Apteekgroep verwyder ook TRESemmé van sy rakke  

(Foto: Karen Sandison/ANA)

Die apteekgroep Dis-Chem het bevestig dat hy ook nie langer TRESemmé-haarprodukte sal verkoop nie.

“Ons het bevestig dat alle TRESemmé-produkte van ons rakke verwyder is. Die besluit is Dinsdag geneem en is reeds by al ons takke landwyd geïmplementeer.”

Woolworths, Pick n Pay en Shoprite het ook bevestig dat hulle die besluit geneem het om nie meer TRESemmé-haarprodukte te verkoop nie.

Clicks het Dinsdag aangekondig dat hy TRESemmé-haarprodukte van sy winkels se rakke gaan verwyder en eerder sy reeks plaaslike haarversorgingsprodukte gaan uitbrei.

Dié winkelgroep het die afgelope naweek in die sop beland nadat hy ʼn TRESemmé-advertensie op sy webwerf geplaas het waarin na verskillende vroue se verskillende haarsoorte verwys word. In die advertensie word die byskrifte “frizzy & dull” en “dry & damaged” gebruik by die foto’s van swart vroue se natuurlike hare, terwyl die byskrifte “fine & flat” en “normal” by foto’s van wit vroue se natuurlike hare gebruik word.

Die EFF het intussen ’n brief aan Alan Jope, uitvoerende hoof van Unilever, wat die TRESemmé-handelsmerk besit, gerig rakende die omstrede advertensie. Die EFF het die maatskappy 24 uur gegee om die kwessie rakende die advertensie op te klaar.

Verteenwoordigers van die EFF en Clicks vergader ook Donderdagoggend. Luidens die verklaring is die vergadering vir 10:00 by die EFF se hoofkantoor in Braamfontein in Johannesburg geskeduleer. Die EFF se afvaardiging sal deur Julius Malema, partyleier, gelei word terwyl Vikesh Ramsunder, uitvoerende hoof van Clicks, dié winkelgroep in die vergadering sal verteenwoordig.

Clicks het bevestig dat sy winkels weer Donderdag sal oop wees nadat dit Woensdag gesluit was. Die EFF het gesê betogings buite Clicks-winkels sal voortgaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Adam Adriaan ·

Ai dit is darem jammer dat die stert die hond swaai in hierdie ou landjie van ons.

Francois Le Cochon ·

Shoprite, Checkers, Usave en OK die een en dieselfde besigheid.

Toktokkie ·

Intussen het Checkers, Shoprite, Dis-Chem en Woolworths ook alle TRESemme produkte verwyder. Dis nie eers meer beskikbaar op Takealot nie. Dis ‘n aanval op die maatskappy TRESemme – ek is van mening omdat die regering hul eie belange weer wil bevorder – Clicks het genoem dat hulle alle TRESemme produkte verwyder het en saam met die regering werk om die local beauty mark te bevorder. Ek neem aan dit was die plan van die begin af.

Misky ·

Ag nee werklik waar en waar gaan die nonsens eindig??? Dis nie die shampoo nie, maar die siening van mense met n minderwaardigheidskompleks

Tinker ·

Dit wys jou net hoe fyngevoelig hulle is. As ons moes n bohaai opskop oor alles was 90% van ons al in die tronk.

BEKKIG ·

Ja nee. Vra hoe hoog om te spring as hulle sê spring. Hoe kinderagtig.

Wesie ·

Almal kan nou maak net wat hulle wil geen orde. Weet hulle wat dit beteken?? Daar word dan nie eers oogetree teen moorde nie

nell ·

En die rooi pette geniet hulle gate uit…mission accomplished – so maklik soos dit.

Diets ·

Belaglik!!!!! Dis soos BLM….almal wil nou hul stemmetjie laat hoor…. ai die mensdom!!!!

Trotse Boervrou ·

Nou toe nou, nou kom almal se ware kleure skielik uit. Dalk was hierdie die beste ding wat ooit kon gebeur het. Kom ons kyk wie koop by wie verder.

Sonneblomkind ·

Ek stem…nou ja nou gaan ons sien wat ons waar gaan koop en wie ons gaan ondersteun

saggiespraat ·

Weer eens ons het nie eers Water om hare te was maar hulle gaan aan oor Shampoo
ASB man Tess gaan maar aan met aanlyn verkope ONS sal julle onder steen al gebruik
ek nie eers Tresseme nie MY Magtig man

Sonneblomkind ·

Dis waar. Geld verduistering, loadshedding en water shedding ….en nou die verdomne shampoo…wys jou net hoe dink hulle

Christina ·

Ai en daar was niks met die advertensie verkeerd nie, dis die taal wat vir hulle ‘n probleem is. ‘ n Swart haarkapper het dit mooi verduidelik dat al vier haar probleme is, maar hoe oortuig jy nou mense as firmas saamgaan met die wegholtrein.

Louise ·

Nou wat van ons ander wat dit gebruik, want ek het ook “Liewe Jesus” krulle wat ook “frizzy & dull” is.

Persheks Adri ·

Lees ek verkeerd of gaan hulle verder betoog vir die kinderagtige redenasie vermoë? Oe ee ee hamba khaye EFF!

Eerlik ·

Regtig Dischem, hierdie aksie gaan julle beslis nie in n beter lig stel na julle masker prys skandaal nie. Vir baie mense is Treseme die bekostigbare opsie! Julle is pateties!!

Fedup ·

So these scared little people are willing to lose clients?
Good.
I will not be buying from them anymore.
Hopefully i will be leaving this god forsaken country very soon.
I will not live towards these kind of standards.

Dries ·

Ek vra weer, as dit dan nou oor Tresemme produkte gaan, wat al wat ‘n winkel in die land is aanhou, waarom is Clicks geteiken? Dis so goed ‘n spesifieke teatergroep word aangeval omdat hulle ‘n fliek trailer op hulle webblad het wat afkomstig is van Hollywood. En al die ander teatergroepe wys dit ook, anyway.

Johann ·

Dis net ongelooflik hoe daar oopmond agteroor gebyig word vir Jhoelijees en sy magte? Het NIKS positiefs om by te dra tot die wêreld nie…maar as hulle se BOE…dan JA askuus hoe kry ons jou kalm?

Wetteloos…anargis…magsbehep….gewetenloos…On verandwoordbaar…en hy RULE?

Wonder net ·

Besef die EFF hoeveel van “our people” gaan sonder werk sit as Treseme nie meer gaan vervaardig nie…. nie meer gaan verpak nie… nie meer gaan vervoer nie…. ek dink nie hulle het die impak op “our people” mooi deurgedink nie….

Anoniem ·

Treseme moet dit dalk sterk oorweeg om hulle produkte net aanlyn te bemark.

Mariana ·

Hulle voel niks vir Our People nie. Hulle floreer op chaos. Mense kan sonder werk raak. Julius verdien mos baie geld en vry publikasie mos ook nie te versmaai nie. Nee dit gaan eintlik net oor hom en sy grootheidswaan

Marlize ·

Baie maklik wat van as TRESemmé besluit om aanlyn verkope direk aan die publiek te doen. Ek sal die eerste een wees wat hulle produkte aanlyn sal koop. Beste produk vir my “grasdak” wat ek het. My “grasdak”is dik en baie hare wat so reguit is soos potlode. Gebruik net TRESemmé om die boskaas in toom te hou.

Antjiepat ·

asb laat weet waar julle verwyder… ek koop al daai sjampoo met liefde . Goeie sjampoo wat werk met my hare

Marlene ·

Nee regtig die land is klaar, almal buig voor hulle en niks word verander nie, dis so teleurstellend, wat gaan hulle volgende oor tekere gaan, ai nee dis so sleg

Blikkies ·

Ek kan nie glo dat Maatskappye toelaat dat hulle so ‘hostage’ gehou word deur ‘n minderwaardige ongeletterde spul skurke soos die EFF nie. Die ongelukkigheid daarvan is ook dit Bleik die Staat en al sy organe keur hulle gedrag goed, daarom sal daar maar nooit iets met hulle gebeur nie. Ons kyk nou maar wat is volgende.

Scalla ·

Gaan my verstand te bowe, belaglik verby, kom ons ondersteun die produk online.

Toktokkie ·

Ek dink ons almal mis die punt. Hierdie is ‘n baie noukeurig beplande insident. Eerstens is dit die EFF wat gebruik is om die chaos te saai. Tweedens was die nie-wit mense wat die advertensie goedgekeur en geplaas het, as dis so offensive is, moes hulle dit mos geweet het. Hulle is nie afgedank nie, en die persoon wat bedank het was seker oppad iewers anders heen in elk geval, want die EFF ‘vergader’ met Clicks vandag – hulle is nie so dom om nie te weet wat Clicks se BEE status is nie. so moes van die begin af geweet het dis nie wit mense wat die add geplaas het nie, maar het wel geweet as hulle die ras kaart speel meeste Suid Afrikaners op die band wagon sou spring. En derdens, die nota op hul FB blad, “Clicks delists TRESemme brand, expands range of local haircare products and works with government to develop local beauty market” – wonder wie het ‘n vinger in hierdie pie??

Anne-Marie ·

Die eff gaan begin glo hulle kan die wereld regeer, almal spring nie net nie, hulle vra ook hoe lank moet ons bo bly….ai tog, ons is almal in ons kanon in….!!!

Callie ·

Gatkruipers! Die produk is nie die probleem nie! Die minderwaardige gevoel wat sekere mense mense oor hulself het is die probleem! Die 2de probleem is die banggat houding wat julle inneem teenoor die rooi mannetjies!

Connie ·

OOOO Is almal nou bang vir die EFF. Hulle neuk net die hele land op en kom verdomp niks oor nie. Mmmm ek wonder wie regeer nou eintlik die land CR of kopdoek of die eff. CR jy sal iets regtig moet begin doen oor daai rooi mannetjies, ek sien ook hier kom groot moeilikheid.

Mariana ·

En so dans almal na Julius Malema se pype. Die grootste rassis in die land. Moeilikheidmaker van formaat. Hy raak nou dronk van al die mag wat hy gegee is. Nou gaan hy eers sy bors uitstoot. Sies vir die wat die knie vir hom buig. Gaan my verstand te bowe dat hy al die kwaad kan stook, haatspraak kan lewer, vuurwapen tussen mense afvuur en wat nog als en steeds vry rond te kan loop. Wie sit agter hom, hy het nie al die goed self uitgedink nie.

Mallie ·

Dischem ek het julle nog altyd ondersteun, maar nou sal ek liewer nie meer nie. Die EFF sal dit nie toelaat nie.

Mariana ·

Regtig? As die effie-span so aanhou is daar een van die dae niks oor nie

Andre ·

As Tresemmé tog net duidelik merk watter produkte bevat “lightening” middels, dan weet mens ook wat om te koop.

SwartBees ·

Gaan die knieg op alle platforms nou ook gebuig word vir die slagoffers van die advertensie?

Geelalbaster ·

Ek wil graag weet, wat gaan gebeur as Unilever nou besluit dat dat hulle die Tressemme produk gaan skraap omdat al die winkel groepe dit nou van die rakke verwyder, wat gaan van die personeel word wat daar mee werk sou Unilever besluit hulle is nie meer nodig nie, gaan die persone wat so kapsie maak, hulle ook help on nuwe werk te kry of vir hulle werk aan bied.

Vanessa ·

Dan gaan ek ook nie meer die winkels ondersteun nie. Dit is juis die produk wat ek vir my hare gebruik en so sê baie van die dames in my kantoor. Die winkels kan nou in hulle hel in vlieg. Ek kan nie glo daar word so bohaai gemaak oor hare nie. Dit is belaglik. Ek is diep teleurgestel in die winkels wat die produk onttrek het. Wat van julle lojale kliënte wat julle gereeld ondersteun het.

Peetjie ·

Ag nee regtig…klim almal nou op die band wagon… Wat van ons wat graag die produk gebruik….en intussen smile die eff

Pieter ·

Sou darem lekker vermaak gewees het om te sien hoe kruip n volwassene voor die eff, pateties verby.

alice ·

Verwyder die shampoo, dan het EFF en andere nie ‘n rede om jou winkel te vernietig nie. Dit sal hulle stil maak uiteindelik. Bemark die shampoo onder ‘n ander naam en bottel.

Nicholaas ·

Wonder hoeveel werks verliese gaan daar wees as gevolg hiervan.

Sonneblomkind ·

Nou vra ek…daar is n heke klomp ads op tv.. dettol seep, Ponds gesigroom ens…gaan daar nou daaroor ook n probleem kom?

Tanja ·

Regtig! Miljarde rande se korrupsie in ons land en hulle moan oor shampoo

Elmarie ·

Die hele storie is uit verband uit geruk. As hul NIE die deel oor blanke hare ingesit het was daar nou niks hieroor nie, want die beskrywing van ander hare is tog reg. Nou stuur alle winkelgroepe ‘n geheel verkeerde boodskap uit deur in te gee na geweld van EFF. So EFF het nou “gewen” en soos my ma altyd gese het jy het nou’ n lat vir jou eie gat gepluk. In die vervolg sal EFF dieselfde metodes gebruik om hul sin te kry want dit het gewerk

agnes ·

En toe gee hulle ook die EFF, die terroristiese groep , hul sin. Die EFF is reeds so vermetel en wen steeds hul sake. Wys ons weer eens dat die ANC en EFF saam staan om rassisme aan te blaas. Hulle is die groot rassiste in ons land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.