Aprilgek! Het jy geval daarvoor?

Argieffoto

Argieffoto

Maroela Media het Dinsdag, vir Aprilgekkedag ʼn paar tong-in-die-kies berigte gelaai. Kon jy hulle almal uitken?

ʼn Paar van ons lesers het sommer vroeg besef dit is 1 April.

Hiermee ons Aprilgek-berigte:

Ons het vroegoggend ʼn berig gelaai oor die laaste oorblywende renosters wat na een enkele terrein verskuif gaan word om hulle veiligheid te verseker en hulle van stropers te beskerm. Klik hier om meer te lees.

Ons het ook berig dat werknemers van internasionale maatskappye in Suid-Afrika binnekort hul werksure moet aanpas om seker te maak dat beurtkrag hulle nie kniehalter nie. Klik hier om meer te lees.

En dan het ons ook berig oor die moontlikheid van Nkandla as toeriste-aantreklikheid. Klik hier om meer te lees.

Dit is natuurlik nie verbasend dat lesers ons so vroeg uitgevang het nie.

Nuwe navorsing deur die Vrystaatse Universiteit se departement genetika het aan die lig gebring dat lesers van Maroela Media gemiddeld intelligenter is as lesers van gedrukte koerante.

“Die uitslag van die navorsing was nie heeltemal ‘n verrassing nie,” het prof. Dave Rupert, wat die navorsing gelei het, gesê. “Mense met internettoegang is dikwels uit die meer intellektuele deel van die samelewing, maar wat ons wel verras het, is dat ons ‘n geen ontdek het wat hiermee verband hou. Dié geen is B7maroela12-A genoem.”

Rupert verduidelik dat die geen soortgelyk werk as gene wat sekere mense ‘n geneigdheid tot blou oë gee. “Dit is waarskynlik dat mense wat intellektueel by mekaar aanklank vind in die huwelik sal tree. Mettertyd word die geen oorerflik-dominant.

Lesers van poniekoerante word onder meer uitgestof deur gewone dagbladlesers.

“Die bevinding is terselfdertyd ‘n groot uitdaging vir Maroela se personeel wat intellektueel moet uithaal met hul berigte en artikels, omdat mense met hierdie geen gesteld is daarop om intellektueel geprikkel en selfs uitgedaag te word.

Suné van Heerden en Herman Toerien het bygedra tot hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Nee, ek is gelukkig nie gevang nie, maar dankie vir die humor Maroela.

Elbie Dickie-Clark ·

Ek is gelukkig ook nie gevang nie. Ek hou egter van die laaste berig oor die Maroela Media-lesers se intelligensievlak!

Hendrik ·

En as jy daardie laaste berig nie as ‘n Aprilgek streek herken het nie, jy weer ‘n keer gevang :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.