Apteker se lyk langs hoofweg gevind

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Apteker, wat vroeër as vermis aangemeld is, se liggaam is langs die N3 naby Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gevind.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Morgan Naidoo se lyk is vroeg Maandagoggend by die Lynnfield Park-afrit gevind.

Volgens Zwane is Naidoo verskeie kere geskiet en is sy hande en voete vasgebind. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Naidoo se gesin het hom Donderdag by die Alexandraweg-polisiestasie in Pietermaritzburg as vermis aangegee. Zwane het gesê die motief vir die moord is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mara Fourie ·

Waar heen is SA op pad. Lyk my Moord is in die order van elke dag. Geen wonder ons land is besig om uit te droog en te verval! My innige simpatie met die familie! Dis so hart seer, en die ergste van als elkeen van ons kan deel wees van die volgende berig Soos dit nou aan gaan. Wanneer gaan ons op staan en saam staan om te se “Genoeg is genoeg!”

Dee ·

So, ‘genoeg is genoeg’. Dit was dus goed tot op ‘n stadium maar nou is dit ‘genoeg’ en moet dit ophou want dit is nou ‘genoeg’. Genoeg is wanneer ‘n doel gedien is. Watter doel het al die moorde gedien dat dit nou ‘genoeg’ is? Kan julle werklikwaar nie iets oorspronklik uitdink nie? Genoeg is nou genoeg van hierdie genoeg is nou genoeg storie.

Elinette ·

Jy lees net van moord en doodslag vanoggend – nie net op Maroela se kommentaar blad nie, maar orals, in elke koerant …. ‘n 15-jarige meisie is verwurg in die Tokai-woud, ‘n boer is onlangs oor die kop geslaan, vasgebind en in ‘n rivier vol krokodille gesmyt, en nou hierdie apteker se liggaam naby ‘n besige nasionale pad gevind. Dit bewys weer net een ding: misdaad is buite beheer in dié land. Ek wil die stelling maak dat 90% van alle wreedaardige, geweldadige moorde en sulke misdade gepleeg word deur mense van kleur … of is ek verkeerd? As dit wel so is, kan ‘n mens vir seker die afleiding maak dat ons oop landsgrense (nie-funksionerende grensposte) die teelaarde skep vir dié mense (as jy hulle mense kan noem) om die land in te kom.

Soo gesê ·

….”verskeie kere geskiet ,voete en hande vasgebind en die polisie ondersoek moord” rerig? ek dog die arme man het net ‘n ligte hoofpyn opgedoen

Theresa B ·

Ja nee Mara. Dis vreeslik. Alles is net moord, aanranding ens – elke liewe dag!!
Iewers moet iets ernstig gebeur. Dinge kan nie so aangaan nie. Dis omdat diè wegkom met alles dat dit net erger raak. Die strawwe en wette is te “sag”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.