Appèlhof verwerp Zuma se aansoek oor spioenasiebande

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

Die appèlhof in Bloemfontein het Donderdagoggend president Jacob Zuma se aansoek om te keer dat die DA die veelbesproke spioenasiebande in die hande kry, van die hand gewys.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moet aan die vorige hofuitspraak voldoen en binne vyf dae die spioenasiebande beskikbaar stel.

Die opnames, interne memorandums, verslae en die notules van vergaderings oor die inhoud van die opnames moet beskikbaar gemaak word.

Mokotedi Mpshe, wat destyds waargeneem het as NVG-hoof, het in 2009 die korrupsieaanklagte teen Zuma laat vaar. Zuma is kort hierna as president ingehuldig.

Daar is destyds aangevoer dat gesprekke op die bande die rede was hoekom die aanklagte laat vaar is.

Die DA het aansoek gedoen om toegang tot die bande te kry maar ten spyte daarvan dat hulle vorige hofsake gewen het, is die bande nooit aan hulle oorhandig nie.

Zuma se regspan het tydens die nuutste aansoek aangevoer dat die DA die bande teen hom sal gebruik vir politieke gewin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Paul ·

Waarom word die Engelse “spy tapes” met “spioenasiebande” vertaal?

Dit is tog gewoon “opnames”, nie “bande” nie.

As jy iets in ‘n ateljee opneem, praat jy tog nie van “ateljeebande” nie, maar van “ateljee-opnames”.

Ja, in die verlede was dit “bandopnames”, maar dis die “-opnames” deel van die term wat die betekenis dra – die “band-” is ‘n bysaak.

Dis nie nodig om ‘n mens in Afrikaans te laat lei deur ‘n swak Engelse term nie.

"Huh!" ·

Jitte Sonja, gee eerder ag op die “les” en leer iets. Dit is onrusbarend hoe ons taal vervlak word. As daar nie “onderwysers” op die forums gaan wees nie, kan ons maar totsiens sê vir Afrikaans. Dit verstom my om al die spel- en taalfoute te sien wat deur ál die koerante deesdae gemaak word.

Oral waar mens kyk deesdae is dit net spelfoute. Advertensieborde, pamflette, noem dit maar op. By ‘n vooraanstaande CVO-skool lewensgroot bo die deur van die eetsaal “EET SAAL”. Dink net hoeveel honderde kinders wat elke dag onder daardie deur loop, nie “eetsaal” kan spel nie.

Moenie so negatief en liggeraak wees as jy ‘n gratis Afrkaanse-lessie raakloop nie.

Sammy ·

Dis sulke reaksies wat bewys dat ons agteruit beweeg. Niemand wil tereggewys word op FOUTE nie en probeer eerder die persoon wat die regstelling maak uitkryt as die een wat die demoon is in die verhaal. PRESIES wat verkeerd is met hierdie land/wereld.

Anoniem ·

Vergeet van die bande en wees bly oor die uitspraak. Ek hoop Zuma se tyd raak nou min. Los asb. die les oor taal en bepaal oor die ware toedrag van sake wat veel belangriker is.

Paul ·

Gelukkig is dit vir die mens moontlik om meer as een ding gelyktydig as belangrik te ag. Deur een saak te bespreek, verminder dit nie die belangrikheid van ‘n ander nie.

HEVW ·

Paul, dankie dat jy vir ons taal intree. Dit is regtig swak van ons eie Afrikanermense om gedurig van ons taal n gemorstaal te maak. Die grootste aanslag op ons taal kom uit eie geledere wat nie genoeg respek daarvoor het nie as van buitekringe. Is opgewonde oor die apel wat van die hand gewys is.

Willie ·

Lekker jou loodswaaier! Hoekom so ‘n groot geheim? Weereens ‘n skuldige gewete, né. Hoop ons, die publiek kry ook insae in daardie geheimsinnigheid.

Grassie ·

Of die oorspronklike opnames oorhandig gaan word is moontlik, maar onwaarskynlik. Miskien ‘n geredigeerde weergawe wat Zoempas se sondes so ‘n bietjie verdoesel.
Paul – jy doen reg om vir ons taal in die bresse te tree. Daar is heeltemaal te veel van ons taalgenote wat nie meer trots is op Afrikaans nie.

Santjie ·

Onse president se reaksie op die voorsiening van die bande aan die DA se absoluut alles. Hierdie demokrasie van ons is lagwekkend. Weerhouding van die bande word deur die geagte president vir politieke gewin gebruik, om in ‘n posisie te kom waardat hy homself, sy familie en vriende verryk tenkoste van duisende wat vir hom gestem het. Het hy absoluut geen gewete nie??? Niemand mag ook naby die sensitiewe vel kom nie.

Theresa ·

Wys jou nou net………..daar is altyd iets om weg te steek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.