelik gehou word vir die onkostes en kostes wat aangegaan word met regs gedinge.

BoereBikerBaby ·

dis so vitraag dat hulle die name wil verander. nie net kos dit geld nie, maar al die gps plekke moet dan weer als opgradeer ens. dis onnodige kostes en ongerief vir almal. meeste van die mense kan nie eens die name oordentlik uitspreek nie…

Loeis ·

Net ‘n vragie. Die persone in die Metroraad wie die besluit geneem het om ‘n hofbevel te verontagsaam. Kan hulle nie krimineel van minagting van die hof aangekla word nie? In hul persoonlike hoedanigheid, uit die aard van die saak. Hulle voel vere vir die belasting geld wat hulle vermors, maar as hulle deur ‘n hof vervolg word, sal hulle houding baie baie vinnig verander.

Griki ·

Ek stem saam, Loeis. As ‘n private persoon ‘n hofbevel veronagsaam, sal hulle in hegtenis geneem word. Waarom word dieselfde nie met die persoon/persone gedoen wat opdrag gee dat die hofbevel geignoreer moet word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.