Aptekersraad intimideer ons tóg – aptekers

Die Suid-Afrikaanse Aptekersraad (SAAR) ontken nou dat hy ooit enige aptekers gedwing het om hul steun aan die Nasionale Gesondheidsversekering- (NGV-)skema te verleen. Maar aptekers sê die raad is oneerlik.

Maroela Media het vroeër die week berig die Aptekersraad boelie glo lede, deur hulle te vra om ʼn skriftelike verklaring te teken waarin hulle hul steun aan die NGV verklaar.

In antwoord hierop het die raad gesê dit is nie verpligtend om die verklaring te teken nie. Lede wat dit nie teken nie, sal ook nie benadeel word nie. “Dit was bloot ʼn manier om aptekers wat die nasionale aptekerskonferensie vanjaar bygewoon het, die geleentheid te gee om aan die openbare deelnameproses van die NGV deel te neem,” lui ʼn verklaring wat Woensdag uitgestuur is.

Maar ʼn apteker van Pretoria, wat nie haar naam wou noem nie uit vrees vir viktimisasie, sê die raad is “arrogant”. “Ek en al my kollegas was baie verbaas oor die raad se verklaring. Daar was geen keuse nie, ons móés die verklaring onderteken. Die feit dat dit nie ʼn anonieme stemming was nie, stel ons ook bloot.”

Sy sê hulle as aptekers wil nie die NGV ondersteun nie omdat hulle op grondvlak sien hoe swak die staat se gesondheidsorg is. “Maar die raad hou aan om ons met ongeskikte taal te boelie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Stan ·

Dit is baie scary die taktiek wat hulle volg. Kan iemand my sé, moet ek of hoef ek nie dit te onderteken nie??

Swemmer ·

Kan die raad verduidelik hoekom staats klinieke en hospitale nie die regte medikasie het vir pasiënte nie? Veral is daar nie hipertensie medisyne nie. Ander medisyne kry jy steeds 28 maar dis 25mg waar jy voorheen 100mg gekry het en dan verwag hulle dit moet 28dae hou.

Anne-Marie ·

….hulle gaan seker lekker pocket money kry…hoe dan anders ????

JohanR ·

Ja nee…..iemand, iewers kan nie wag vir die groot geld om te begin inrol uit die NGV – big Pharma praat nou. Wonder hoeveel ANC ministers en parlementariars, het al klaar ‘n vinger in die pastei?

AndrewL ·

Net nog ‘n wettige manier om geld te kry vir die pêlle.

Hanlie ·

Wat gaan hulle nie nog probeer om meer geld te verduister nie???? Die klomp uitvaagsels.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.