Aprilgek: het ons jou gevang?

Lesersfoto

Lesersfoto

Maroela Media het vandag op Aprilgekkedag ʼn paar artikels op die webwerf gepubliseer waarmee ons lesers om die bos wou lei.

Meeste lesers het egter vinnig die kloutjie by die oor gekry en uitgeblaker: Aprilgek!

Hier is die wolhaarstories wat vandag op Maroela Media gepubliseer is:
Nuwe taalbeleid: Só raak dit jou
Belasting verhoog vir Nkandla-geld
Nou gaan jy 4 keer ʼn jaar opdok vir jou motorlisensie

Ons lesers het veral ʼn bohaai opgeskop oor die motorlisensie en die berig is sommer vroegoggend al meer as 700 keer op Facebook gedeel.

Lesers was egter onseker of die berig “Zuma sal belasting moet betaal op Nkandla-voordele” ook ʼn Aprilgek was, en ons moes vinnig bevestig dat dié artikel wel die waarheid is en baseer is op ‘n egte verklaring deur AfriSake.

Lees alle vorige berigte wat met Aprilgek verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

ellie ·

ek dink mense wat die publiek as gekke hou het nie genoeg werk nie. vervang daardie persone!!!! baie swak smaak.

Willie ·

Ag nee kom nou…die lewe is ernstig en morbied genoeg….is die april gek grappie te veel vir jou? Lag en die wereld lag saam met jou…

Anti-Haas ·

ellie, jy lag seker ook nie meer as iemand jou kielie nie……..
Nee man, kry grip en sommer ‘n meer opgewekte lewe….
Lyk of jy sonder lig in jou lewe wandel.

lekker gelag en ook mense vir ‘n gat gevat vandag…….

Glimlag….. dit kos niks………..

Johan ·

Daai klink glad nie n n grap nie maar amper die waarheid wat hulle kyk darm nou diep in ons sakke in vir als

ora ·

Jul hofnar het vandag lekker in wensdenkland baljaar. Jul het my met die taalbeleidberig gevang want as jy met my moedertaal lol, dink ek met my hart.

Tiger ·

Ag dit was vet pret vir my om die “berigte” te lees!Goed gedaan en dankie vir die vermaak!Die taalkwessie het my hare ook laat rys moet ek erken!

cs ·

Julle het my gevang met die kar lisensies! Ag maar wat is April Fool dag sonder ‘n April fool grappie, onthou net Maroela, sodra julle dit die minste verwag kry ons julle terug.

Vixie ·

Dankie vir die inisiatief, Maroela. Daar is dag en nag net moord en doodslag en negatiewe gebeure wat ons lewens raak. Mens moet af en toe ‘n grappie ook maak om jou gemoed bietjie te lig. Die ou suurpruime wat so kerm en kla oor die hele Aprilgekkedagding, moet voorwaar elkeen ‘n blik kondensmelk uitsuig om van hul suurgeit ontslae te raak

Hannelie ·

HAHAHAHA…. lekker Maroela Media. ek het gedink die lisensie storie is grap.

DALEEN ·

Whaaaaaaaahahahaa…. ek was sooooo boos oor die lisensie berig!!! Gedink ek sal my voertuig moet smous…. hahahahaha.. cool stuff, Maroela!!

doreen visser ·

Jul het my gevang paar lelike woorde uitgelaat, wel gedaan ons is mal oor jul artikels jul rock

Alicia ·

Dankie Maroela vir die inisiatief! Kyk maar verby die ou suurknolle :-)

Zia ·

Ek het dit geshare op fb en gese “hoop nie dis ‘n April’s fool joke nie! So hulle het my nie gevang vandag nie!!!!!

Gesiggie ·

Ellie… die lewe is suur genoeg? en ons moet darem so n bietjie kan grappe maalk” om ons dag op te kikker”’ n mens lees net elke dag van Moord en Dood… so ja… Lag is slag… as iets te goed klink om waar te wees??? is dit nie waar… Ha ha , well done Maroela

m ·

Ek het dit vreeslik geniet. Die lewe is ernstig genoeg. Baie dankie!!!

pieter jooste ·

hierdie dinge grens aand mal word vir ander wat kla onder so baie druk is. grap vir een duiwel se kind vir ander

Anne-Marie Van Niekerk ·

Haha! Nogal als vir my man voorgelees!! Ougat julle!

KARINA ·

Ja Nee Kyk ek lekker gelag!!!!
Ek het baie bly geraak toe die artikel was oor dat Zuma bedank het…toe dink ek verder en besef haha April fool joke…as dit tog maar net waar was dat hy bedank…..

Rosie ·

Well done, Maroela!! Ek dink julle is tops!! Wat die ander aanbetref wat so gal braak, get a life, dudes, as ons nie kan lag in die lewe nie, sal ons vergaan van ellende

Coenraad ·

Wat het geword van die storie wat op was oor Zuma wat bedank het? Was daar moeilikheid oor dit, dat die berig nou heeltemal verwyder is?

GES ·

Maroela baie dankie vir die grappies. Die lewe is soms drukkend en dit is nodig om ‘n bietjie te lag. Ek wil tog net sê, dat ek glo julle nooit sal gekskeer met die dood of leed van ons mense nie. Dit word net nie gedoen nie, so almal kan ontspan asb.

Estelle ·

Dit was groot pret, baie dankie Maroela Media. As ‘n volk die dag sy sin vir humor verloor is ons in die moeilikheid…dankie tog ons blyk nog heeltemal sterk te wees. Ons is bekend daarvoor dat ons kan lag vir onsself.

Snip ·

Wel julle het my verseker gevang met die lisensie storie en my kop het gaan stil staan en vir myself gesê nou moet ek raap en skraap en elke pennie omdraai en dit maar aanvaar. Sjoe, ek is regtig verlig. LOL, julle helle.!!!

Snip ·

Ennnn, ek het so bly geword toe ek hoor Zuma het bedank. Damm.!!!

Helena ·

Dankie tog, amper gedink hier is nog ‘n oorlog in aantog!!!! Lag en die wêreld lag saam, huil en huil alleen. Ek dink baie is nog oop vir bietjie grappe en lag. Ellie ….. die liewe is ‘n lied….lag saam.

vermeende ·

Ja jou julle lesers vir gekke met die April gek grape.
Chill se die lesers, sien die ligter kant raak.
Ek woner net of die dogter wat vir die 2de keer verkrag is en nou vermoor is ook die grap gedeel het en die boer wat voor sy vrou met n mes dood gesteek is, ek wonder of die vrou die ligter kant vandag sal sien en smile.

Maroela, daar is mense wat daagliks frees vir hulle lewe in die reenboogland en die toekoms van hulle kinders.
Trek eerder die hanswors kleed uit en berig oor dit wat die blanke raak.
As dit vir julle n grap is om te kyk of n man wat le nog geskop kan word dan behoort niemand julle berigte ernstig te neem nie. Dan het julle ontaard in n klomp grap jassies.
Mense kom lees die nuus hier om op hoogte te bly en nie om vermaak te word nie.
Julle is in teen deel die gekke wat nie eers weet waar die oorsprong van April fool le nie.

Cherokee ·

As dit nie so tragiese berig was nie sou iemand kon dink dat julle dit as ‘n grap beskou om te berig dat ‘n mikroligte vliegtuig besig was on gewasse te bespuit toe dit gepràng het. Ek weet egter dat jul smaak nie sò swak is nie en dat dit bloot onkunde is wat julle sulke dinge laat skryf.

CWS ·

Was so boos en net voor ek uitstorm en my kar weggee verniet.!!!!..Bawahahahahaaaaaa very good.!!…lekker gelag…..dankie baie maroela.!!

Kosie ·

Ai Vermeende, met so n siening het jy klaar die lewe n bol gerol. Staan op en smile,en tel ELKE oomblik wat jy van God ontvang! Dis genoeg om ver verby al die lewe se suur oomblike tesien ..

Cherokee ·

Julle het ape van julself gemaak met die berig oor ‘n mikro-ligte vliegtuig wat oeste-bespuiting doen. Dit was geen grap nie. Julle dink regtig dit kan gedoen word.

Oom Kalahari ·

@Ellie & Vermeende, regtig kan jul nou so kleinlik raak. Nee kom nou en begin darem bietjie ook die ligter kant van dinge sien of het jul vandag te veel suurpruime en bitter bessies ge-eet. Ek sal vir jul heuning skenk om die bitter na smaak weg te neem. Hierdie mense by Maroela Media is ook daagliks onder enorme werksdruk met berigte en daar is baie van die berigte wat hul harte ook soms emosioneel aanraak waar lewens verliese of ernstige misdade is, want hul kry eerstehands met al die dinge te doen. So laat ons darem ook hierdie person die geleentheid gun om ook ‘n ligter kant te kan openbaar veral waar almal tog bewus is van 1 April as gekke dag. MM jul was vandag briljant en het my vandag met paar dingetjies gevang oor die lisensies, Zumpta se vertrek en sjoe toe dit oor my Taal gaan toe is daar te min woorde in die woordeboek van A_Z en gelukkig het ou wederhelf gou-gou my reggehelp en ‘n ou koppie teetjie tot vertroosting gegee. Dankie vir jul ligter sy en deelname op hierdie dag en glo heelwat lesers was bietjie kwaad in wat hul lees en gemoedere was aan die kook en tog het dit ‘n lekker lag sessie dag geword. Groetnis

Otter Botter ·

Ek is so bly JZ het nie bedank nie, want dink net hoe saai die lewe sonder sy streke sal wees en wie gaan die opposisiepartye dan kan gebruik om ‘n sirkus van die parlement te maak!

sarie van heerden ·

Eens op ‘n tyd het ons Aprilgrappe gehad. Vandag het ons dinge wat elke dag as ‘n grap sou kan deurgaan. Vertel op 1April die President van die land het 4 wettig getroude vroue behalwe die knders wat hy verwek by sy goeie vriende se dogter, of dat hulle nie eens weetHOEVEEL kinders hy het nie. Of vertel dat niemand weet of hy standerd 3 of 4 solastiese opvoeding het nie, of dat hy glo mens kan na seks slegs stort en jy is genees idien jy vigs sou aansteek. Ons hele lewe is deesdae ‘n Aprilgrap in hierdie land.

Sandra ·

Julle het my lekker gevang met die motorlisensie een! Ek was sommer hoogs onsteld en het vir so paar mense daarvan vertel. Moes vandag almal laat weet ek was gevang met April Fools!

Marius van Staden ·

‘n Leuen bly ‘n leuen – of dit as ‘n grap bedoel word of nie. Ons land en sy mense verval volgens die duiwel se smake en dit word goedgekeur. Swak. Dit verklaar hoekom die regeerders van die land se leuens ook aanvaarbaar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.